Klik op die boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!
|
TITEL: Snydokter Waar eindig die mag van die sosiale media en waar begin die wrede werklikheid? Snydokter is in die eerste plek ’n spanningsroman deur een van ons land se bekendste skrywers, Leon van Nierop. Maar dis meer as ’n roman. Dis ook die resultaat van ‘n sosialemediaveldtog waarmee LAPA uitgewers se reklameagentskap twee Pendorings gewen het. Die roman het ontstaan as deel van Die hoofkaraktersoektog-veldtog in 2012. Die publiek is uitgenooi om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale netwerke en ander media bekend gemaak is. Die doel was om ’n hoofkarakter uit die werklike lewe vir die roman te kies. Maar die uiteinde was dat Leon van Nierop drie wenners uit die meer as 850 inskrywings gekies het – waarvan een die hoofkarakter en twee die newekarakters is. Snydokter handel oor die geheimsinnige plastiese sjirurg dokter Renzo Hattingh wat sy praktyk verlaat en al sy vriende vaarwel toeroep nadat ’n ontrimpelingsoperasie skeefloop. Die drie wenners, Monique Bisschoff, George Kellerman en Rozanne Kotzee, span nou elke stukkie vernuf in om die dokter op te spoor. In die proses smee hulle vriendskapsbande en takel hulle hierdie raaisel met ’n aansteeklike sin vir humor. En, belangrik, hulle gebruik die sosiale media daarvoor. Dit blyk dat daar meer agter Renzo Hattingh se verdwyning sit as om bloot te vlug na slegte publisiteit en die leser kom mettertyd agter hoe magtig die sosiale netwerke is. Die soektog neem die drie wenners deur Johannesburg se vermaaklikheidsbedryf, rykmansbuurte en eindig in die platteland waar dit ’n dramatiese en verrassende klimaks bereik. Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 26 romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse en dramas, ’n kabaret, bindingstekse vir musiekopvoerings, rolprentdraaiboeke, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese werke. Hy het die Caxton-toekenning al twee keer ontvang as beste skrywer en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG/SANLAM-radiodramaskryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer in. Laasgenoemde is ook baie suksesvol op die rolprentkringloop vertoon. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers. Van sy bekendste romans is Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Verklikker. Vuurvreter was ’n finalis in die ATKV-Woordveertjie vir spanningsromans in 2011. Leon was byna vier jaar lank hoof van die Filmskool by TUT in Pretoria en spesiale professor in filmstudie. Hy werk tans aan sy volgende draaiboek. Snydokter is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
TITEL: Seisoen van vergifnis Seisoen van vergifnis is die vyfde roman in ’n reeks van ses. Toe dit vir Amanda duidelik geword het Wim voel nie oor haar soos ’n stiefsuster nie, het sy hom weggestuur en teen haar hart baklei., maar vir Amanda lê daar meer voor… Sy begin vermoed haar biologiese pa is die kliënt wat al geruime tyd van haar dienste as sielkundige gebruik maak, sodat hy ’n misstap in sy verlede met sy hede kan versoen. As haar vermoede in die kol is, weet sy nie net wie haar pa is nie, sy kan ook meer uitvind oor die ma wat haar nie wou hê nie. Seisoen van vergifnis is die tweede boek in die Seisoen-reeks. Dis die storie van die vurige Amanda en die besadigde Wim, twee jongmense wat mekaar nie net lief kry nie, maar ook moet leer dat vergifnis ’n proses is en dat familie nie altyd met bloed aan mekaar gebind is nie. Alta Cloete is ’n Sutherlander wat nou al meer as dertig jaar in die Paarl bly. Na jare van voltyds ma-wees, werk as bibliotekaresse en voorskoolse juffrou, is haar nes nou leeg en die tyd daar om voltyds te skryf. Haar pad het deur tydskrifverhale en romanses geloop tot by die liefdesroman. Die titel inspirerende skrywer het langs die pad ontstaan sonder dat dit haar bedoeling was om enigiemand te inspireer. Maar as dit wel gebeur, is sy natuurlik diep dankbaar. Depressie is ’n belangrike tema in hierdie werk. Alta hoop dat sy ’n klein bydra kan maak om mense meer te laat verstaan van hierdie siekte. Alta noem haarself nie ’n “Christenskrywer” nie, maar glo wel dat haar karakters haar eie diep, grondige geloof sal raaklees. Lees meer oor Alta se skryfwerk en belangstellings by www.altacloete.wordpress.com. Facebookers is ook welkom om die bladsy Alta Cloete (skrywer) te like en sodoende af en toe ’n nuusbrokkie oor haar werk te ontvang. |
