Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren is die skrywers van die eerste Natuurwetenskappe-artikel in LitNet Akademies.
Martin gesels hier oor sy agtergrond en belangstelling in Wiskunde, sy meestersgraadtesis en sy toekomsplanne. Hy vertel ook meer oor die toepassing van Latynse vierkante in onder meer die skedulering van sporttoernooie, byvoorbeeld tennistoernooie, en die landbou. As jong wiskundige het hy besondere raad vir skoliere wat graag in die wiskundige wetenskappe wil studeer, maar lae punte in Wiskunde het. In hulle artikel bespreek dié drie wiskundiges die enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10.