In die vorige eeu het die vorige Suid-Afrikaanse regering in sy propaganda telkens beweer dat geweld, insluitende terrorisme, dus misdaad, nie lonend is nie. Sedertdien het dit duidelik geword dat daar seker niks lonender as sodanige geweld is nie. Veralgemenend kan gesê word: Hoe geweldadiger die kameraad was, des te groter word sy bydrae tot die politieke stryd geag en des te ruimer word hy daarvoor vergoed, bv met buitensporige verering, hoë poste, byvoordele (bv luukse motors en wonings, lyfwagte, tenders, immuniteit teen vervolging of tronkstraf), ens.
Naas die standpunt dat geweld nie loon nie, was ’n ander aksioma dat daar nie met terroriste onderhandel word nie; dat geweld afgesweer moet word voordat samesprekings kan plaasvind. Dit is immers voor die hand liggend dat ’n eerlike of eerbare ooreenkoms onmoontlik is as party B (die ANC) elke keer as hy nie sy sin kry nie party A (die NP-regering) met geweld afdreig. Party A, wat die politieke en militêre mag in sy hande gehad het, was dwaas genoeg om aan druk toe te gee deur met uitgesproke, onootmoedige geweldenaars te onderhandel. Party B, wat na politieke mag gestreef het, het die samesprekings telkens opgeskort as daar nie sonder meer aan sy eise toegegee is nie en dan het hy met die hervatting van geweld gedreig.
Tydens hierdie politieke stryd, wat heroïes voorgestel word, is die massa geleer hoe om, soos hulle leiers, misdadig te wees, bv om rommel te strooi, brande te stig (bv met petrolbomme), sabotasie te pleeg, vandalisties te wees, te roof en te moor, nie vir dienste te betaal nie, ens. Sulke dade is as voortreflik voorgehou; dat hulle geregverdigde maniere is om die politieke mag en die eiendom en rykdom van die wittes en die land te bekom. Wat die gepeupel nie besef het nie, is dat (soos in bv kommunistiese lande) net ’n klein groepie, naamlik die leiers van hierdie misdadige beweging en hulle vriende en familie, hulleself gaan verryk.
Weens nuut-ingevoerde bestuurs- en administratiewe ondoeltreffendheid het die voordele van die politieke magsoorname nie deurgesuur na diegene op die voetsoolvlak nie. Deur ervare en doeltreffende wittes uit hulle poste te intimideer of blatant uit hulle poste te sit, is daar wel ’n swart middelklas geskep. Hierdie middelklas is nie in staat om die bestaande dienste doeltreffend voort te sit nie. Van verbetering, vernuwing en vooruitbeplanning is daar feitlik geen sprake nie. Nogtans deel hierdie elemente in die voordele van die magsoordrag, want die vergoeding in die staats- en semi-staatsdiens is deesdae, anders as voorheen, hoër as in die privaatsektor. Hierdie situasie kom per slot van sake op korrupsie neer.
Na die stigting van MK, die militêre vleuel van die ANC, op aandrang van veral Nelson Mandela, het geweld mettertyd ’n kernverskynsel van die ANC geword. Sedert die politieke magsoorgawe in 1994 het die nuwe bewindhebbers en die swart middelklas as nuut-bevoordeeldes begin om geweld te veroordeel. Die nie-bevoordeeldes, die swart massa, gaan egter op die UDF/ANC se tradisionele geweldadige patroon voort. Dit geld ook die semi-bevoordeeldes, naamlik die swart werkers wat aan vakbonde behoort. Die ANC het daarin geslaag om geweld in die Suid-Afrikaanse samelewing te institusionaliseer.
As hierdie werkers en die werkloses en armes nie hulle sin kry nie, word hulle wil met buitensporige geweld afgedwing. Hulle wend hulle tot vandalisme om bv huise en skole te bekom. Hulle eis dienste (vullisverwydering, sanitasie, water, elektrisiteit, televisie-ontvangs) al is hulle nie-betalers. As daar ’n ontwikkelingsprojek in die omgewing is, word poste geëis; nie op grond van bekwaamheid nie, maar bloot omdat hulle plaaslike inwoners en swart is. Eie belang word deurgaans bo landsbelang gestel.
