Ruimtespieël vir Brianvds

  • 6

Ek sluit twee foto’s van my ruimtespieël in. Ek het sedert die foto’s geneem is die pote van die tafel waarop dit staan, aangepas sodat dit opvoubaar is vir vervoerdoeleindes omdat ek die kontrepsie dikwels rondkarwei. Dit is belangrik dat die blad van die tafel moet roteer en die hoek van die spieël verstelbaar moet wees om te voorkom dat dit rondgeskuif moet word om dit op die regte plek te rig. Die kontrepsie is nogal gewigtig en ’n rondskuiwery werk nie lekker nie. Ek het nou net een vinger nodig om dit bv presies op Jupiter in te stel.

Groete

Panda

  • 6

Kommentaar

  • Dankie, Panda. Lyk na 'n heel lekker kontrepsie, en ek is seker jy het ure se plesier daarmee in die bestudering van al die fassinerende optiese illusies wat die heelal vir ons bied. 🙂

     
    Watter tipe verkyker gebruik jy? Met so 'n spieël kan mens seker nogal heel gewigtige verkykers ook gebruik. Ek het in 'n stadium nogal heelwat na die maan gekyk met 'n verkyker - daar is verbasend baie te sien met selfs 'n doodgewone 7x50. As ek reg onthou kon ek tot 70 of so afsonderlike berge, kraters ens. identifiseer. Met so 'n ruimtespieël sal mens sekerlik selfs meer sien.
     
  • Brianvds — Wat jou navraag oor die verkyker betref. Ek gebruik 'n 9x63. Die vergroting (9) is vir dié doel natuurlik van minder belang as die vermoë om lig te versamel d.w.s. die grote van die lense (63). Die heel belangrikste is natuurlik redelike oë anders begin jy om jou verbeelding te glo en dit wat ou oë waarneem as optiese illusies af te maak.

    Groetnis
    Panda

  • Ja, so 'n verkyker is straks bietjie swaar om sonder die ruimtespieël te gebruik. Die bietjie ekstra vergroting help nogal as mens na die maan kyk, of om dubbelsterre te onderskei, maar jy is natuurlik reg dat die grote van die lens belangriker is.

     
    Terloops, kan jy Alpha Centauri A en B onderskei? Op die oomblik is hulle in ons siglyn so na aan mekaar mens het heelwat resolusie nodig om hulle te kan onderskei - my klein "spotting scope" kan byvoorbeeld nie, maar hy is meer vir voëls gemaak as vir sterre kyk.
     
     
  • Brianvds — Die antwoord is ongelukkig negatief. Die 9x vergroting van my verkyker is klaarblyklik hopeloos te lig daarvoor. Wat baie duidelik in die omgewing waargeneem kan word, is die Juwele kis; die sterrebondel Alfa Centaurus en dan die dubbelster Acrux wat maklik geskei word.

    Groete
    Panda

  • Ja, daardie ander illusies wat jy noem is maklik om te bestudeer. 🙂

     
    Oor die volgende paar jaar sal Alpha Centauri A en B weer verder uitmekaar beweeg. Maar as ek nou reg onthou kan mens hulle nie met 'n verkyker onderskei nie. Met 'n grote soos joune dalk wel as hulle op hul verste punt uitmekaar is.
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top