Protea Bookshop, Rondebosch and the Van Riebeeck Society take great pleasure in inviting you to the public launch of the Society’s 2013 publication, Into the Hitherto Unknown: Ensign Beutler’s Expedition to the Eastern Cape in 1752, edited by Hazel Crampton, Jeff Peires and Carl Vernon.
In 1752 Governor Ryk Tulbagh dispatched a well-equipped expedition to discover who and what lay beyond the eastern frontier of the colony which then was the Great Brak River. This volume (in the original Dutch and, for the first time ever, in English too) contains the meticulously-edited journal of that pioneering overland journey into ‘the hitherto unknown’ lands of what is to-day the Eastern Cape Province. Led by the young Dutch East India Company ensign, August Friedrich Beutler, the expedition reached the Transkei before being forced to turn back after having alienated several Xhosa chieftains. Nevertheless, its richly-detailed account of who and what the party encountered significantly expands our knowledge of that region’s human, animal and botanical life and particularly of its political dynamics.”
Co-editor, Professor Jeff Peires will be here to discuss the book.
Protea Boekwinkel, Rondebosch en die Van Riebeeck-Vereniging nooi u graag uit na die openbare bekendstelling van die Vereniging se 2013 uitgawe, Into the Hitherto Unknown: Ensign Beutler’s Expedition to the Eastern Cape in 1752, onder die redaksie van Hazel Crampton, Jeff Peires en Carl Vernon.
“In 1752 het Goewerneur Ryk Tulbagh ’n goed-toegeruste ekspedisie afgevaardig om ondersoek in te stel na wie en wat buite die Oosterse grens van die kolonie (destyds die Groot Brakrivier) gesetel is. Hierdie volume (in die oorspronklike Nederlands, vergesel met - vir die eerste keer ooit - ’n Engelse vertaling) vervat die noukeurig-geredigeerde joernaal van daardie pionerende landreis ‘Into the Hitherto Unknown’ van die Oos-Kaap. Die ekspedisie, onder leiding van die jong VOC-vaandrig, August Friedrich Beutler, het die Transkei bereik voor dit teruggedwing is, nadat verskeie Xhosa-hoofde aanstoot gegee is. Nietemin bied hierdie gedetaileerde verslag van wie en wat die ekspedisie teëgekom het ’n aansienlike verryking van ons kennis van die fauna, flora en gemeenskappe van daardie streek, en veral die politiese dinamiek van laasgenoemde.”
Mede-redakteur, Professor Jeff Peires, sal hier wees om die boek te bespreek.
Date & Time/Datum & Tyd: Saturday, 7 September, at 11am/Saterdag, 7 September, om 11vm
Venue/Plek: Protea Bookshop/Boekwinkel
Shop/Winkel 29, Rondebosch on Main Centre
51-81 Main Road
Rondebosch
7700
RSVP to capetown@proteaboekhuis.co.za or 021 685 9296
RSVP na capetown@proteaboekhuis.co.za of 021 685 9296.

