"Kaapstad" deur Mari Bosman

  • 0

Kaapstad

Is die gras soveel groener?
Is die pyn elders heen?
En vlieg tyd net te vinnig
in die tyd van ons jeug?

En kan 'n seer hart weer klop
soos eerste liefde
of draai als om ons heen?
Draai die wiel soms te stadig
onregverdig?
Ons wil vlug iewers heen

Lugkastele in blou
Ken die hart in my mou
en die trots van my land
Het vir 'n oomblik gekantel
wil alles oppak
Maar die lied in my hart
staan geskryf hier op wit en swart
Op jou pad
My geliefde
Kaapstad

Maak die kou van die klippe
werklik sterk as alles versteen?
Moet jy voel voor jy luister?
Is daar goud in stilte versteek?
Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?
Ons wil vlug iewers heen

Vanuit die stilte
uit die eenvoud van 'n vers
Sing Laurika oor Blouberg
Gooi jou oë op teen 'n berg
Jou wonde met die sonsak onder

Jou wonde met die sonsak onder
My geliefde
Kaapstad

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top