Genadedood: Die reg om te verskil

  • 9

Jaco, dankie vir jou reaksie. My reaksie op 'n reaksie raak egter nou so lank dat ek 'n nuwe brief daarvan moet maak. Jy maak egter een afleiding waarmee ek glad nie saamstem nie.

Om jou aan te haal: “Jy is geregtig op jou godsdienstige beskouing oor die onderwerp, maar het geen morele of enige ander vorm van reg om jou siening op ander af te dwing nie.”

Ek weet nie waarom jy so reageer nie. Ek het 'n standpunt gestel, maar ek kan jou die versekering gee dat dit heeltemal teen my grein ingaan om daarop aan te dring dat ander soos ek moet dink. Almal het die reg om van my te verskil – selfs my kinders!

Miskien was ek effens moedswillig. Jones het net 'n algemene, onpersoonlike stelling gemaak en die “ou mense” is my invoeging, juis om te verseker dat ons nie op die onpersoonlike vlak bly nie – dit gaan oor mense wat tans nog lewe! My probleem met Jones is nie dat hy die saak aangeroer het nie, inteendeel dit is 'n belangrike saak wat bespreking regverdig. Wat my pla is dat hy, as bekende teoloog, in hierdie en ander sake, sy saak stel sonder dat die Bybel of sy christelike oortuigings ter sprake kom.

Hierdie kwessie van genadedood is 'n taai een wat van alle kante beskou moet word, voor 'n mens 'n uitspraak durf maak. Jou spontane reaksie word waardeer maar hierdie saak verg meer as die vinnige gryp na 'n vuurwapen. Ons weet wat kan gebeur en wat gebeur het as 'n vuurwapen sommer gegryp word (nogtans het 'n mens groot deernis met alle partye).

Ek kan dadelik aan een geval dink wat my punt ondersteun. Dit was dr Chris Barnard, die eerste hartoorplanter, wat die storie vertel het (dis lank gelede wat ek dit gelees het en hopelik is al my feite korrek). Dit was skynbaar in sy hospitaaljaar. Hy was op nagdiens en daar was 'n vrou in erge pyn agv kanker. Sy het, erg emosioneel, daarop aangedring dat hy haar uit haar lyding moet verlos. Hy het selfs sover gegaan om 'n inspuiting voor te berei, maar het nie tot die daad oorgegaan nie, maar die morfien in die wasbak weggespuit. Die volgende dag het hy haar weer gesien en sy was heeltemal 'n ander mens, sonder pyn en het weer kans gesien vir die lewe.

Jy moet nie dink dat 'n mens soos jy ouer raak noodwendig minder lief vir die lewe is nie. Daar was gevalle oorsee waar van die ou mense se grootste vrees was dat hulle deur 'n verpleegster uit die lewe gehelp kan word – hulle was erg bekommerd en hewig ontsteld.

As ons sê maar ou mense wettiglik uit hulle ellende help (darem met hulle toestemming!), bly dit dalk nie daarby nie. Wat van kinders wat met uiterste gebreke gebore word – waarna as koolkoppe verwys word. Dink aan al die geld wat ons kan spaar deur van hulle ontslae te raak!! Ek hoop elkeen wat hier lees word deur hierdie woorde gewalg, want anders is daar groot fout met ons. Op een of ander wyse sal daar 'n instelling en mense moet wees by wie beslissings oor sulke gevalle geneem moet word. Het lank gelede iemand se betoog oor 'n soortgelyke situasie gevolg. Sy belangrikste punt was dat as hierdie soort benadering meer as twee eeue gelede in bv Duitsland toegepas was, Ludwig von Beethoven een van die slagoffers sou gewees het, want die omstandighede van die gesin waaruit hy voortgespruit het, was eenvoudig ellendig en lede van sy familie subnormaal. Laat ons liewer nie met hierdie soort stories voortgaan nie, maar vir mekaar sê, ten spyte daarvan dat eerbied vir die lewe negatiewe implikasies het, dit altyd een van ons hoogste beginsels moet wees.

