Is Lincoln ontmasker?

  • 5

Hello,

Daar is tendens te bespeur onder ’n Comestor hier, wat soos klokslag poog om aan die lesers hier “onthullings” te bied en volgens die se denke die sogenaamde verborge “waarheid” ontbloot. Heel amusant om dit te lees. Tutu en Mandela is maar slegs van die onlangse voorbeelde. Hoekom hierdie nodigheid om die een te wees wat sogenaamde nuwe bevindinge onthul. Daar is nie altyd ’n behoefte om daarop te reageer nie van my kant af nie, veral in die lig van soveel korrektiewe inligting wat vir die ingeligte leser beskikbaar is.

Maar hoekom die tendens hier om grootliks alles waarmee die Comestor vorendag kom op te slurp, bly ’n raaisel?  

So ook met Lincoln wat nou aan die hand van Thomas DiLorenz se Lincoln Unmasked die grondslag van die nuwe “onthullings” vorm en hier publiseer is. Die aantal boeke wat al oor Lincoln die lig gesien is ongeveer 16 000 boeke en hierdie boek word gekies as die boek wat verteenwoordigend van die man Lincoln is.

Hoe kan dit aanvaarbaar wees?

As ’n beginsel probeer ek weg bly van Wikipedia en waarvoor dit soms staan – halfgebakte – oningeligte menings maar dit is opmerklik dat Wikipedia hierdie oor Thomas DiLorenz reflekteer:

He was formerly an affiliated lecturer of the League of the South Institute, the research arm of the pro-secession League of the South, widely considered to be a white supremicist hate group. When challenged on this association, DiLorenzo has denied any lasting affiliation, noting that he only gave a few lectures there shortly after its founding. The Southern Poverty Law Center considers DiLorenzo one of the most important intellectuals "who form the core of the modern neo-Confederate movement." They believe DiLorenzo's depiction of president Abraham Lincoln paints Lincoln as a "paragon of wickedness, a man secretly intent on destroying states' rights and building a massive federal government."

Bogenoemde is amper lagwekkend aangesien die gevaartekens so duidelik is, met terme soos “white supremacist”, “neo-Confederate movement” en dan is daar die verwagting van ’n Comestor dat DiLorenz in staat is om ’n ewewigtige profiel oor Lincoln te bied.

Die kernargument wat aangevoer word is dat die “ware Lincoln” geen belang gehad in die welstand en bevryding van die slawe nie.

Hoe dan gemaak met stellings soos die uit Lincoln se hand en hoe swaar dit op sy gemoed gerus het:

“I am naturally anti-slavery, if slavery is not wrong, nothing is wrong. I can not remember when I did not so think, and feel. And yet I have never understood that the Presidency conferred upon me an unrestricted right to act officially upon this judgment and feeling.”

Natuurlik sal ’n Comestor onmiddellik gaan vir ’n aanhaling soos die volgende:

Lincoln even mocked the Jeffersonian dictum enshrined in the Declaration of Independence that all men are created equal. He admitted that it had become "a genuine coin in the political currency of our generation," but added, "I am sorry to say that I have never seen two men of whom it is true. But I must admit I never saw the Siamese Twins, and therefore will not dogmatically say that no man ever saw a proof of this sage aphorism"

Maar hoe kan die  die toespraak van Gettysburg vergeet word:

Four score and seven years ago our fathers brought forth on this continent, a new nation, conceived in Liberty, and dedicated to the proposition that all men are created equal … that this nation, under God, shall have a new birth of freedom -- and that government of the people, by the people, for the people, shall not perish from the earth.

Natuurlik het stemreg eers  laat in 1960’s vir die bevryde slawe gekom en moet dit ook ondersoek word.

Weereens is selfs hierdie brief nie genoegsaam om die kompleksiteit van Lincoln to probeer verwoord nie en is ’n ewewigtige studie nog steeds uitstaande as ’n brief hier.

Met 16 000 boeke alreeds gepubliseer oor Lincoln is daar al genoegsame studies wat dit as doelwit het en word die leser versoek om daardie boeke te besoek en haar nie te verlaat op ’n enkele brief van ’n Comestor nie.

Die refrein is nou ook al welbekend wat as repliek aangebied gaan word en daarom word die leser vir nou verwys na ’n bespreking van Lincoln op BBC3 as ’n eerste stap om Lincoln te verstaan

Night Waves - Lincoln 21 Jan 13
Mon, 21 Jan 13

Duration:

45 mins

This Night Waves special is devoted to Abraham Lincoln. As Steven Spielberg's new biopic of Lincoln is released in the UK, the pioneering president remains a towering figure in American life. And yet his legacy is not without controversy. Was he really such a saintly figure? And why should Barack Obama feel such a strong connection with Lincoln? Rana Mitter and guests discuss the man, the politics and the legacy.

En kan hier gevind word.

Daar kan ook na ’n episode van Charlie Rose gekyk word waar daar ’n onderhoud met Tony Kushner gevoer word.

Charlie Rose - Tony Kushner
www.charlierose.com/view/content/12778, Feb 14, 2013  – Tony Kushner discusses writing the Oscar nominated screenplay for Steven ... We are told Karl Marx said

Daar is ook ’n onderhoud met Daniel Day Lewis gevoer, die program ontwyk my nou, maar Day Lewis merk op dat die Lincoln die persoon is wat hy die sterkste gevoel van liefde het uit persone wat hy self nie in persoon ontmoet het nie.

