Hensop, Gay ou man!
Ek het die brief van Gay Ou Man gelees wat absoluut tragies voorkom. Tragies omrede sy geloof hom ‘n lewenslange sielswroeging laat ly het, vandag nog, en ook omrede hy sy impotensie net so gelate aanvaar (gehensop) het. Belustig maar is seks nie meer uitvoerbaar nie. Hierdie is nie net ‘n gay probleem nie. Dit is eintlik meerendeels ‘n “straight” probleem, omrede daar soveel meer straights as gays is wat hierdie sielswroeging ondergaan en impotensie gedweë aanvaar, nieteenstaande belustigheid.
As gevolg van menslike (nie-goddelike) vernuf kan daar vandag iets daaromtrent gedoen word. Professionele (nie die Kobus-tipe nie) sielkundige berading vir die sielswroeging, en medikasie vir die impotensie wat vandag beskikbaar is. Gegewe dat in sy jong jare was hierdie dienste nie beskikbaar nie, maar vandag is dit, en ons konstitusie beskerm gays se regte, nieteenstaande dat homofobie nooit uitgeroei gaan word nie, veral wanneer dit deur godsdienstiges aangeblaas word.
Maak nie saak hoe oud ‘n man of vrou word nie, en hy/sy bly belustig, kan daar vandag iets daaromtrent gedoen word. Ongelukkig is die vereiste dat daar genoegsame geld vir die doel is. My raad aan die jong man van vandag is om reeds noual finansiële voorsiening daarvoor te maak, want lewe hy lank genoeg, gaan dit met hom gebeur. Weens die feit dat dit as kosmeties deur die mediese skemas beskou word, dek hulle dit nie.
Met impotensie kan kunsmatige ereksie op die volgende maniere bekom word, nl vassodilators soos Viagra, Cyalis en ander. Waar die nie meer kan help nie, is die volgende moontlikheid nl Caverjet, ‘n penisinspuiting. Indien die penis tot so ‘n mate beskadig is, is die finale opsie ‘n penis implant, waar die penis kunsmatig soos ‘n balon opgeblaas kan word.
Waar die seksdrang (libido) swak is, word testosterooninspuitings gebruik, want ‘n tekort aan testosteroon op die ou dag is gewoonlik die oorsaak van beide impotensie en swak seksdrang. Die normale bloedlesing vir testosteroon is tussen 9 en 29. Die hoër syfers geld vir die jong man, wat geleidelik afneem na gelang die ouderdom vorder. Onder 9, en veral so laag as onder 5, word die persoon soortgelyk as die van ‘n eunuch, impotent, fisies swak, vel en spiere sag, vet opbou om die maag en heupe, en tiete ontwikkel wat met ‘n vrou s’n kan meding. Testosteroon versterk die beenstruktuur. Tekort daaraan veroorsaak osteoperosis (heelwaarskynlik Ou Gay Man se geval volgens sy beskrywing met die kierie). Indien impotensie uitsluitlik te wyte aan testosteroon tekort gediagniseer word, en die vlak word herstel, is ander kunsmatige aanhelp oorbodig.
Ek het ‘n gay vriend (‘n wewenaar, Vrystaatboer met twee volwasse kinders), wat juis ‘n gesonde uitkyk op seks het. Hy is vandag 81 jaar oud, maar lyk soos ‘n man van 51, weens harde plaaswerk en omrede hy sy eie gym het. Na sy vrou se dood in sy sestigerjare, het hy teenoor sy dominee gebieg hy is gay. Ironies en amper ongelooflik, het die hom na ‘n Johannesburg sielkundige verwys, maar intussen vir hom verseker dat hy nie sy kop daaroor moet breek nie. Die sielkundige het hom deur sy sielswroeging gehelp. Vanaf sy 70-jare het hy geleidelik impotent geword tot volle impotensie. Gedurende hierdie einste 70 jare, het hy ‘n 25-jarige gay lover bekom. Die het aanvanklik vir hom as ‘n sugar daddy met baie geld aangesien. Dit het my vriend min gepla, want hy het geluk en tevredenheid vir himself bekom. Vandag is hierdie toy boy in sy dertigerjare, en die liefde het oor die jare teenoor sy sugar daddy aangegroei. Hy is vandag werklik vir hom lief.
