LitNet-blits #3

  • 0

Waar daar 'n rokie trek, moet mos 'n vuurtjie brand.

LitNet-blits is 'n kitsgids na die plekke op LitNet waar vurige opinies die gesprek aan die brand steek.

So wat sê jy?

 

Teken hier in en lewer kommentaar.

 

Hoe ekovriendelik is die reismedia?

Maankind sê: "Die reismedia moedig ook die gebruik van elektroniese goed soos GPS aan. Hulle adverteer al wat gadget is. Hoe ekovriendelik is dit?" Wat dink jy?

Jan Rap maak ’n lys van sy mees irriterende goed op aarde.

Enjee wil sy lysie aanvul. Wat irriteer jou?

 

Interessante feite aangaande Venus

Perdebytjie se reaksie is: "Soos gewoonlik baie interessant. Deur hierdie skrywe het jy nou uitendelik vir ons openbaar waar die hel lê! Dis 'n gruwelike warm plek daardie. Klink ook of dit moeilik is om daar te kom ... die dikke atmosfeer kortwiek alle liefhebbers!" Dink jy Venus is dalk die hel?

Hierdie vrou bieg sy het ’n man onderhou, maar nou weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Wat sou jy gedoen het?

Hierdie blogger het ’n paar idees van hoe ware vryheid lyk: werp omver en begin oor! Hoe dink jy?

 

Boer in Beton is besig met ’n narratiewe reeks: hy vertel vir ons sy ware belewenisse as troep op die grens.

As jou kop seer raak oor Afrikaans nie genoeg aandag kry nie, lees ’n onderhoud met iemand wat werk maak daarvan dat Suid-Afrikaanse masjiene almal se tale moet praat.

 

 

Like dit op Facebook, vertel jou vriende of stuur rookseine - maar maak seker almal hoor van: 

Pos beskikbaar by LitNet: Sing ’it-projekbestuurder

Pos beskikbaar by LitNet: LitNet-inhoudsbestuurder / -assistentinhoudsbestuurder

Om hul 40ste herdenking te vier het Picador 15 van hulle klassieke titels laat herontwerp om ’n pragtige versamelbare stel te vorm. Skryf ’n lokteks of ontwerp ’n boekomslag om boeke te wen.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top