|
|
|
TITEL: 130 Afrikaanse woordplakkers SAMESTELLER: Karen Adendorff KATEGORIE: Handwerk: Algemeen FORMAAT: A5 BLADSYE: 16 pp ISBN: 9780799356588 PRYS: R50,00 130 Afrikaanse woordplakkers Moeg gesoek na eg Afrikaanse woorde vir jou scrapboekjoernale en kaartjies? Hierdie boekie bied jou 130 deursigtige Afrikaanse plakkers met verskillende temas wat in enige projek handig sal wees! 130 Afrikaanse woordplakkers is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
TITEL: Vis & tjips Die boek Die skrywer Vis & tjips is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
![]() |
TITEL: Oor mense en hoop Daar is gewoonlik hoop. Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele: ’n kaper, ’n swanger tiener, slagoffers van plaasaanvalle, ’n kleptomaan, gay persone wat nie as mense geag is nie, ’n tikverslaafde se kind, die ma van ’n kind wat as ’n hermafrodiet gebore is, ’n bekende eertydse bankrower, ’n selferkende pedofiel, ’n ma wat dolverlief is op ’n veroordeelde pedofiel. In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie. Maar hoop is ’n realistiese ding, want uitkoms begin by die mens wat kop aan kop met die noodlot gebots het. Iewers is daar iemand wat dit net so moeilik, of moeiliker, as jy gehad het ... en daarna weer opgestaan het. Die skrywer Sowat 17 jaar gelede het sy ’n skryfkursus gedoen, waarna sy aktief betrokke geraak het by die skryf van tydskrifartikels. Haar portefeulje sluit talle voorblaaie en onderhoude met bekende persoonlikhede, beide plaaslik en oorsee, asook mediavrystellings vir die musiekbedryf en artikels oor elke denkbare onderwerp – van aktueel, humor, dekor en sielkundig tot reis, esoteries en geestelik – in. Meyer was in 2010 redakteur van sewe tydskrifte, maar is deesdae weer voltyds besig as vryskutskrywer. Sy het ’n seun, Martin Meyer, en woon in Johannesburg. Oor mense en hoop is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
![]() |
TITEL: Maak cool goed Hierdie boek bied ’n inleiding tot die wonderlike wêreld van herwinning sodat kinders (+9) van vroeg af sonder beperkinge kan dink en avontuurlustig kan wees terwyl hulle die kreatiewe kant van herwinning ontdek. Maak cool goed wys stap vir stap hoe huishoudelike weggooigoed spelenderwys omskep kan word in iets nuuts, prakties en moois. Die projekte sluit onder meer melkbottelboksies en -oorringe, Coke-bottelboksies en -blomme, potloodhaarknippies, toiletrolhouers, wolpartytjie-stringe en sleutelbord-sleutelringe in. Die skrywer Daar is soveel wat ons kan doen met net die goed wat ons omring en sy het begin kyk na wat sy uit haar huishoudelike rommel kon optower. Gou het sy ’n hele katalogus van idees opgebou. Winnie het begin om arm gemeenskappe van afvalbestuur en herwinning te leer en het ook werkwinkels aangebied oor hoe om ’n inkomste uit sulke afval te genereer. Die besigheid het baie vinnig gegroei. Sy moes meer personeel aanstel en het die besigheid geregistreer as Upcycle. Sommer gou het mense hulle begin raaksien. Die media het hul geesdrif gedeel. Dít het tot talle TV-onderhoude gelei, insluitende op 3 Talk, Expresso, Great Expectations en Isidingo. Met die nuwe blootstelling en hul passie vir die planeet en sy mense, het hulle ook projekte vir groot korporatiewe maatskappye en plaaslike munisipaliteite begin doen en informele takke in verskeie behoeftige gemeenskappe gestig. Die grootste deel van hul tyd word bestee aan opleiding by skole, vakansie-oorde, gemeenskapsentrums en plakkerskampe, korporatiewe spanbousessies asook handgemaakte, ekovriendelike korporatiewe geskenke. Maak cool goed is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad www.lapa.co.za. |