Hierdie vriend van my sit vandag met ‘n penis implant, wat ek uit nuuskierigheid vir hom gevra het om my te wys hoe dit werk. Die het hy sonder enige verleentheid vir my gedoen. Sy ereksie is soos ‘n jong man s’n, en indien jy nie geweet het nie, sou jy nie agterkom dat dit eintlik ‘n fopereksie is. Hy spuit himself tweekeer ‘n maand in met testosteroon om sy vlak daar om en by die 15 bloedlesing te hou. Hy neem tweekeer ‘n jaar bloedlesings vir sy testosteroon vlak, en PSA vir moontlike prostraatkanker, wat sy testosteroon iname moontlik kan aanhelp.
My vriend het op sy beurt my gelukkig gemaak, want dit het altyd vir my gepla wat gaan ek doen wanneer ek sy ouderdom bereid (eks nou 52). Hy het wrintigwaar vir my hoop gegee.
Jaco Fourie


Kommentaar
Aangesien dit vir my lyk of mens hier mag skryf wat jy wil, glo ek ek as vrou het die reg om te sê wat ek ervaar het met die lees van Jaco se brief.
Ek was lanklaas in my lewe so naar ...
Mag nie een van hulle ooit aan my "vat" nie.
Om te dink dat die Liefde wat die Here bedoel het, wat tussen man en vrou kosbaar en "spesiaal" moet wees - kan so verdraai en minag word deur die mens. Mag Hy ons land bewaar en nie soos met Sodom en Gamorra verwoes agv van die mens se afskuwelikheid nie!
Trienie
Trienie
Nou hoekom lees ‘n kerkvrou soos jyself oor ‘n gay man se prostaat, en word in die proses gewalgd daaroor. Die opskrif was mos heel ondubbelsinnig. Wees eerlik. Jy het gehunker om gewalg gevoel te word. Wat het jy dan anders verwag?
Woman you live in denial.
Maar om jou nog verder te skok, sodat jy nie onder enige wanindruk oor my verkeer nie, sal ek aan jou bieg van my lewensuitkyk oor ander seks kwessies, waaroor ander hier op die Net reeds van bewus is.
Ek is van sterk mening dat prostitusie gedekrimaliseer moet word, en dit is net ‘n kwessie van binnekort. Alhoewel ek geen ooghare vir ons lands-staatspresident het nie, is sy veelwywery by my nie ‘n faktor nie, welke reg ek met gemoedsrus respekteer. Ek het ook geen probleem met “polyandry” waar een vrou meer as een man het nie. Dat die jonger geslag nie genee is om te wil trou nie, eerder saamlewe, moedig ek sterk aan. Die huwelik is ‘n uitgediende instelling wat meer inherente konflikte bevat, as om net saam te bly, en wat al hoe meer onder die jonger geslag, veral Afrikaners, voorkom. Ek verafsku selfs gays se versoek op reg tot huwelik. Ek ondersteun ook die konsep waar ‘n man of vrou ‘n “affair” of minnar, buite die verhouding het, indien dit sal help om sy / haar huidige verhouding behoue te laat bly. Die Franse (meerendeels ateiste) is veral bekend daarvoor, met gevolglik van die laagste egskeidings in Europa, selfs laer as ander sogenaamde “Christelike” lande. Ek persoonlik is gek oor seksorgies, wat baiemaal op ‘n bi-sekuele grondslag plaasvind. Husband and wife swapping, ook OK by my. (Gewalgd genoeg? Moet nou net nie flou neerslaan nie!). Om kort op te som. Ek het geen pyn oor seksuele losbandigheid hoegenaamd nie.
Gepraat van: “Om te dink dat die Liefde wat die Here bedoel het, wat tussen man en vrou kosbaar en "spesiaal" moet wees - kan so verdraai en minag word deur die mens.” Dis jou persoonlike mening, welke reg ek ook respekteer. Maar moenie jou mening my mening probeer maak nie. En hoe ek in hierdie brief oor die saak voel, gaan ek ook nie probeer om dit ander se mening ook te probeer maak nie.