Comestor is nie die man vir Lincoln nie.

Baie dankie

Wouter

  • 5

Kommentaar

  • Hello, 

     
    'n Opdatering om die program waar die Daniel Day Lewis opmerking oor Lincoln gemaak word te bevestig. Dit was in die bekende Amerikaanse Program, 60 Minutes en kan hier gevind word. Die geheue raak maar swak. 
     
    Ook word 'n direkte skakel nou na die BBC3 se spesiale program oor Lincoln geplaas vir die wat nie die potgooi wil gebruik nie. 
     
    Luister na daardie program hier. 


    Net so word die program van Charlie Rose wat 'n onderhoud met Tony Kushner voer, die draaiboekskrywer weer bevestig en kan daar hier na dit gekyk word. 


    Veral amusant is Kushner se namaak van Doris Kearns Goodwin, skrywer van Team of Rivals waarop Lincoln die film gebaseer is. 

    Indien dit nie genoeg Lincoln is nie is daar hierdie ekstra van CBS ook. 

    This week, 60 Minutes Overtime has a special treat for anyone looking forward to Steven Spielberg's new movie, "Lincoln," starring award-winning actor Daniel Day-Lewis.In the above video, you'll hear from the famously reticent Daniel Day-Lewis on his feelings for Lincoln, the man, in the actor's first interview about "Lincoln," the movie. In an interview with Lesley Stahl, Day-Lewis said of Lincoln: "I never, ever felt that depth of love for another human being that I never met."You'll also get a first look at the making of the "Lincoln" movie with details about the historical accuracy of the set, props, and acting from Spielberg himself.

    Dit kan hier opgevang word. 


    Al drie programme asook die ekstra tyd afgestaan bied intelligente onderhoude en profiele en is die moeite werd om te luister en kyk na.

    Geniet dit ...

    Baie Dankie

    Wouter

  • Hello, Dit word aan die ingeligte leser en luisteraar gelaat om na die volgende toneel uit Lincoln te luister en hul afleidings te maak:


    “Things which are equal to the same thing are equal to each other.” That’s? a rule of mathematical reasoning. It’s true because it works. Has done and always will do. In his book, Euclid says this is self evident. You see, their it is even in that 2,000 year old book of mechanical law, it is a self evident truth of things which are equal to the same thing are equal to each other. 


  • Wouter,

    Is dit waar dat daar net soveel wit slawe van Ierland af ingevoer is na VSA as swartes van Afrika?
     
    Nou die aand sien ons op TV die pragtige kerk in New York gebou op slawekerkers met 'n skildery van 'n wit slawedogtertjie op 'n veiling. Hulle was Roomse slawe.
     
    Dit is 'n totaal nuwe perspektief oor die ontsaglike spanning en wreedste oorlog in die  VSA geskiedenis waaraan Lincoiln gekoppel word. 
     
    Politieke korrektheid word skynbaar weer gedien bo die volle waarheid.
     
     
     
  • Hello JorsTroelie

    Volgens wat ek verstaan oor die verhouding tussen Ierland en die VSA is dat die VSA was 'n destinasie vir armoedige Ierse bevolking om hul omstandighede in Ierland te ontvlug. Dit is ook bekend dat die Iere vir vele dekades as 'n mindere groep gesien is en op neergekyk is. 

    Dit is my verstaan daarvan, indien daar 'n betroubare  konteks is waarna jy my en die lesers hier kan verwys dan sal dit sekerlik ondersoek word. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Hello, 

     
    In die dae toe ek nog VH1 gekyk het, was van die plesiere 'n dag soos, all day Prince, waar net die musiek videos van Prince gespeel word, of Kate Bush, of Sting of wie jou gunsteling-kunstenaar wou wees. Dink aan die opgewindenheid van 'n all day Bieber vandag. 
     
    Hierdie is dus 'n all day Lincoln aangesien hierdie onderhoud met Eric Foner vandag oor my tafel gekom het en maklik beskikbaar is vir die wat na dit alles nog steeds meer oor Lincoln wil weet, will ek dit graag plaas. 
     
    Die program is veral waardevol aangesien dit die komplekse realiteit van die politiek aanspreek waaraan Lincoln onderworpe was. Dit bied ook insig in die uitdagings wat vir De Klerk gegeld het indien die twee leiers  vergelykend sou ondersoek word. 
     
    Die stelling beweer mos, 'politics is the art of the possible'. 
     
    Dus vir die wat nog 'n dosis Lincoln kan vat, hier is nog aaangebied deur die 'University of California': 
     
    Eric Foner De Witt Professor of History, Columbia University
    Abraham Lincoln and American Slavery
     
    Conversations host Harry Kreisler welcomes Pulitzer Prize winning historian Eric Foner for a discussion of his book, "The Fiery Trial." The conversation focuses on Lincoln's relationship to slavery over the course of his career. 
     
    As Lincoln moved from local, to state and then national politics, he grew in stature and his understanding of the complexity of the issue matured. The discussion focuses on the key dimensions of his intellectual and political growth including Lincoln's background, his command of language in his speeches and writings, and his remarkable skills as a political leader. 
     
    The discussion concludes with a comparison of Lincoln and President Obama and the political situations they confronted.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top