’n Gewone internasionale vlug met ’n geheim so groot dat dit lewe op aarde sou verander het. Tien oor agt, bo die Indiese Oseaan. Die Heidelberg Boeing 747 vlieg deur die lug met 140 passasiers en 19 bemanningslede aan boord. Halfpad deur die vlug brom die radio by die vlieëniers, en die Minister van Verdediging se stem kom oor die radio. “Julle posisie het uitgelek! Begin aksie Delta 9!” Die twee vlieëniers kyk na mekaar en lig ’n rooi paneel bo hul koppe op. Binne-in is twee vingerafdrukmasjiene. Hulle identiteit word bevestig en dan draai hulle die rooi knop stadig ...
’n Nuusberig speel regoor die wêreld; dit lui dat die Heidelberg-passasiersvliegtuig naby die kus van Mauritius neergestort het. Oogetuies op ’n plesierboot sê dat hulle die vliegtuig se liggies gesien het, en toe het dit skielik in ’n massiewe vuurbol verander en omtrent 5 kilometer van hulle af die water getref. Die volgende dag storm die Minister van Verdedigng die president se kantoor binne en sê: “Ons het ’n nagebootste vliegtuig naby die wrak gaan stort; dit behoort die mense weg te hou van die werklike wrak. Die media weet ook net van die koördinate van die vervalste wrak.” President: “Dit was te naby! Die vliegtuig is net betyds opgeblaas voor die Amerikaanse vegvliegtuie dit kon opspoor. Dit was brawe manne daardie om hul lewens te gee vir hul land.”
Agtien jaar later tref die 2004-tsoenami die Indiese Oseaan. Die werklike wrak van die Heidelberg word rondgegooi en die vragruim breek oop ... ’n Neongroen vloeistof lek uit en begin borrel. ’n Walvis wat verby swem, vries en begin leweloos na die oppervlakte dryf.
Desember 2018: ’n aardbewing tref die see en die vreemde vloeistof versprei oral om die wêreld. Die nuus versprei en mense begin vrae vra. Dooie visse en walvisse spoel op die strande uit. Die kabinet van Suid-Afrika vergader. Dit is nie dieselfde een as jare gelede nie. Hulle vind in die argiewe uit dat dit ’n nuwe element was wat Suid-Afrika en Japan ontdek het. Dit bevat genoeg energie om die wêreld vir jare aan die gang te hou! Die Amerikaanse regering wou dit deel en vir miljoene rande aan ander lande verkoop. Dit is egter deur die bemanning vernietig, maar die stof het uitgelek en is reaktief met enige vorm van lewe. Dit kan die mensdom se voortbestaan bedreig.
Twee jaar later ...
Die wêreld is amper onherkenbaar. Wetenskaplikes is moedeloos. Die mense wat geweet het hoe om dit te beheer, is al jare dood. Die stof is besig om alles te verwoes. Die wêreldbevolking is gehalveer, alle seelewe is verwoes, en dieselfde het met landdiere gebeur. Maar die oplossing vir die situasie lê nog in die wrak van die vliegtuig.
’n Klein span wetenskaplikes is op pad in ’n hoogs moderne duikboot. Hulle benader die wrak. Daar is maar min oor daarvan. Alles om die wrak is grys en dood. Die trotse vlag van die RSA is nog sigbaar. Die robotagtige arms van die duikboot breek die vragruim heeltemal oop. Binne-in is daar net ’n paar buise wat die dodelike stof gehuisves het. Dit is ’n groot teleurstelling, maar net toe hulle wil onttrek, sien hulle iets in die donker blink. Dit is ’n kleiner buis en hulle haal dit stadig uit. Dit word uitgehaal en is op die dek van die skip.
Die buis word oopgemaak en nog ’n stof word gevind. Die stof word ontleed en dis ’n nuwe element. Dit word getoets en hulle vind uit dat dit die groen stof vernietig! Maar die probleem is, daar is so min daarvan!
Daar word besluit dat dit verdun moet word, maar hoe meer dit verdun word, hoe meer word benodig. En dit is nie goedkoop nie ... Die aarde sal nog lank in ’n krisis wees, maar daar is nou ’n oplossing. Dit sal nog lank vat om al die lewe terug te kry. Die mens se morele skade is ook groot en die ou regering word geblameer, maar ook Amerika, omdat hulle dit wou steel.
Dit wys dat om goed in die geheim te doen, nooit ’n goeie idee is nie en dat onwettige aksies altyd aan die lig kom.

