Spietkoppe en stories

  • 0

Ek het Raed-na-Gael se brief oor sy tog na die bosseveld toe gelees. Dis anderste mense die verskeersmanne. Almal het mos stories en verhale oor die manne. Ek persoonlik het nie pyne met die manne nie. Ek is baie lank laas agv spoed gevang.

Ek het 'n pel gehad wat die volgende vir my te vertelle gehad het. Hy het 'n ou geken wat op 'n dag tussen Dronkwordspruit en Pietoria met 'n verwoede spoed gery het. Die ou was laat vir 'n afspraak en het laat waai om tyd op te maak. Iewers spring daar toe 'n uniformman uit die middelmannetjie se struike uit en wys hom om te stop. Die ou het te vertelle hy kry eintlik 'n moerse ent verder gestop. Hy hou die man toe in die truspieëltjie dop wat na hom toe aangedrentel kom. In die tyd sien hy ook dat die man die spoedmeter alleen beman. Die verskeersman kom toe by die kar aan en spreek toe die oortreder heel gaaf aan en vra of hy wil sien hoe vinnig het hy gery. Ja seg die man, want hy weet dit is toesluit-stories die. Hulle drentel toe terug. Op 'n stadium seg die oortreder vir die wetsman: "Ek wed jou R100 jy gaan my nie vandag beboet nie." Die wetsman reageer nie. So 'n paar tree verder seg die man: "Ek wed jou R200 jy gaan my nie vandag beboet nie." Die wetsman steek toe vas, steek sy hand uit, skud die oortreder se hand en stem saam dat hy hom nie vandag gaan beboet nie. Die skuldige oorhandig die vorm R200, klim in sy kar en spoed toe voort in die rigting van Pietoria.

Dit het blykbaar baie gebeur. Deesdae is dit moeiliker. Daar is spoedmeters tussen die brûe en kry jy blykbaar foto's waarvoor jy nie poseer het nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top