Selfone: kla hulle aan

  • 0

Dis uiters dwaas en gevaarlik om op 'n selfoon te praat terwyl jy 'n voertuig bestuur. Vra jouself: Sal jy betyds kan optree in 'n noodsituasie? Sal jy betyds kan uitswaai of rem vir 'n kind in die pad, want jou volle aandag is nie op die pad nie? Nog erger as jy 'n nommer skakel of 'n teksboodskap stuur.

Hulle het 'n goeie begin gemaak in die Kaap deur die selfone tydelik te konfiskeer en die oortreders te beboet. Maar hier in PE sien jy nooit 'n verkeersbeampte nie, ek weet nie wat van hulle geword het nie, want vroeër was hulle volop. Jy het hulle in die strate gesien, of hulle petwapens sien blink deur die takke van 'n bossie langs die pad, maar hulle het nou net eenvoudig verdwyn.

En elke dag sien jy hoe mense roekeloos ry met een hand op die stuur en die selfoon in die ander hand. Hoeveel ongelukke is al daardeur veroorsaak? Dit sal natuurlik nie maklik bewys kan word nie, want na die ongeluk lê die foon op die vloer in 'n plas bloed. Dit kon mos van die sitplek afgeval het ...

Ja, ek glo sulke oortreders moet vasgevat word, die euwel moet uitgeroei word. Maar hier in PE in dit buite beheer, niemand doen iets daaromtrent nie.

Groete,

Varkspek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top