Dagsê almal
Die besonderhede van ons laaste Boekpraatjie vir die jaar is soos volg:
Saterdag, 24 November. Met hul laaste Boekpraatjie vanjaar fokus Protea Boekwinkel (Stellenbosch) op wyle JC Kannemeyer se monumentale werk oor JM Coetzee. Hannes van Zyl en Michiel Heyns, wat onderskeidelik as redakteur en vertaler by die biografie “JM Coetzee – ‘n Geskryfde lewe” betrokke was, sal om 11:00 in die winkel oor dié besonderse werk gesels.
Skakel (021) 882 9100 vir meer besonderhede of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za
Dankie vir die ondersteunende blootstelling die afgelope jaar. Mag jul afloop na die nuwe jaar toe rustig en vreugdevol verloop.
Ons hervat ons program weer in Maart 2013.
Met waarderende groete,
Louis Esterhuizen
Bestuurder / Manager

