"Langafstand" deur Nini van der Walt

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek vang jou soos ’n herfsblaar en ek pars jou in my scanner
Ek save jou as ’n jpeg of ‘n animated banner
Ek copy jou van my desktop en ek paste jou op my skoot
Lank lewe die rekenaar want die liefde is morsdood

Refrein:
Wee wee wee dot waar’s jy nou dot sal jy my vashou dot kom tog gou
Wee wee wee dot ek soek jou dot waar’s jy nou dot kom

Ek is te haastig en ek laat jou hang control alt delete
Dit is so lastig en jy maak my bang want jy’s unable to read
Tussen sewe en sewe is jy goedkoper jy word ‘n dokument in Word
Lank lewe die rekenaar want die liefde is morsdood

Refrein

Nul een nul nul een jy’s afterall ’n binary code
Is jy tien of is jy honderd ek moet reset ek’s bedonderd en ek werk nou in safe mode
My komper het gevries ek is warm jy is yskoud
Lank lewe die liefde maar die rekenaar bly my behoud

Refrein

Jou oë is groen jou mond ‘n lemoen so soetsuur as ek jou soen
Maar jou vel is van glas jou hart klop in ‘n kas ek dink ek maak ‘n fout edit undo
My motherboard het geblaas jou file was te groot
Lank lewe die rekenaar want my liefde is morsdood

Refrein:
Wee wee wee dot waar’s jy nou tot die einde van die search van die berge so blou
Wee o wee check my recycle bin
Restore ek jou of soek jy weer ‘n password en pin?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top