Medewerker | Contributor

Gerrit Koorsen
Bioskets | Biography
 

Gerrit Koorsen verwerf sy BSc- en BSc (Hons)-grade in 1998 en 1999 onderskeidelik aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is daarna met behulp van ’n Prestigious Masters Scholarship van die NRF na die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 2001 ’n MSc in molekulêre en selbiologie in die laboratorium van Hugh Patterton (tans verbonde aan die UV) voltooi.  Gedurende sy MSc-studie woon hy ’n kursus in proteïenmodellering aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland by. In 2002 ontvang hy ’n Gates Cambridge-beurs wat hom in staat stel om in te skryf vir ’n PhD in biochemie in die laboratorium van die legendariese Dame Jean Thomas aan die Universiteit van Cambridge. Sy PhD-verhandeling handel oor die binding van die koppelhistoon H5 aan DNS en chromatien, met die klem op die N-terminale en globulêre domeine van die histoon. Vir hierdie navorsing ontvang hy in 2004 die prys vir beste navorsingsvoordrag in die Departement Biochemie aan die Universiteit van Cambridge. Gerrit keer in 2005 terug na Suid-Afrika as navorser aan die WNNR (Biowetenskappe) in Pretoria, waartydens hy massaspektrometriese opleiding aan onder meer die Landbou-Universiteit van Wene en Applied Biosystems in Manchester (VK) ontvang. In 2006 aanvaar hy ’n pos as lektor aan die Departement Biochemie aan die Universiteit van Johannesburg, waar hy tans werksaam is.