Pew globale meningsopname betreffende homoseksualiteit in die samelewing

  • 0

Hello, 

Een van die groot plesiere in my lewe is om oor naweke myself oor te gee aan DVD-reekse en maak dit dat lees soms in die slag bly. Die eerste gedeelte van die jaar was spandeer met Tony Soprano en sy familie en weet ek een waarheid naamlik ek is pleinweg bang vir Tony en is sy liefde vir jou geen waarborg dat hy jou sal spaar nie. 

Nou is dit die West Wing en die idealistiese uitbeelding van politici wat poog om reg te laat geskied. Was die politiek maar so, maar wat opmerklik is die gereelde meningopnames, die gereelde toetsing van die publiek se sentimente in die reeks, veral na President Jed Bartlet se erkentenis dat hy lei aan 'multiple sclerosis'.  (Hierdie besef ek is 'n dekade na almal dit gesien het.)

'n Meningsopname bied data wat dit moontlik maak om sin te maak van die samelewing en te bepaal in watter rigting die samelewing beweeg en die denke en waardes wat in die konteks daarvan gevorm word. Daarom dan is dit vir my onmoontlik om 'n mening te huldig oor die samelewing wat nie getoets kan word nie deur 'n aantal van die bevolking te ondervra in 'n steektoets. 

Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar. Daardie euwel van die samelewing volgens regressiewe politiek en sommige tipes godsdienstiges. George is hier 'n voorbeeld van 'n progressiewe ingestelheid en word erkenning gegee aan Kobus se opmerking dat die 'homoseksualis' ook 'n plekkie in die son gegun kan word. 

Maar die vraag bly, hoe word die homoseksualiteit ervaar en vir 'n antwoord word daar verwys na 'n artikel onlangs gepubliseer in die Washington Post gebaseer op die Pew-organisasie se bevindinge en is die resultate soos verwag kan word: 

Die grootste persentasie aanvaarding word gevind in lande waar godsdiens nie sentraal is tot die samelewing se lewe nie, soos Kanada (80 persent), Frankryk (77 persent) en Australië (79 persent). Tog het die peiling ook bevind dat hoë vlakke van verdraagsaamheid teenoor gay mense in sommige Katolieke lande gevind, soos Spanje (86 persent), Italië (74 persent), Argentinië (74 persent) en die Filippyne (73 persent). In die Verenigde State van Amerika het 60 persent van die publiek aangedui dat gay mense moet aanvaar word in die samelewing.

Bogenoemde verligte denke moet gesien word in teenstelling tot die volgende: 

In teenstelling met bogenoemde is wydverspreide verwerping van homoseksualiteit in oorwegend Moslemlande, sowel as in Afrika, Rusland en dele van Asië, algemeen. In die meeste van die Midde-Ooste, insluitende Egipte en Jordanië waar meer as nege in 10 mense aandui homoseksualiteit verwerp moet word. Dit was ook die geval in die meeste van Afrika, insluitend Kenia, Uganda en Nigerië, terwyl Asië en die Stille Oseaan-streek gemengde resultate toon met 'n meerderheid in Japan, die Filippyne en Australië wat ondersteuning bied vir die aanvaarding van gay persone. Daar is ook sterk vlakke van afkeuring in Suid-Korea (59 persent), China (57 persent), Maleisië (86 persent), Indonesië (93 persent) en Pakistan (87 persent).

Die Pew-opname wat in Maart en April geneem is, is die grootste van sy soort tot op datum.

'n Kleiner studie wat in 2011 deur die National Opinion Research Center at the University of Chicago onderneem is het bevind dat ondersteuning vir gay persone het toegeneem in 27 lande wat deel van die steekproef was. Die hoogste vlak van aanvaarding was in Noord-Europa, terwyl afkeur oorheersend is in Rusland en 'n paar ander Oos-Europese lande. 

Suid-Afrika het ook hierdie opname gehaal en word dit bevind waar diskriminasie teen seksuele oriëntasie ongrondwetlik is het ses in 10 mense aangedui dat homoseksualiteit moet nie aanvaar word nie deur die samelewing en vind die National Opinion Research Center at the University of Chicago dat kultuur en godsdiens 'n rol speel in die verskil in menings gevorm en word dit deur die Pew-studie ook bevestig. 

Dus 'n gemengde prent en is 'n enkele antwoord soos altyd, nie moontlik nie. 

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top