LAPA Uitgewersportaal | LAPA Publishers Foyer

 
Tania Brink se jongste boek: Hou al die meisies regtig van Divan Louw?



Titel: Al die meisies hou van Divan Louw
Skrywer: Tania Brink
Kategorie: Fiksie: Kinder- en jeugboeke
Formaat: Sagteband: 137mm x 212mm
ISBN: 9780799354959                                        

Om Divan Louw "aantreklik" te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud - dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie.

Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos ’n model in ’n parfuumadvertensie laat lyk nie. Dit sê ook niks oor die kleur van sy oë nie – geheimgroen, seepsteengroen, stoutgroen. En dit sê geheel en al niks van sy blonde hare wat parmantig orent staan en sy bruingebrande maagspiere nie ...

Ek ken sy tipe: Sulke ouens dink gewoonlik hulle is die beste ding sedert die iPhone uitgevind is – en meeste van die tyd het hulle die IK en persoonlikheid van ’n brood.

Beslis nie my koppie rooibos nie. Maar dalk kan ek hom gebruik om ’n paar probleme op te los ...

Vorige boeke uit die skrywer se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007) en My hart is vol graffiti.Ouens is nie pizzas nie is in 2008 as verhoogstuk by verskeie kunstefeeste opgevoer.

Koop Al die meisies hou van Divan Louw by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za  

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address