"Melkplaas" deur Albert Maritz

  • 0

As my vingers liefderik gly
Deur my seuntjie se strooiblonde hare

Fassineer die diep asemhaling my
En die gespanne vuisie, wat uitbundig

Klou aan ’n bestaan wat net ‘n groot
Mens se brein besorgd moet laat

Die klein skoonheid wat die wêreld kaalvuis
Nader – huppelend skitter in die vêrte

Soos ’n engel. Onelegant gewond neerstort
In die stof. Klein perfek met selfs

Die piepie parmantig ‘n regte slurpie

Refrein:
Vlieg nou vreesloos – eers so met die knersegryp
En as die tyd ryp is vir sweef met ruwer gelaat
Gaan jy bedag wees; omrol om die val te stuit?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top