"Weer" deur Tanja Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Tussen dinge wat gebeur, tussen jou hart en die seer
Maak nie saak hoe dit gebeur, maak net seker dat jy weet
Dat jy vashou aan die een, dat jy vashou
Want kyk jou tyd is min en vyf sekondes word jou leeftyd
As jy lewe vir jouself staan jy altyd alleen
Maak nie saak of jy op die drempel van rykdom staan
In dié wêreld sal als vergaan

So wees, wees net wie jy is en
Doen, doen net wat jy wil
Want jy, jy is anders, jy is alles,
Jy's die moeite werd

Elke verhouding sit vas aan jou hart
Elke mens se afdruk in jou gedagtes
Sê wat jy wil sê want niemand anders gaan dit sê nie
Droom van 'n plek waar jy jouself kan wees
Word wakker en wees
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top