Teater-onderhoude | Theatre Interviews

 
Woordfees-onderhoud: Steyn du Toit in gesprek met Albert Maritz

Watter produksies bring jy als Woordfees toe?

Die rebellie van Lafras Verwey en Mooi Maria.

Beide Mooi Maria en Die rebellie van Lafras Verwey het al voorheen tot groot lof op ander verhoë gespeel. Hoekom is hulle so gewild?

Beide is die pennevrug van klassieke Afrikaanse skrywers. Pieter Fourie se stukke trek nou eenmaal sale, want afgesien van die kwaliteit van sy skryfwerk weet gehore hulle sal nie daar uitstap sonder om emosioneel geraak te wees nie. Taraboemdery (wat destyds by Innibos en opelug by KKNK opgevoer is) en Chris Barnard se Die rebellie van Lafras Verwey is produksies wat dieselfde resultaat het. En die stukke leen hul tot ’n kunsinterpretasie ook. Taraboemdery het Innibos se Beste Kunstenaarstrofee gebuit.

Vir diegene wat nog nie Mooi Maria of Die rebellie van Lafras Verwey gesien het nie, waaroor gaan hulle, in 'n neutedop?

Die rebellie van Lafras Verwey is geskryf as ’n radiodrama en in talle tale vertaal, en het talle pryse gewen. Dis ’n verhaal van Jan Alleman – waarmee ons almal kan identifiseer, en wat elkeen van ons raak. Die styl waarin ons dit opvoer, is hoogs eksperimenteel. En ek moenie nalaat om te sê nie: die produksiemaatskappy is die Kaapse geselskap The Mechanicals, wat in hul kort bestaan al legendariese bestaansreg bekom het. Lafras is hul eerste Afrikaanse produksie.

Mooi Maria krap in die omstrede Afrikaanse geskiedenis en raak die teer punt aan, wat op alle mense betrekking het, van oordeel voor jy ingelig is, en vooroordeel.

Mooi Maria is reeds die Woordfees te topverkoper so ver. Waar gaan jy dit neem hierna?

Mooi Maria is volgende op KKNK, en dan by Innibos. My ander klassieke juweeltjie, ‘n Seder val in Waterkloof, is ook by KKNK, sowel as die Nagtegaals se My pa dink hy is Elvis, wat ek regie het – met Ben Kruger en my seun, die nimlike bulletjie, Viljé Maritz. Ek het Kunstekaap genader oor moontlike opvoerings van ’n reeks van my werke, maar dis ’n droom vir die toekoms.

Wat behels die logistiek om 'n show van fees tot fees te neem? Klink na baie  werk!

Lafras Verwey het baie lokaal-spesifiek gespeel in Kaapstad, en ons het weer ’n baie, baie pragtige lokaal in die PJ Olivier-gebou. Maar ons pas die stuk heelwat aan om dit daar ook spesiaal te maak. En The Mechanicals se mense sien kans vir elke uitdaging.

Mooi Maria en ‘n Seder val in Waterkloof, wat albei KKNK toe gaan! Wel, ek kan net sê: my verhoogbestuurspan (stel, kostuums ea) onder Gaerin Hauptfleisch, en Theo Kemp en Kappie van KKNK, se ondernemingsgees is ruim. Dis groot stukke, groot stelle en min beweegruimte. Dis voorwaar ’n voorreg!

Gaan jy darem tyd hê om self items op die Woordfeesprogram by te woon? Waarna sien jy uit?

Ek het neergepen: gesprekke: Siener van Rensburg, Piet Bylevelt, die rolbal-gesprek, die Velddrif-gesprek, Nerina Ferreira s’n – ai, ek het uitstekende opnames wat nog nie gebruik is nie, wat ek in 1996 gemaak het vir my impresario-dokkie-reeks; Sirkusboere, Louis de Villiers se boek, sir De Villiers Graaff, en dalk ’n toneelopvoering hier en daar.

Watter projekte is in jou pyplyn sover vir 2012?

Ons maak opnames klaar van ’n reeks vir kykNET – Vloeksteen. Dan is dit Die van Aardes van Grootoor vir Innibos – met Anna-Mart van der Merwe en Marion Holm.

O, en die verspreiding vir die twee movies wat ek in 2011 saam met twee klonge gemaak het. Dan kom ek weer op vir asem.

 

Ondersteun die Dramafees by die US Woordfees  

Dramafees 2012
Die rebellie van Lafras Verwey
Aangebied deur The Mechanicals. Deur Chris Barnard. Met Stian Bam, Tinarie van Wyk-Loots, Carel Nel, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Wilhelm van der Walt en De Klerk Oelofse. Regie: Albert Maritz. Die resensente was meegevoer deur Albert Maritz se trefferstuk: 'Maritz en sy spelers omskep Chris Barnard se oorspronklike hoorspel tot ’n teatrale belewenis wat lank na die tyd by jou kom spook' – Die Burger (vier uit vyf sterre); '’n Groot bederf vir enige gehoor' – LitNet; 'Carel Nel as Lafras Verwey lewer uitsonderlike spel.' – Megan Choritz.
2, 3, 4, 5 en 6 Maart 20:30 | 9 Maart 22:30 | 10 Maart 22:30 | 11 Maart 20:30

Mooi Maria
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en Die Dagbreek Trust.  Deur Pieter Fourie. Met André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Theresa C. Sedras, Lille Goosen, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel. Regie, ontwerp en beligting: Albert Maritz
Die verhaal van ’n meisie wat eens Mooi Maria was – totdat die noodlot toeslaan. Net soos Faan se trein deur Fourie, ʼn wegholsukses van die sewentigs en steeds relevant. In Beeld noem Anna-Retha Bouwer Anthea Thompson se spel ʼn “kragtoer”. By Aardklop 2011 bekroon met toekennings vir Beste Afrikaanse produksie, Beste Regisseur en Beste Aktrise.
5 Maart 20:15 | 6 Maart 20:15 | Spier Amfiteater | 70 min | R80, R90, R100

Keer terug na die program-indeksblad.  

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address