In die nuwe Suid-Afrika word daar graag na "ons jong demokrasie" verwys asof dit iets is wat wonderbaarlik goed is; iets wat ongekwalifiseerde eerbied verdien; iets wat stukke beter as die vorige politieke bedeling is, al is dit ’n onomstootlike feit dat die land toe doeltreffend bestuur en merkwaardig ontwikkel is. In werklikheid is demokrasie glad nie ’n wesenlike faktor in die huidige politieke opset nie. Demokrasie in die sin van een mens een stem is bloot ’n middel tot ’n doel; ’n vyeblaar vir die skyn van eerbaarheid.
Vir die ANC gaan dit nie om regering tot voordeel van alle wettige inwoners van Suid-Afrika nie. Dit gaan om die bevoordeling van die etniese meerderheid, die swartes; insluitende die swart broers en susters in die res van Afrika, asook die miljoene uit Afrika wat hulle (meesal onwettig) in Suid-Afrika gevestig het. Die plaaslike demografie, dus 80% swart, moet in alles weerspieël word as dit swartes enigsins kan bevoordeel. Dit gaan dus eerder om swart mag as om demokrasie.
Soos hierbo aangedui, toon die praktyk egter dat net ’n minderheid swartes reeds deur hierdie opset bevoordeel is. Die ander verloorders is die etniese minderheidsgroepe, veral die wittes, maar bowenal die land in sy geheel. Daar word nie tot voordeel van die land regeer nie; eerder in die eerste plek tot voordeel van die bewindhebbers en daarna tot voordeel van die swartes in Suid-Afrika en die res van Afrika.
Die kern van die saak, die afstootlike werklikheid, is dat dit vir die ANC wesenlik nie om demokrasie of enige ander vorm van grondwetlikheid gaan nie. Die ANC is fundamenteel ’n etnies-gedrewe beweging. Geweld was die UDF/ANC se sleutel tot verandering. Vir die massa is geweld steeds die gekose manier om verlangde resultate te behaal. Geweld hou die wesenlike gevaar in dat alles wat die moeite werd in die land is, vernietig kan word.
Weens die dood van 69 swartes op 21 Maart 1960 word Sharpeville as die toppunt van onderdrukking, veronregting en barbaarse ongevoeligheid voorgehou. Hierdie gebeurtenis word jaarliks as Menseregtedag herdenk en as ’n groot stap in die rigting van politieke bevryding gevier. Op 16 deser is 34 swartes na baie minder treitering van die owerheid en die polisie by Marikana gedood. Met die dooies as maatstaf is Marikana minstens ’n halwe Sharpeville, want vroeër is nog 10 mense daar gedood.
Marikana sal egter nie jaarliks met die helfte van die entoesiasme van Sharpeville in herinnering geroep word nie. Marikana illustreer egter op ’n brutale manier die wesenlik geweldadige aard van ons samelewing, hetsy die ou of die nuwe Suid-Afrika. Die keerpunt was 16 Desember 1961 toe MK die ANC se gewapende stryd van stapel gestuur het. Deur Nelson Mandela as ’n vredesikoon te huldig en ander leidende ANC-kornuite op die hande te dra, word die wesenlik gewelddadige en dus onbeskaafde aard van die Suid-Afrikaanse samelewing die afgelope halfeeu doelbewus verdoesel.
Johannes Comestor


Kommentaar
Beste Johannes,
Ek deel hiermee ’n taamlik algemene herinnering oor hoe oproerige (blanke) burgers in die "goeie ou dae" in toom gehou is (soos saamgevat op die wiki).
The miners’ strike
Besides internal party struggles, Smuts had to contend with threats to his authority, and that of the government, from the general public. Socialist restlessness had spread from Europe, and, inflamed by the split within the Afrikaner leadership and the dispute over cheap Asian labour, caused great social unrest amongst Afrikaner miners. In 1913, a mine manager's decision to cap wages at his mine led to a strike. Smuts attempted to maintain a policy of neutrality, but the dispute soon got out of control, with recriminations from both sides.
Governor-General Gladstone demanded an end to Smuts' non-interference, and ordered him to mediate. Although Smuts preferred not to, fearing that his interference would make matters worse, he reluctantly accepted the order. He ordered the arrest of trade union leaders, as requested by Gladstone, but the troubles escalated further.
