Indien 'n kat kon praat

  • 12

Jacques Derrida met sy kat, Logos.

Hello, 

Ek lees hierdie naweek 'n fassinerende opstel oor die katte in ons lewens. Dit is sekerlik geen raaisel dat Jacques Derrida in lewe se kat dan die naam Logos het nie. Nou dat ons weet Jacques Derrida het 'n kat gehad. Ek weet nie of die kat nog lewe nie. Elders het ek verwys na die kat in my lewe, Nikki, en het nuuskierigheid hom wel gedood en was dit altyd 'n raaisel waarheen in die middernag ure hy verdwyn het. 

Die volgende is vreemder as vreemd maar beskryf Jacques Derrida 'n intieme oomblik met Logos soos volg: 

As Jacques Derrida wondered: ‘Say the animal responded?’ If his cat found him naked in the bathroom, staring at his private parts — as discussed in Derrida's 1997 lectureThe Animal That Therefore I Am — who would be more naked: the unclothed human or the never clothed animal? 

Ek het ook al gewonder wat Nikki dink wanneer hy my so sit en kyk het en Michel de Montaigne in sy tyd ook gewonder. Hierdie was 'n man wat altyd aangevoer het hy weet nie, maar sekerlik meer geweet as die gemiddelde persoon in 'n leeftyd sal weet maar kon nooit die kat in sy lewe uitpluis nie: 

'When I play with my cat how do I know that she is not playing with me rather than I with her?’ 

Presies, hierdie is dan sekerlik die 'uncanny' wat Freud in gedagte gehad terwyl hy ure na sy kat gestaar het en meer sukses gehad het met psigoanalise op mense. 

Die mens is 'n oop boek teenoor die misterie van 'n kat. 

Hoe voorspelbaar is die mens nie.

Of dan Ludwig Wittgenstein wat oor 'n groter kat geskryf het in Philosophical Investigations (1953): 

‘If a lion could talk we would not understand him’

Maar die voorlaaste woord gaan aan Charles Baudelaire: 

‘Hold back the talons of your paws/Let me gaze into your beautiful eyes’
‘My hand tingles with the pleasure/Of feeling your electric body’. 

Dit is inderdaad vir 'n kat geskryf, (‘Le Chat’ (1857))

Maar ek wil aflsluit  met die volgende paragraaf komende van die skrywer van die opstel: 

A human lover would be hard put to improve on a normal cat’s response to being stroked. Unselfconscious self-abandonment, unmistakable sounds of appreciation, eyes closing in rapture, exposure of soft underbelly. Did the human hand ever find a higher calling? It feels like communion, a meeting of minds (or bodies), the ultimate in togetherness, perhaps on a par with human conjugal bliss (and simpler).

Dit word aan die leser gelaat om te oordeel hoe die kat in hul lewens hulle laat voel en gee Wislawa Szymborska 'n wenk. (Die eerste en laaste strofe van haar gedig)

 A Cat in an Empty Apartment

Die? One does not do that to a cat.
Because what's a cat to do
in an empty apartment?
Climb the walls.
Caress against the furniture.
It seems that nothing has changed here,
but yet things are different.
Nothing appears to have been relocated,
yet everything has been shuffled about.
The lamp no longer burns in the evenings.

Let him return,
at least make a token appearance.
Then he'll learn
that one shouldn't treat a cat like this.
He will be approached
as though unwillingly,
slowly,
on very offended paws.
With no spontaneous leaps or squeals at first. 

Baie dankie

Wouter

  • 12

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Dankie vir jou, en andere se gedagtes, oor die misterie van die kat. In antieke Egipte is hulle soos gode aanbid, en in die Verre-Ooste hoogs geskat. Tydens die Middeleeue, in Europa, het die Kerk hulle as instrumente van die Duiwel beskou, en duisende katte saam met onskuldige vroue is as hekse verbrand,  op afskuwelike wyse oral op standspleine: 'n afstootlike fees van sadisme en satanisme.

    Tog het hierdie pragtige skepsel alles oorleef om ons lewens te verryk en plesier.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter. 

     
    Ek is so lief vir katte en dan die katte wat in my ouerhuis gebly het en het ons nou al twee 'Nikki's' gehad en was ek vir alle praktiese doeleindes betower deur hulle, veral die laaste een en kon ek ook ure na hom sit en kyk. 'n Fassinerende skepsel inderdaad. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Aanvullend to begenoemde moet daar ook respek betoon word aan die beroemde Mr Mistoffelees, sekerlik die slimste en mees magiese kat ooit en het almal vir die truuk geval dat  Mr Mistoffelees kwansuis net besig was om muise te jag maar hiermee tesame moet die misterie van Schrodinger se kat ook besoek word en is dit 'n onding dat Erwin Schrodinger se naam bekend is maar nie die van die kat nie wat een van die diepste misteries ooit bevestig, die kat is lewend en dood tot en met die laaste oomblik en dan ontbreek die antwoord my. 
     
