vergelding

  • 0

(’n variasie op tik jy my, dan pik ek jou)

– in exclusive books –
op die bleek vel
van jou digbundel
op bladsy 27
ontdek ek ’n ooghaar
vuildun sekelmaan
se onversorgde nael

het die beminde
dit hier deurgeblaai
haar dns-spoor in woordvlies
geïnkarneer

sy het jou te onverskillig afgelê

met jou tong diakrities laer
as kardinale stand
het jy die sirkumfleks
uit haar naam verswyg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top