Onbekwame skeidsregters

  • 2

Die Brumbies het punte gekry as gevolg van strafskoppe teen die Cheetahs wat onregverdig was.  Een of miskien twee is nog verskoonbaar want die skeidsregter is seker ook maar net 'n mens.  Die skeidsregter het egter die Brumbies oorgesien waar die Cheetahs oor en oor vir dieselfde oortreding onmiddellik gestraf was en dan gaan die skrum aan die Brumbies wat keer op keer te vinnig ingeslaan het wat ook deur die skeidsregter oorgesien was.  In die eerste 20 minute was daar al so-iets soos 5 strafskoppe teen die Cheetahs!

Die Cheetahs het wel ietwat senuagtig in die begin gespeel maar selfs met hulle spel wat nie heeltemal op hulle standaard was nie was hulle die beter span.  Skeidsregters moet aan die einde van elke wedstryd 'n punt gegee word, 'n taksering van sy prestasie en as hy nie slaag nie word hy gewoon nie toegelaat om weer te blaas nie.  Alhoewel die skeidsregter ook maar net 'n mens is, is hy 'n mens wat 'n internasionale wedstryd hanteer en van hom word verwag om gepaste vaardighede te hê; nie enige mens haal 'n super15-span nie en nie enige mens behoort vir 'n super15-wedstryd te blaas nie, net die bestes is goed genoeg

Hoe hierdie taksering gekwantifiseer word behoort nie te moeilik te wees nie.  Wat egter hewig teen 'n skeidsregter behoort te tel is partydigheid want die hoofdoel van 'n skeidsregter is om toe te sien dat nie een van die spanne die reëls oortree nie. 

Partydigheid frustreer die span wat aan die korste end ten opsigte hiervan trek en die wiele val af wat dan wel foute tot gevolg het waarvoor hulle dan regverdiglik gestraf word.  So 'n skeidsregter kan in die eerste 10 minute die platform daarstel wat 'n spesifieke span gaan laat verloor en vir die toeskouers lyk die dan heeltemal regverdig.

Alhoewel deurgaans benadeel het hierdie wielafval-storie nie met die Cheetahs gebeur nie trouens, hulle het al hoe beter gespeel maar die bevoordeling deur onregverdige strafskoppe was net te veel.  Hierdie is een van daardie gevalle waar die telbord die skeidsregter se wil weerspieël, nie die verloop van die spel nie.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Ek dog dis net ek wat dit raakgesien het, of dat ek dalk net suur druiwe het, maar wraggies,  Jan, jy's reg.

  • Ek het opgehou om Rugby te kyk agv skeidsregters wat doodeenvoudig nie op 'n veld hoort nie. Ek het al gewonder of daar nie iewers 'n vet tjekboek is wat die gang van 'n wedstryd bepaal nie, bv drie vorentoe aangee wat uitloop op 'n drie onder die pale en dan word die "TMO" gevra om te kyk of daar nie ongeoorloofde spel was nie, ipv om te kyk of daar nie vorentoe aangegee was nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top