Langsame musiek

  • 0

Die gebou is gesluit. Die son dring deur die vensters
en verwarm die oppervlakke van die skryftafels
wat sterk genoeg is om die las van die menslike lot te dra.

Ons is buite vandag op die lang wye helling.
Baie mense dra donker klere. Jy kan toe oë in die son staan
en voel hoe jy stadig vorentoe gestoot word.

Ek kom te min na die water toe. Maar nou is ek hier,
tussen groot rotse met rustige rûe.
Rotse wat langsaam rugwaarts uit die golwe gestap het.

 

Deur Tomas Tranströmer uit Klanger och spår, 1966.   Vertaal deur De Waal Venter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top