Ons behoeftes verskil. Wat nou? (Advies van teoloog)

  • 1
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Op 15 Januarie het BiegNet ’n brief van ’n leser ontvang wat in so ’n verhouding vasgevang is. Hy sit met sy hande in sy hare – wat staan hom te doen? Die brief het ’n stroom reaksies ontketen van lesers wat in dieselfde situasie sit – mans sowel as vroue.

 

Baie gefrustreerd skryf:

Wat doen jy as jou vrou net nie so seksueel as jy is nie? Ek en my vrou sal seks een keer ’n maand hê (miskien elke nou en dan ietsie meer, maar statisties lyk dit maar sleg), en dan kan ek sien sy doen dit net uit plig en nie dat sy wil nie. Ligte af, in die kamer, met geen opwinding behalwe om dit klaar te kry nie.

Ons is albei professioneel, laat 30’s, twee kinders, en beide van ons, al moet ek dit self sê, kyk goed fisies na onsself. 

Ek het al alles probeer – met haar ernstig gepraat, haar “gewine-en-dine”, grappenderwys dit probeer doen, geen druk op haar gesit nie, baklei, gesmeek, ens. Maar niks werk nie. My vraag is net: Moet ek dit maar nou net aanvaar, al het ek meer behoeftes? Moet ek net aanvaar al is my huwelik hoe gelukkig, ek maar hierdie opoffering moet maak en aanbeweeg?

Ek oorweeg nie egbreuk nie en wil ook nie, maar ek is so gefrustreerd ek wil iets oorkom! 

Wat is die alternatiewe – is daar alternatiewe? 

Ek weet regtig nie meer hoe om my frustrasies te oorkom nie. Voel alle vroue so? Het alle getroude paartjies so min seks en raak dit maar so vervelig na tien jaar? Ek is geen seksmasjien nie – ek sal meer as gelukkig wees om dit dan ten minste net 1 x per week te kry, maar doen ander getroude paartjies dit dan meer? En met meer opwinding?

Baie gefrustreerd

Dit lyk asof dit ’n wesenlike probleem is wat al vir jare aan die gang is, en dringend aangespreek behoort te word.

Ingrid Botha het by die mense wat moet weet, gaan raad vra. Sy klop aan by Anton Pienaar, teoloog.

Anton Pienaar reageer:

Seksualiteit is in die menslike liggaam (in die lewe!) ingebou soos gewone honger en dors. Sonder seksualiteit sou lewe ophou bestaan het.

Harmonie in menslike verhoudings is dikwels afhanklik van gesonde seksuele ritme tussen seksmaats. Veral in die huwelik, wat beskou word as ’n vertrouensverhouding, is dit belangrik dat man en vrou mekaar se behoeftes sal vervul.

Wanneer seksdrang by een van die egliede afneem, is dit hoogs waarskynlik dat frustrasie gaan ontstaan. Veral as die paartjie nog jonk is en ’n gesonde seksuele verhouding ’n baie belangrike rol in hulle behoefte aan intimiteit en behoort-aan-gevoel moet speel.

Daar is verskeie redes waarom iemand se seksdrang kan afneem. Dit kan fisiese, psigiese of emosionele oorsake hê. Wanneer so ’n probleem voorkom, is dit raadsaam om ’n mediese dokter, seksuoloog of kliniese sielkundige te gaan spreek.

Daar is nie geestelike medisyne wat Baie Gefrustreerd se probleem gaan oplos nie – hoewel geestelike volwassenheid die probleem met geduld, empatie en lojaliteit sal hanteer.

 

Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan hyg@litnet.co.za.

  • 1

Kommentaar

  • Ek glo ons dink te eng oor hierdie saak. Is die huwelik/monogamie, nie 'n uitgediende praktyk nie. Met vroue wat ook moet werk om die pot kan die kook te hou, kinders, skoolverpligtinge en als, het baie min mense nog energie vir 'n gesonde en ja, opwindende sekslewe.

    Die Italianers glo dat jy 'n minnaares moet neem - maar mens wil ook nie oneerlik met jou lewensmaat wees nie. Neem mens egter hierdie saak eerlik op, sal baie vroue of jaloers, of bedreig voel.

    Stel jou net voor 'n gesin wat uit een man en twee of drie vroue bestaan. Die wat wil werk, kan werk, die wat wil kinders oppas en ma wees, kan dit doen. Die wat lus voel vir seksuele aandag kan dit kry. Dis 'n wen, wen, wen, wen, wen situasie.

    Ons moet buite ons gevestigde strukture begin dink. Nuwe familiestrukture oorweeg.

    Dink net.  

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top