Groetnis

George

  • 9

Kommentaar

  • Beste George.

    Ek hou meer van jou benadering in hierdie brief as die vorige mbt genadedood, en waardeer die feit dat jy ook ruimte vir ander sieninge huldig, dws jou sienswyses nie op ander wil afdwing nie. 

    Soos reeds gesê.  Ek het nie Jones gelees nie, dus kan geen kommentaar oor hom lewer nie. Die feit dat jy hierbo skryf: "Op een of ander wyse sal daar 'n instelling en mense moet wees by wie beslissings oor sulke gevalle geneem moet word." is 'n erkentenis aan jou kant dat daar ruimte vir genadedood is, en by implikasie dat die huidige wetgewing mbt die saak gewysig moet word. 

    Soos Johan Smit in respons op jou vorige brief geskryf het: "Dit gebeur egter slegs op versoek van die pasiënt en is nie 'n willewragtige doodmaak van oumense nie."  Nederland, België en Luksenburg het streng wetgewing om te keer na hierdie "willewragtige doodmaak" van mense.  In Switzerland, is dit 'n staatsvereiste dat die pasiënt self die gifmiddel moet inneem.  Ander mag dit voorberei, maar mag dit nie toedien nie.

    Suid-Afrika kan die bestes van al hierdie lande se wetgewing inlyf en aanpas vir ons eie doeleindes.  Solank genadedood nie gewettig is nie, sal mense soos Ge Korsten hul lewe in eie hande neem met die gepaardgaande skande daaraan tans verbonde, wat 'n klad vir die familie kan wees.

    Jaco Fourie

  • Hello, 

     
    Hierdie is sekerlik een van die moeilikste onderwerpe wat daar is. Ek hoop van harte dat ek eendag die moed kan toon om te gaan wanneer daar nie meer langer aangegaan kan word weens siekte en die gebrek van lewenskwaliteit wat dit bring.
     
    Sonder om melodramaties te wees is daardie keuse nou in my hande na daar in die begin van Maart 2013 'n ongeneeslike siekte in my gediagnoseer is en dit net uitgestel word so lank die medisyne wat dit die hoof bied gebruik word. 
     
    Dit is 'n skok om te weet dat sonder die gebruik van my medikasie ek 'n maksimum van vyf jaar kan oorleef, daardie mag oor jou lewe is 'n vreemde konsep en moeilik hanteerbaar. 
     
    Jaco, baie dankie vir die lande soos dit deur jou uitgelig is en word die volgende aanvullende programme gebied om na te luister. 
     
    Episode 1
    When Assisted Death Is Legal
    First broadcast: Tuesday 19 February 2013
     
    The debate over assisted suicide and euthanasia is a passionate one. But as the discussions continue to rage around the world, there are a few places where assisted death is already legal. Switzerland, Belgium, Luxembourg, the Netherlands, and Oregon and Washington States in the US all have laws permitting assisted suicide or euthanasia in some form. In this two-part documentary for the BBC World Service, actress and broadcaster Liz Carr goes on a personal journey to all six places to see how it works. As a long-standing campaigner against assisted suicide legislation in the UK, she wants to find out what assisted death means in practice – and whether she's right to be concerned. 
     
    In part one, Carr travels to Switzerland, where she visits the rooms where volunteers help people die, and finds out why the Swiss law on assisted suicide goes back to the 19th Century. 
     
    In Belgium she meets a doctor who admits to performing euthanasia before it was legal; and in Luxembourg, she finds out why the law on assisted suicide nearly caused a constitutional crisis. 
     
    Carr questions whether it is possible to balance the right of the individual who wants to die with the responsibility of society to protect those who don't.  
     
    Daar kan hier na dit geluister word: 
     
     
    Episode 2When Assisted Death Is Legal
    First broadcast: Wednesday 20 February 2013
     
    The debate over assisted suicide and euthanasia is a passionate one, and a subject that polarises public opinion. There are a few places where assisted death is already legal. Switzerland, Belgium, Luxembourg, the Netherlands, and Oregon and Washington States in the US all have laws permitting assisted suicide or euthanasia in some form. 
     
