"Stilbaai" deur Abre van Wyk

  • 0

Stilbaai

Vat die afdraai op die N2
Die paadjie na die diep blou see
Na 26km se ry
Sal jy die “Baai van die Slapende Skoonheid” kry

Anderkant die brug lê die hart van die baai
Die pad loop deur tot onder in die kaai
Teen die bult op volg jy die spoor
Verby die petrolpomp en die poskantoor

REFREIN:
Kom maak ? draai op Stilbaai
Laat die wind jou tot hier waai
Stilbaai se stil aande
Soos in geen ander lande
Kom vang ? vissie by Jongensfontein
Kry ? kabeljou aan jou lyn
Stilbaai, hier wil ek bly
Stilbaai, waar ek vrede kry

Eeue se geheime lê in die vywers gepak
Klipmure wat mettertyd in die sand wegsak
Kom swem saam by Lappiesbaai
Waar die windjie die blouvlag waai

Saans op die strand is die jonges aan die gang
Wie weet wat hulle als daar aanvang?
Die oumense is al vroeg in die kooi
Ons gaan nou eers ? draai by 3 Ankers gooi

REFREIN

Desembers bars die nate oop
As die Valies hier rondloop
Met hulle spogmotors
en hul beursies wat groot is

Vakansie gaan tog so vinnig verby
Maar hier sal jy jou rus kan kry
Wanneer ons vir Stilbaai groet
is dit vir almal bitter-soet

REFREIN

Gelukkig is dit net een jaar
voor ons weer in die son kan baljaar
Vir nou sê ons eers vaarwel
Stilbaai, almal se pêl

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top