Feeste | Festivals

 
Innibos-onderhoud: Lulu Botha vertel hoe Grieta geleerdheid kry
Toneel: Komedie
Met Chris van Niekerk en Lulu Botha
Teks: Willy Russell
Vertaling en regie: Hennie van Greunen
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Do 28 Junie 13:00, Vr 29 Junie 11:00, Sa 30 Junie 10:00 en 15:00
Venue: Baptiste Kerksaal
Tydsduur: 120 minute
Prys: R97

Willy Russell se Educating Rita praat nou Afrikaans. Sy noem haarself Grieta – na daai een wat ’n sprokie geskryf het – en sy besluit om haar lewe te verander. Want sien, haar werk as haarkapper verveel haar en Denny, haar man, en sy pelle irriteer haar. Want Grieta wil weet, sy wil leer. En wat wil sy leer? Alles! Wanneer die Universiteit van Stellenbosch ’n University for All-inisiatief loods, wat toegang tot universiteit moontlik maak vir mense wat nog nooit daarvoor kwalifiseer nie, gryp Grieta die geleentheid. So beland sy by prof Frans Brink, liefhebber van wêreldromans, wille woorde en whiskey. Saam verken hulle Breyten, EM Forster en Checkhov. Maar hoe gemaak as Grieta weier om haar geliefde hygromans af te sweer? Met skreeusnaakse humor en vlymskerp observasie skets Willy Russell vir ons twee onvergeetlike karakters, in wie ons aspekte van onsself herken. Grieta se reis is, soos Shirley Valentyn, eiesoortig, skreeusnaaks en inspirerend! Moet dit nie misloop nie.

Naomi Meyer vra vir Lulu Botha oor haar hoofrol as Grieta.

Hallo Grieta – of is dit Lulu? Gebeur dit soms dat mense jou as jou karakters aanspreek? En hoe hanteer jy dit? Watter van die karakters wat jy speel is hulle gunsteling-keuses om jou te noem?

Daar was ’n tannie van 80 by een van ons shows wat nou besig is om haar matriek te voltooi. Sy het haar dogter op haar huishulpsalaris deur universiteit gesit en nou wil sy ook haar geleerdheid kry. Sy het met my kom praat en my voor en agter ge-”Griet”; vir my gesê ek moet “luister na my professor en nie rondloop nie”. Ek dink vir haar sal ek altyd Griet bly. Maar oor die algemeen noem mense my op my naam. Soms vra tannies grappenderwys of ek nie veronderstel is om karre op te pas nie – verwysend na my karakter in Carwatch.

Steyn du Toit het reeds met Hennie van Greunen oor Grieta gesels – jy kry ’n groot kompliment in hierdie onderhoud: vir die humor wat jy bring, sowel as jou vlymskerp intellek. Ek dink weer jy speel baie onthoubare karakters, vertolk dikwels ook tragies-komiese rolle. Ek dink ook aan jou karakter in die Vagina Monoloë, uitgesproke en vreesloos. So word Grieta ook beskryf: sy noem ’n ding op sy naam. Vertel my wat jou van hierdie karakter aantrek. En van jou ander persoonlike gunstelinge.

Grieta is real – sy weet nie hoe om te pretend nie. Sy is eerlik en baie snaaks. Sy verstaan baie meer as waarvoor sy haarself krediet gee. Sy besef glad nie hoe spesiaal sy is nie en presies daar lê haar sjarme.

Hoe speel jy iemand van die zef side? Of is dit nie soos jy haar vertolk nie? Hoe word jy sy, binne haar vel?

Grieta is baie meer real as die meeste mense van die “un-zef” side. Om ’n karakter te vertolk wat nie uit dieselfde agtergrond as jy kom nie, moet jy as akteur eerder stroop van jouself as om aan te las by die karakter – jy sal die essensie heeltemal verloor nog voor jy dit gehad het en op die ou end totaal kompenseer, of dan nou toneel speel in plaas daarvan om te wees. Sy is ’n mens met drome en ambisies en issues soos enige ander, al hou sy van loud oorbelle en al praat sy bietjie plat. Die repetisieproses is so ’n wonderlike fenomeen – as mens kan regkry om van jouself te vergeet, sal die karakter naderhand mooitjies vir jou wys presies wie en wat sy is.

Terwyl ek nou die vrae al klaar op hierdie punt so ingewikkeld gemaak het (maar is alles in hierdie land nie altyd bietjie meer ingewikkeld as waarvoor mens hoop nie?): Dink jy, in alle eerlikheid, dat iemand soos Grieta se grootste droom geleerdheid is? Ek hoor anderdag hulle het ’n meningsopname gedoen onder jeugdiges uit arm gebiede: wat wil jy wees, wat is jou drome? En toe is die antwoord: ek wil ’n politikus wees. Wat maak vir Grieta anders, dink jy, as jy van buite staan en vir die karakter kyk? En van binne: hoe probeer jy haar anders maak?

Grieta se grootste droom is inderdaad om geleerdheid te kry. Sy dink ’n graad sal haar help om bo haar omstandighede uit te styg; dat die vermoë om intellektuele gesprekke te voer, haar sal toelaat om haar eie keuses te maak. Sy wil verander, want sy dink dit sal haar vrymaak. Maar sy is eintlik met die intrapslag al “slim”, op haar eie manier, al besef sy dit nie. Sy is anders, omdat niemand behalwe sy self wil hê sy moet verander nie. Ek probeer haar nie anders maak nie; sy is wie sy is en dit is alles daar in die teks.

Anderdag skryf iemand ’n brief op LitNet oor nuwe Afrikaanse musiek. Voel jy Grieta kry die bywoning wat sy verdien? Waarom moet mense van Grieta notisie neem, dink jy?

Bywoning by die feeste is baie goed. Maar ons onlangse speelvak by Artscape was ongelukkig vir heelwat leër sale. Mense gaan nie meer teater toe soos in die ou dae nie en dit is hartseer. Grieta is ’n vars bries, ’n verrykende triumph of the human spirit-storie wat jou hart warm maak.

Ten slotte: wat is vir jou lekker van Innibos (was jy al daar)?     

Verlede jaar was my eerste keer by Innibos. Dit is ’n heerlike fees. Die organiseerders kyk baie mooi na die kunstenaars en die mense van Nelspruit is vriendelik.


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address  

 

article

National Arts Festival 2014

LitNet

Street parades, a birthday celebration, a dazzling array of international performers from over 40 countries, and over 2800 performances in eleven days all contributed to a record 225 538 attendees at the National Arts Festival in Grahamstown this year.