Johannesburg is burning
A mass meeting was scheduled for 4 July in Johannesburg, but, at the last minute, Smuts refused it permission. It went ahead, under close police scrutiny, and striking soon turned to rioting. Smuts had not foreseen such a violent reaction, and responded by sending in the army, even without Gladstone’s permission. That night, the rioting intensified into running battles with the police and army. Things came to a head outside the Rand Club, as an angry crowd refused to disperse, and soldiers opened fire. 21 demonstrators were killed, and 51 were wounded.
When reports of the incident at the Rand Club reached Pretoria by telegraph, Smuts resorted to personal action. He and Botha grabbed a car, and drove to Johannesburg, without accompaniment by assistance or bodyguard. They drove slowly and quietly to the centre of Johannesburg, as best as they could without being seen. A meeting with the Strike Committee was arranged, but what Smuts and Botha had assumed would be a professional meeting resembled a hostage situation, as the two were held at gun-point as they were dictated the unions’ terms. With the authorities being beaten on the streets of Johannesburg, secondary strikes breaking out across South Africa, and guns literally pointing at their heads, Smuts and Botha were forced to meet the strikers’ demands.
Smuts and Botha communicated the terms to the mining magnates, located on the other side of Johannesburg, but, on their way back to the union leaders, they were confronted by a group of armed rioters. The crowd, unaware of the mediation in which the two were playing a part, bayed for blood. Just as it seemed the end was near, Botha stood up and declared his intention clearly and plainly, whilst containing his anger and warrior aspect. The bloodlust subsided, and they were allowed to proceed. All the while, Smuts kept quiet. His instinct was to fight, and he had to keep his instincts under control.
The general strike
In the first days of 1914, when nationalization of the South African railways brought about job cuts, the Amalgamated Society of Railway men and Harbour Workers objected, and went on strike. Led by a firebrand Afrikaner, Hessel Poutsma, the railway men went on strike. As Finance Minister, Smuts took over responsibility from the Minister for Railways, and, characteristically, refused to budge. In response, Poutsma requested that the Transvaal Federation of Trades Unions intervene. On 13 January, they did, by calling a general strike.
The GTUC quickly built an efficient organisation, complete with military structure, distributing small arms and issuing propaganda inciting the overthrow of the South African government. Reeling from his defeat at the hands of the miners, Smuts refused to roll over. As Defense Minister, Smuts called up 10,000 reservists, instituted martial law, and seized the most important economic assets: the railroads and mines. Furthermore, Smuts dispatched an infantry detachment, armed with artillery and under the command of Koos de la Rey, to surround the strike leaders, holed up in Johannesburg. De la Rey reached his position on 18 January, and, without any means of defending themselves, the union chiefs surrendered.
On 27 January, Smuts took nine of the leaders from their prison cells, and ordered them to be deported, without warrant or trial. The steamship Umgeni was to leave Durban for London on the morning of the 30th, and Smuts was determined that it take the nine passengers. The captain of the Umgeni refused to comply, seeing it as an illegal act for which he would be held responsible. Smuts cleared the captain and his company of any potential wrongdoings, and took responsibility himself, allowing the union leaders, including Poutsma, to be deported without delay.
Smuts was widely condemned from almost all quarters. The courts, the trade unions, the Labour Party, and the Old Boers complained, but Smuts could still rely upon the support of his own party. With a working majority, Smuts presented a bill, the Indemnity and Undesirables Special Importation Bill, to Parliament that would retrospectively make his actions legal and clear Smuts and the government of any wrongdoings. Despite the howls of protest from the two major opposition parties, his bill was passed. In Smuts' own words, "A smashing blow had to be struck at syndicalism in South Africa. I gave that blow." It was this forceful attack on trade unionism that forged the Old Boers, the unions, and the Labour Party together, as a united front against what they saw as treason and tyranny.
(einde van aanhaling)
Ja, dis hoe die Anglo en Amerika maar nog altyd hul kapitaal aan die myn hou.
’n Mens kan amper Smuts met Zuma en Hessel Poustma met Juju Malema vervang en siedaar - dis dalk môre se nuus!
Boeregroete,
Cornelius
NS Ingels blyk maar steeds die mees gepaste tong om sulke hartseer oor te vertel - hoekom?