    Maar die kat het 'n naam indien TS Eliot reg is oor hierdie onderwerp: 
     
    The Naming Of Cats
     
    The Naming of Cats is a difficult matter,
    It isn't just one of your holiday games;
    You may think at first I'm as mad as a hatter
    When I tell you, a cat must have THREE DIFFERENT NAMES.
    First of all, there's the name that the family use daily,
    Such as Peter, Augustus, Alonzo or James,
    Such as Victor or Jonathan, George or Bill Bailey—All of them sensible everyday names.
    There are fancier names if you think they sound sweeter,
    Some for the gentlemen, some for the dames:
    Such as Plato, Admetus, Electra, Demeter—But all of them sensible everyday names.
    But I tell you, a cat needs a name that's particular,
    A name that's peculiar, and more dignified,
    Else how can he keep up his tail perpendicular,
    Or spread out his whiskers, or cherish his pride?
    Of names of this kind, I can give you a quorum,
    Such as Munkustrap, Quaxo, or Coricopat,
    Such as Bombalurina, or else Jellylorum-
    Names that never belong to more than one cat.
    But above and beyond there's still one name left over,
    And that is the name that you never will guess;
    The name that no human research can discover—
    But THE CAT HIMSELF KNOWS, and will never confess.
    When you notice a cat in profound meditation,
    The reason, I tell you, is always the same:
    His mind is engaged in a rapt contemplation
    Of the thought, of the thought, of the thought of his name:
    His ineffable effable
    Effanineffable
    Deep and inscrutable singular Name
     
    En dit is nie Schrodinger nie ...
  • Beste Wouter,

    Hoe hou jy van my stukkie wiskunde?
     
    No cat has eight tails,
    One cat has one tail.
    Adding: one cat has nine tails.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Wouter,

    Ek het so 'n vermoede ek het die wiskundetoets gedruip. Miskien slaag ek die logikatoets.
     
    Geen bont kat is onsosiaal nie.
    Geen kat sonder stert sal met 'n leeu speel nie.
    Katte met snorre is altyd bont.
    Geen sosiale kat het stomp naels nie.
    Alle katte met snorre het sterte.
     
    Daarom: 
     
    Geen kat met stomp naels sal met 'n leeu speel nie. 
     
    (Ek hoop ek slaag hierdie een!)
     
    Groete,
    Angus
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Apart van die cheshire cat van Lewis Carroll in Alice in Wonderland, is die swart kat op die poster (nou 'n ikoon) van Theophile-Alexandre Steinlen  om die eerste cabaret, Le Chat Noir,  in Parys te adverteer, seker die beroemste kat in die Weste.

    Kyk gerus na die foto's van hierdie kat op die internet wat sê:

    Kyk!

    Hier sit ek!

    Is ek nie pragtig nie?

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Ek het 'n kat gehad wat kon praat, maar ongelukkig het hy gehakkel. Hy sien eendag die bure se Boel en begin toe met f..f. f ...  en voor hy toe kon sê "fokkof" toe eet die Boel hom.

  • Hello Angus, 

     
    Ek vat jou woord, wiskunde en logika is nie my sterkpunt nie maar verstaan ek sonder twyfel die versigtheid vir 'n klein kat om 'n groot kat aan te vat, skerp naels of nie ...
     
    Hello Pieter, 
     
    Baie dankie vir daardie verwysing, ek het dit onmiddellik gaan opsoek en jy is reg. Na hierdie aanvaar ek jy is ook 'n groot katliefhebber? 
     
    Hello Reusedwerg, 
     
    Dit is f..f..f tragies man. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Ns, 
     
    Angus het jy al jou skakel van jou brief laat herstel, dit gaan terug na die hoofwerf?

    Ja, die skakel is herstel - Naomi

  • Johann de Lange

    En vergeet nie die wonderbaarlikste kat van almal nie, Schrödinger se kwantumkat. In 'n vers oor my gestorwe eerste kat, Gunar, 'n sjokoladebruin Burmees, is dié strofe: 

     
     Volgens wette van die wetenskap 
     verdwyn jy in geen vergetelgat, 
     maar woon gelyktydig hiér & nié: 
    ‘n opperste kwantumkat. 
  • Dankie Naomi

     
    Hello Johann
     
    Briljant daardie kwatryn ... en dan in dit vir spesiale vermelding, vergetelgat en die kersie op die koek, kwantumkat ...
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Johann de Lange

    Wouter

     
    Dankie vir jou opmerkings. Die 'kwatryn' wat ek aangehaal het, is nie alleenstaande nie maar deel van 'n langer gedig wat ek hieronder aanhaal.
     
    Johann 
     
    Schrödinger se kat
    † Gunar, 1 Junie 2003
     
    In die nanag het ek opgeskrik
    & meteens geweet jy’s dood:
    eindelik met die heelal kiets,
    my katvoet geesgenoot. 
     
    Volgens wette van die wetenskap
    verdwyn jy in geen vergetelgat,
    maar woon gelyktydig hiér & nié:
    ‘n opperste kwantumkat. 
     
    Schrödinger was reg: verseël
    in vergeet-my-nie se kis, 
    oë soos nuutgemunte pennings,
    bly jou uiteinde helend onbeslis. 
     
     
  • Amen vir daardie kruks ... bly jou uiteinde helend onbeslis. 

     
    Hello Johann, 
     
    Baie dankie vir die plasing van die volledige gedig oor Gunar, 'n mooi naam ook, vir jou katvoet geesgenoot. 
     
    Dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top