1. ’n Toe mond voed nie die liggaam nie.
2. Moet nooit die gulde geleentheid laat verby gaan om jou bek te hou nie.
3. Ondervinding is wat jy opdoen nadat jy dit nodig gehad het.
4. As jy ’n paar doppe in het, moenie parkeer nie; hou aan met ry. Ongelukke veroorsaak mense.
5. As jy nooit slaag met die eerste probeerslag nie, is valskermspronge nie vir jou bedoel nie.
6. Daar is vyf teorieë hoe om met vroumense te argumenteer. Nie een werk nie.
7. As jy dink niemand gee om dat jy lewe nie, moenie hierdie maand enige rekeninge betaal nie, en kyk wat gebeur.
8. Party dae is jy die gogga, ander dae weer is jy jou motor se voorruit.
9. As jy die waarheid vertel, hoef jy niks te onthou nie.
10. Moet nooit die temperatuur van die swembadwater met al twee voete toets nie.
Groete,
Angus


Kommentaar
Ek hou veral van nommer 9.
Ek kan nie jou brief aan my oor Afrikaans oopmaak nie; die ding spring heeltyd weer na die tuisblad toe.
Groetnis
Jan Rap
Ek het die brief weer geplaas - dis sal nou reg wys. - groete Naomi
Angus,
Nommer 9 is beslis in die kol. Ek kan niks onthou wat ek al alles oor die jare vir jou vertel het nie!
Sterkte
Dolf
Liewe Naomi,
Beste Dolf,
Angus,
Ek het gehoop jy kan die humor in my skrywe sien. Soms moet mens ‘n grappie sien vir wat dit is: ‘n grappie, en dan slegs daaroor lag - niks meer nie en niks minder nie - siende dat ek dit tong-in-die-kies geskryf het. Maar miskien is ek die een wat nie die grap in jou opvolg skrywe kan sien nie…
Terloops, ek kan aan ‘n hele paar teen-skrywes dink waarmee ek vorendag kan kom ... maar hoekom sou ek?
Sterkte
Dolf