US Woordfees: The South African Sopranos - Weense Wals Konserta

  • 0

kykNET Endler / Stellenbosch / 8 Maart 17:39 / Computicket

Kom word weggevoer na die wonderwêreld van die Weense Wals! Hierdie is ‘n Operette-konsert soos nog nooit van te vore in Suid-Afrika gesien nie! Die Suid-Afrikaanse Soprane en Niël Rademan beloof om u op die punt van u stoel te hou!

Hierdie produksie is spesiaal geskep n.a.v. die sukses wat hierdie groep behaal het by KKNK 2013. Van die grootste juwele uit die Operette-skat soos die Weense lied,“Wien die stadt meiner träume” tot en met film-operettemusiek soos “You will remember Vienna” uit Viennese Nights kan te wagte wees. Daar is bont rokke, beeldskone stemme, sjarme en Weense swier in die lug: Kom wals met Wene!

Hierdie produksie het ‘n volle speelvak by die KKNK 1 – 5 April met ‘n total nuwe gedaante en titel wat sal open as WALS MET WENE!

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top