|
|
TITEL: Purper en kaneel, komyn en smarag: Die kleurvolle lewe van Hannetjie de Clercq “As ek skilder voel dit asof my siel geborge is in die romantiek van Middeleeuse ikone. Mistieke kleure, ’n nostalgiese verlange na die misterie van die verlede, die ontwykende geheimenisse van vroue …” Hannetjie de Clercqis’n kunstenaar wat haarself misterieus agter sluiers versteek. Intens privaat en beskeie is sy,bekend daarvoor dat sy nie oor haar kuns praat nie. “Laat my skilderye self praat,” sê sy. In die onthullende dans van sewe sluiers is hierdie uitsonderlike kunstenaar des te meer verleidelik, veral as die sluierwaas in ’n ligte bries effens lig om aan die buitestaander ’n glimpste gee ophaar ryk en geskakeerde wêreld, wat kortstondig sigbaar is. Vroue met sterk sensuele ondertone, agtergronde wat dikwels meer prominent is as die realistiese voorgrond, illusie en realiteit wat afwissel ... dit alles genereer die energie van die kleurvolle, enigmatiese lewe van Hannetjie de Clercq, ’n wêreld van purper en kaneel, komyn en smarag. Dit is ’n wêreld met vertelde en onvertelde stories, mitiese figure, geheimsinnige maskers en geskiedenisse. Purper en kaneel, komyn en smarag is die resultaat van ’n jarelange vriendskap deur twee merkwaardige vroue, ’n skilder en ’n skrywer, wat oor dekades heen mekaar se leefwêrelde wedersyds verryk en verruim het. Riana Scheepers het die teks geskryf in ’n liriese narratief en sluit só aan by die mistieke kleure, die nostalgiese verlange na die misterie,die ontwykende geheimenisse van vroue ... die wêreld van haar kunstenaarsvriendin. Purper en kaneel, komyn en smarag is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad www.lapa.co.za. |
|
TITEL: My fantastiese boek vol dinosourusse Welkom in die ongelooflike, wreedaardige wêreld van dinosourusse! Weet jy watter reusagtige dinosourus het ’n brein so groot soos ‘n okkerneut gehad? Of waarom Triceratops se horings so skerp was? Met fantastiese opligflappe en opwindende opwipverrassings begin hierdie dino-avontuur reg voor jou oë. Ontdek fassinerende dinosourusfeite en kom van aangesig tot aangesig met ‘n Velociraptor en grawe oeroue dinosourusfossiele uit! So, is jy dapper genoeg om ’n prehistoriese avontuur te beleef en ’n T-Rex aan te durf? Kom ons laat waai! My fantastiese boek vol dinosourusse is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
TITEL: Dis lekker op die plaas Sing “Oom Klasie het ’n plaas” saam met die diere op die plaas! Ook beskikbaar: Dis lekker op die plaas is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
TITEL: Die wiele van die bus Sing “Die wiele van die bus” saam met met die diere op die bus! Ook beskikbaar: Die wiele van die bus is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |












Kommentaar
Lekker nuwe Afrikaanse boeke.
Wat van handwerkboeke soos hekel en brei? Wil graag by julle aansluit.
Geagte Redakteur,
Ek wil vir u 'n baie kort opsomming van my nuutste boek stuur. Ek het my manuskrip aan Prof. Malan Hugo gestuur en ’n goeie resensie gekry. Hy het ook aangedui dat as ek 'n uitgewer kry, die boek op Alzheimer S A se boekelys geplaas sal word.
Indien u belangstel, sal ek die volledige boek laat druk met die 'ringbinder'-metode en by u kantoor laat aflewer. Ek is nie rekenaarvaardig nie. Help my asseblief om die opsomming by julle te kry.
Groete
John du Preez
Ek was nog altyd by Lapa. maar weet nie of ek nog daar is nie. Julle boeke bly iets goed vir ons op die platteland!
Dear Mev Christa Swanepoel,
Thank you for the privelage of seeing your knitting books. Is there a chance that they are also published in English?
Kind Regards,
Lyn Hall
Graag will ek verneem wanneer Peet Venter sy volgende fiksie boek gaan publiseer.
Ek sal wil baie graag deelneem aan die skryf van boeke. Ek stel belang.
Byvoorbaat dankie!