Toe taksonomie Linnaeus verloor het

  • 0

Ek verstaan die jonge Carl Linnaeus
het van ’n perd geval en sy nek gebreek.
Jammer. Hy het ’n paar goeie idees gehad.

Maar die lewe gaan voort
en ons moet aangaan
met ons groot taak
om alle lewende dinge
in hulle plekke te plaas.

Daar in die Koninkryk van Vliëende Wesens
plaas ons fisante en vlermuise,
muskiete, naaldekokers en swaels;
later kom nog meer by.

Die volgende behoort tot die Koninkryk van Mak Diere:
olifante, koeie (nie bulle nie), henne (nie hane nie),
honde, perde, poue, bye en nog enkeles.

Eetbare Dinge het hulle eie Koninkryk:
appels, afval, room, die meeste groente,
beesvleis en skaap, mosterd, drop,
koring, water (alhoewel dit ook drinkbaar is) en wei;
later kom hier ook nog by.

In die Koninkryk van die Mens,
natuurlik die belangrikste,
is daar nogal onenigheid;
maar dit is duidelik dat daar verskillende tipes mense is:
korrelrig, vaal, geleerd, begaafd, nukkerig
en nog meer;
daar is ook beskaafde mense, godsdienstige mense, agterlike mense,
wetenskaplike mense, argelose mense
en misleide mense.
Dit lyk of hierdie Koninkryk
besonder gevarieerd is.

Nou moet on nog net
’n plek kry
vir die vrou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top