In ander lande, veral Europa, is God reeds dood. Hier in S.A. onder Afrikaners is Hy stadig aan te sterwe. Kyk net hoeveel kerke loop leeg en verkoop word. In Pretoria bv. is die NG Kerkgebou op die hoek van Kerk en Ketjen straat aan Moelems verkoop, waar dit vandag ‘n moskee is. Die moeder NG Kerkgebou in Bosman Straat Pretoria, word nou uitverhuur aan ander kerkgenootskappe, hoofsaaklik swart, en word nie meer as ‘n Afrikaanse kerk bedryf nie. Hier in die Vaaldriehoek waar ek bly..Sowat twintigjare gelede was die parkeerterreine van die kerkgebou oorlopens vol tot sodanige mate op straat en om die blok van elke kerk geparkeer is. Vandag is die min motors verlore in die groot parkeringstereine van die kerke. Omtrent helfte van die kerke is verkoop. Die engele beskerm nie eers die lidmate nie. Karwagte word gehuur om die min motors op te pas. Lemmetjiesdraad om die kerke. Juis die vorige week in die Vaalweekblad is berig hoe diewe ‘n kerk se elektroniese toerusting gesteel het en nog met vermetelheid die kerkklok laat amok lui. ,Dis hoog tyd dat die dominees die huidige bewaakende eunuch-engele wat slaap, eerder met viriele engele met vlermuisvlerke, vervang.
“Mag nie een van hulle ooit aan my "vat" nie.” HaHa!! Ek dink jy hoef nie jou kop daaroor te breek nie.
Vervolgens. Plaas selfsensorskap toe sodat jy nie weer gewalgd word nie. Wanneer jy my naam sien, moenie my briewe oopmaak nie.
Jaco Fourie
Hello,
Ek weet dis seker al bietjie laat, maar dalk kan hierdie iemand anders help.
Ek is 'n straight man wat ook maar sukkel met impotensie. Seker maar stage fright... 🙂
Anyways - so ruk terug op Chao Jimengnan en soortgelyke produkte afgekom. Dis van China af en heeltemaal natuurlik.
Ek het eers gedink dis klomp twak. Ek was absoluut verbaas. Ek gaan nêrens sonder dit nie. Soveel so, dat ek actually 'n klein commerce site begin het om dit te deel met ander, maar ook om dalk 'n rand of twee te maak. Ek is maar net eerlik.
Maar ek sweer dis nie 'n foefie nie. Ek was al saam met 'n paar partners en hulle was almal beïndruk met my.
Probeer gerus.
Groete.
Soek die produk.
Hallo Willie, ek sal ook graag meer wil weet oor die produk, en wat dit kos.
Ek is n man van 75, het ook ’n problem met ereksie. Ek drink Dynafil 50 mg en dit help in ’n mate, maar sodra ek wil penetreer dan verswak ereksie. Wat ek ook agter gekom het, is dat ek eskaleer[ dit loop uit soos water]. Het u raad vir my?
Hi ek sit met dieselfde probleem as Doep. Kan julle my miskien ook help?
Indien jou ejakulasie deurskynend en waterig is, is dit aanduidend dat jou bloed se testosteroonvlakke heel onder normaal is, dws jou testes het permanent opgehou genoegsame testosteroon vervaardig. Jou seksdrang moes dienooreenkomstig ook drasties afgeneem het. In sodanige geval sal Viagra en Cyalis sonder normale testosteroonvlakke in die bloed 'n onvoldoende ereksie gee. Die toediening van Papavarine (penis-inspuitings of "patches" daarvan) sal 'n kunsmatige sterk ereksie gee, maar met onvoldoende bloedtestosteroonvlakke, sal die seksdrang (libido) swak bly.
Jy sal onvermydelik 'n uroloog of die "Mens Clinic" met jou probleem moet gaan sien, want enige poging tot selfmedikasie in hierdie geval is uiters gevaarlik wat permanente skade aan toekomstige ereksiemoontlikhede kan skaad.