Nuut by LitNet? ? Are you a LitNet novice?

  • 4

Is jy ’n nuwe LitNetter? 

Baie welkom by dié Suid-Afrikaanse aanlyngemeenskap wat akademiese, vermaak- en leefstyl-inhoud betref. 

Kyk na die video hier onder en jy sal sommer gou inval en tuis voel. 

Hoe werk LitNet?


Are you a new LitNetter?

Welcome to the online South African community as far as academic, entertainment and lifestyle content are concerned. 

Watch the video below and you'll soon join in and feel right at home. 

How does LitNet work?

  • 4

Kommentaar

  • Ek is 'n skrywer en het vanjaar my eerste twee kinderboeke in my kinderboekreeks "Oom Vossie Vertel ..." gepubliseer. Nog 7 kinderboeke is alreeds geskryf vir die reeks sowel as  verskeie kortverhale en verhale met 'n Bybelse inslag.  Dit sal nog in die toekoms gepubliseer word.

    Dankie vir die geleentheid om deel van Litnet te wees.

    Groetnis
    Isak Vosloo

  • Madeleine Carlsson

    LitNet se webwerf bied 'n groot verskeidenheid van inligting wat meerendeels van uistaande gehalte en goeie smaak spreek. Tog sou 'n skoner inligtingsargitektuur in die organisering en uitleg van die blad heelwat bydra om die leserservaring van die webblad te verhoog. Tans vertoon dit soos 'n inligtingsrommelhoop waarop net nog inhoud opgelaai word. Ek as leser voel soos 'n vullishoopskropper wat diep moet grou om by die artikels te kom wat ek graag wil lees. 

  • Sollie Levinson

    Ek het pas Litnet ontdek en wil graag aktief betrokke raak. Kortliks: moontlik omdat ek nuut is of selfs tegnologies 'n agtergeblewene, raak ek verward/verlore tussen al die inligting en moontlikhede.

    Ek wil 'n kortverhaal instuur vir beoordeling/bespreking/resensie.

    Ek het 'n vollengte toekomsfiksie-verhaal wat ek wil stuur aan iemand (moontlik Koos Kombuis) of 'n ander kundige persoon om my te help om die verhaal uitgewer-gereed te kry.

    Kan u my asb van inligting voorsien ivm. bogenoemde twee punte?

    Dankie vir u tyd en aandag.

    Sollie Levinson. 

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top