    In this two-part documentary for the BBC World Service, actress and broadcaster Liz Carr goes on a personal journey to all six places to see how it works. As a long-standing campaigner against assisted suicide legislation in the UK, she wants to find out what assisted death means in practice – and whether she's right to be concerned. 
     
    In part two, Carr visits the Netherlands, where she meets the group behind the 'mobile euthanasia units' which hit the headlines last year, and asks whether a law on voluntary life-ending procedures might open the door to involuntary ones. 
     
    She also visits Oregon and Washington State in the US, where she finds out who is most likely to use the Death with Dignity law, and hears about the cancer patient whose health-care plan refused to pay for chemotherapy – but offered assisted suicide instead. 
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Verskoning, die datum van Maart is verkeerd, dit is 1 Februarie 2013, na siekte van ongeveer Oktober 2012. 

  • Beste Wouter

     

    Jammer om te hoor van jou siekte. Hierdie is voorwaar 'n baie moeilike onderwerp, want die mens se oorlewingsdrang is sekerlik sy sterkste drang. Ek dink nie mens kan net swart of wit gaan tov genadedood nie. Al is daar geen godsdiensoortuigings betrokke nie en slegs kliniese besluite, bly dit 'n ontsettende moeilike stap om te neem.

     

    Ek weet nie of ek so 'n besluit self sal kan neem nie,tensy ek in uiterste pyn verkeer.Miskien sal ek dan nie eers wil doodgaan nie.Dis maklik om te praat as mens nie self daar is nie.Dus blyk dit 'n bitter moeilike kwessie waar elke geval uniek behoort te wees.

     

    Ek wens jou alle sterkte toe en bedank jou vir al die jare se ingeligte onderwerpe waarmee jy ons nuuskierigheid prikkel. Mag dit nog lank vir jou moontlik bly. Ek lees altyd jou briewe met respek en waardering!

     

    Groetnis

     

    Perdebytjie 

  • Beste Wouter

    Dit is met skok dat ek van jou siekte verneem, heelwaarskynlik die rede vir jou lang afwesigheid hier op SêNet. Hopelik raak die medikasie nooit op nie, sodat jy nog 'n lang lewe vorentoe mag geniet.

    Beste wense vorentoe, en dankie vir jou opjektiewe bydraes hier op SêNet.  Soos voorheen gesê, weens die aard van my werk, kry ek nie veel tyd vir indiepte studies oor sekere onderwerpe nie, dus dien jou skrywes vir my as kortpad vir nuwe insae.

    Jaco Fourie

  • George Bekker

    Jaco, dit lyk nie vir my of ons mekaar heeltemal verstaan nie. My benadering in die twee briewe is nie verskillend nie. Vir my is dit reeds donkiesjare 'n vanselfsprekenheid dat ander van my kan en mag verskil. Dis ook nie vir my duidelik hoekom jy Ge Korsten se naam noem nie – hy was nog heeltemal op die been en aan die gang toe hy sy eie lewe beëindig het – was depressie nie die groot probleem nie en het hy iets met ons besprekingspunt te doen?

    My stelling: "Op een of ander wyse sal daar 'n instelling en mense moet wees by wie beslissings oor sulke gevalle geneem moet word." is nie 'n erkentenis dat daar ruimte vir genadedood is nie. Ek het hierdie stelling gemaak om by Beethoven uit te kom en te wys op die verskriklike implikasies van hierdie soort beskouings. Dat ons die saak kan bespreek is nie 'n probleem nie – ek dink daar is moontlik groot ooreenkomste tussen my en Liz Carr se standpunte. Dat daar groot probleme sal wees (en om 'probleme' 'uitdagings' te noem verander geensins die saak nie – dis nou eintlik weer vir die ANC bedoel) is nie te betwyfel nie.

