WF 2012: Top-tien-finaliste aangewys!

  • 0

Hier is die top-tien-finaliste vir LitNet Akademies Kuberklas se wetenskapfiksie-skryfkompetisie. Koos Kombuis en Fanie Viljoen lewer kommentaar.

"Die eksperimente" – Esté Roberts

Esté Roberts is op 15 April 1996 in Polokwane gebore. Sy is tans ’n graad 10-leerder aan Curro Heuwelkruin en wil graag eendag sielkunde aan Tukkies gaan studeer. Esté wil met kinders werk en later haar eie liefdadigheidsorganisasie begin. Sy is mal oor lees en hou veral van fantasie en wetenskapfiksie. Sy sal graag op ’n deeltydse basis wil skryf.

"Die Verdwynia" – Shani van Dyk

  • Graad 11
  • Oudste van drie kinders.
  • Hou van Afrikaans en lees baie.
  • Aksienetbal; netbal; tennis; keyboard; Glee-klub.
  • Erekleure vir akademie.
  • Gebore Kapenaar.
  • Wil ’n wiskundige statistikus of aktuaris word.
  • Liefdeslewe: gaan baie goed.

"Marko Blignaut" – Kabelo Mpurwana

Kabelo is op 26 Februarie 1996 in Stutterheim gebore. Hy woon by sy oom in Stutterheim en naweke gaan hy huis toe na sy ouers in Oos-Londen. Hy het in graad 1 by Hoërskool Stutterheim begin. Hy doen beligting vir die skool se tegniese span. Hulle doen ongeveer ses konserte per jaar. Hy speel ook tennis. Hy is lief vir Afrikaanse musiek, veral Robbie Wessels en Bok van Blerk. Hy geniet die Stutterheim-omgewing omdat dit so rustig is en ook omdat hy in die berge kan fietsry. Kabelo glimlag altyd en is die hulpvaardigste leerder. Hy is ’n ware aanwins vir ons skool.

"LILIT" – Heinrich Niehaus

  • 17 jaar oud
  • Verjaardag: 24 April
  • Bly tot in 2004 in Pretoria.
  • Nou in DF Malan.
  • Oudste van twee kinders.
  • Skilder; geniet Engelse debat; lees baie, veral fantasieverhale.
  •  Wil vergelykende teologie gaan studeer.
  • Liefdeslewe bestaan nie – sal later daarop fokus.

"Nagmerrie" – Werno Katzke

Werno Katzke is op 18 Maart 1996 in Polokwane gebore. Sy pa, Rudolph, is ’n siviele ingenieur en sy ma, Norette, ’n administrateur. Hy het twee jonger susters, Lané en Minke. Werno is tans ’n graad 10-leerder aan Curro Heuwelkruin. Hy neem Skeinat, Rekeningkunde en Inligtingstegnologie as keusevakke en neem deel aan hokkie, rugby, atletiek en swem. Hy bring graag tyd saam met sy vriende deur en is versot op avontuur- en speurverhale.

"Kloon" – Trudie Coetzee

"Ek is ’n graad 11-leerder en het nog altyd 'n voorliefde gehad vir taal, veral Afrikaans. Ek het nog altyd gehou van lees en skryf en ek geniet dit veral om kortverhale te skryf. Ek was baie opgewonde toe ek hoor van die wetenskapfiksie-kompetisie en het baie genot daaruit geput om ’n storie te skryf wat op die toekoms gebaseer is. Ek hoop om altyd my passie vir taal te koester en nooit op te hou skryf nie."

"Kittel" – Carli Blignaut

  • 16 jaar
  • graad 10
  • Gebore Kapenaar.
  • Lees; toere na Europa; seevakansies; hokkie; koor.
  • Jongste van twee kinders
  • Gaan medies swot (pediatrie).

"Papie" – Emlyn Allwright

"Ek is Emlyn Allwright, en ek is sestien jaar oud. My groot liefdes is diere en die natuur, visuele kuns, musiekmaak, skryfkuns en sommer lekker kampeer in die buitelug. My lewe word meestal bestuur deur my honde, my pen en papier, my kitaar en klavier, en soms, as ek gelukkig is, myself. Ek debatteer graag informeel (enige plek, enige tyd!) en as ek regtig niks anders het om te doen nie, doen ek my huiswerk."

"00:00" – Lara du Preez

"My naam is Lara. Ek is mal oor lees en sal enigiets verslind waarop ek my hande kan lê. My gunstelingsport is netbal, met tennis net ’n kortkop agter. Biologie is my gunstelingvak. Ek wil eendag Kilimanjaro klim en die wêreld vol reis."

"Eksperiment AL1: ALONe" – Stephan Bester

"Ek is al van kleins af goed met woorde en stories vertel. Alhoewel ek daardie “talent” gebruik het om my soms – die meeste van die tyd – uit die moeilikheid te kry, was ek nog altyd seker ek sou dit ten minste eendag kon gebruik vir iets nuttigs. Ek is eintlik eers van Julie af ’n Curro Heuwelkruin-leerder , maar ek dink ek het die regte besluit geneem, anders sou ek nooit hierdie kans gekry het nie. Wel, ek het nooit gedink dat ek só ver kon kom met skryf nie. Ek het in my lewe menigte pogings aangewend om kortverhale en selfs ’n boek te skryf, maar, ja, dinge werk nie altyd uit soos wat ’n mens beplan nie. Alles gebeur egter om ’n rede."

Wat sê die beoordelaars?

Koos Kombuis:

"Aan die positiewe kant is daar ten minste drie van hierdie skrywers wat ongetwyfeld gebore is vir hierdie genre, en meer as die helfte van hulle het voldoende belangstelling in die genre om ook sukses te behaal.

Ek is verras oor die groot hoeveelheid vroulike karakters, en dit lyk ook asof ’n goeie persentasie van die skrywers vroulik is – dít in ’n veld wat tradisioneel neig om deur mans gedomineer te word. Is dit Lauren Beukes se goeie invloed?

Aan die negatiewe kant: te veel clichés. Moet alle robotmannetjies dieselfde spraakgebrek hê? Te veel mal wetenskaplikes met wit jassies, te veel komplotte om die wêreld oor te neem, te veel cheap tricks.

Maar hier is genoeg groeipunte in ten minste die helfte van die stories om ’n mens te laat glo in, en hoop op, die moontlikheid van ’n opkomende generasie van Afrikaanse spekulatiewe fiksiemeesters!"

Fanie Viljoen:

  • Skrywers moet in boeke gaan kyk hoe dialoog aangebied word. Daar is byvoorbeeld een spreker per paragraaf, en hoe dui jy spreekbeurte aan?
  • Probeer net om ’n eenvoudige storie te vertel sonder mooiskrywery.
  • Sjoe, maar daar gaan baie mense dood in die verhale! Vra jou af: Is daar nie dalk ander maniere waarop jy konflik kan genereer in jou verhaal nie?
  • Werk aan die oorgang van een idee na die volgende in jou verhaal. Idees moet natuurlik vloei. Soms kan dit net met een sin reggestel word
  • Om ’n verhaal in so min woorde te vertel, is bitter moeilik. Jy moet slim kan werk met woorde en verstaan hoe jou taal werk om so ’n kort verhaal te skryf. Lees ander skrywers se werk en kyk hoe hulle dit doen.

Geborg deur:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top