Vat hom Flaffie

  • 0

Emile Minnie en Chanelle de Jager is by die ABSA KKNK 2014 te sien in die produksie Vat hom Flaffie.

Chanelle de Jager was vir jare in Egoli. Vanjaar is sy Chris van Niekerk se vrou in Vat hom Flaffie (Pieter Fourie).

Ná Egoli was sy oorsee, op 'n sabbatical, waar sy op 'n kortfilm gewerk het en besef het sy wil movies maak. Terug in SA het sy film gaan studeer. In haar eerste jaar is sy 'n pos aangebied as 'n assistent vir 'n wildlife cinematographer. Hulle het Namibië platgetoer, doccies gemaak en advertensies vir lodges. Toe vestig sy haarself in die Kaap, kry 'n agent en sedertdien is sy weer voltyds aktrise. Enkele produksies waarin sy sedertdien was, is Fat Pig deur Neill Labute, saam met Colin Moss. Chanelle maak haar eie string puppets, skryf haar eie stories en geniet kinders as 'n gehoor vreeslik baie!

Haar leuse is: "The time to do good is always ripe". (Nelson Mandela)

Emile Minnie is al lank op die musiektoneel, van sy liedjies kry gereelde speeltyd op die verhoog, en hy het ‘n konsert waarin hy instrumente bespeel, en gehore vermaak met sang en kwinkslae. Maar min mense weet dat hy ‘n hoogs bekwame akteur is.

Dis juis sy optrede in die hoogs suksesvolle film White Wedding wat die regisseur Albert Maritz twee keer laat dink het, toe hy die klug, Vat hom Flaffie deur Pieter Fourie vir die KKNK 2014, en Innibosfees 2014, se rolverdeling mos doen.

Vat hom Flaffie open Donderdag 3 April 2014 te KKNK.

120 min. R110 SANW-ouditorium
3 April 12:30 (Finale Kleedrep: R55) 3 April 16:00
4 April 14:00 4 April 20:00
5 April 09:00 5 April 12:00

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top