    Iets waaraan ek nooit gedink het nie word deur Wouter geopper, nl die ellendige Amerikaners, wat sommer dadelik sake beduiwel op tipies Amerikaanse wyse. Stel jou voor 'n terminale pasiënt lê op sy hospitaalbed sy opsies en oorweeg (hy is in 'n staat wat genadedood toelaat) en probeer hard om 'n morele en objektiewe besluit te neem en hier kom die vervloekte siekefonds en verklaar dat hulle nie vir chemoterapie sal betaal nie maar wel vir genadedood! Jaco, dan het 'n man seker die reg om onverskillig met 'n vuurwapen te word. Dit sal my nie verbaas as van die state vir sulke wetgewing stem sodat die betrokke staat se mediese instellings meer 'besigheid' kan kry nie, want nie een van die state om hulle het nog sodanige wetgewing aanvaar nie. Miskien kan Francois Williams my van 'n klomp vloekwoorde voorsien! (Hy moet my nou tog net nie ernstig opneem nie!)

    Wouter, ek is werklik jammer om te hoor van jou omstandighede. Dis heel moontlik dat jy nog vir baie jare jou bydraes hier kan lewer, nie dat ek noodwendig met jou saamstem nie. Miskien moet jy ook probeer om verby die amptelike mediese benadering te kyk. Lees op die internet oor Bob Beck. Hierdie professor het twee interessante elektroniese toestelle gebou waarvan jy moet kennis neem. Jy het seker al die tekening gesien van die vlieënde reier met die padda in sy bek – die padda se twee voorpote is buite die voël se bek en hy probeer die reier wurg. Onder die tekening staan: “Never, never give up!!!” Iemand fluister nou in my oor dis 'n Amerikaanse kunstenaar wat vir hierdie tekening verantwoordelik is!

    Allerbeste wense vir 'n lang en gelukkige toekoms.

    George

  • Hello Chris, Perdebytjie & Jaco. 

     
    Baie dankie vir die reaksies hierop, dit is regtig 'n riem onder die hart. Dit is 'n bekende siekte wat al gemaai het onder die bevolking hier en sekerlik na regte die vrug van sonde genoem kan word, soos dit al gereeld in die verlede genoem is. 'n Plaag eens op 'n tyd. 
     
    Daar is baie wat oor die onderwerp geskryf kan word, die emosies daaraan verbonde, die effek daarvan op die liggaam, die invloed wat die nuwe kennis oor jou in vriende, familie en medewerkers het. 
     
    Die aspek wat egter uitgestaan, behalwe vir bogenoemde is die wete dat deur die medisyne te weier, my ma noem dit die 'antivirus', wat my gereeld laat glimlag, is slegs 'n uitmergelende 5 jaar selfmoord jou voorland. 
     
    Dit is so 'n vreemde konsep om 'mag' oor jy eie lewe te besit, dat ek dit nie uit my gedagtes kan kry nie, maar vreemd daar is baie dae, wat dit jou so lus laat voel vir die lewe, want jy het gekies om nog steeds hier te wees. 
     
    Geen persoon kan hom/haar plaas in die gedagtes van 'n persoon wat genadedood uiteindelik laat uitoefen nie, maar hierdie ervaring bring tog 'n tipe van insig.
     
    Genadiglik is daar geen pyn, want ek vermoed langdurige pyn sal menige tot raserny dryf en dan vir 'n uitweg laat soek. 
     
    'n Moeilike onderwerp en het dit nie geplaas vir simpatie nie, maar dit is so 'n vreemde ervaring en het nooit gedink dat so vroeg hierdie sou moes aanspreek. 
     
    Kanker, hart, long siektes, die familie van siektes wat ALS insluit is vir my veel erger en beskou ek myself as redelik gelukkig, aangesien jou gestel na dit herstel is weer 'n normale lewe toelaat. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Verskoning George - hierdie skrywe van jou het ek nou eers gesien en baie dankie daarvoor. 

     
    Soos dit is, drink ek daagliks, 10 pille in totaal 'n dag op drie verskillende tye, ontbyt, middag en aand.
     
    'n Totaal nuwe ervaring. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top