
hoe helder die son
8:14 daardie môre
Hirosjima lê en wag
die wildehond wat blaf
genadeloos die dae
wat jare lank kan draf
in my kinderdorp
loop iemand nog met my naam
deur leë strate
my skaduwee loop
altyd saam wanneer ek na
die volmaan gaan kyk
my kind ... en hierdie
purper winde wat styf aan
die traliewerk klou
gestrand ... en eggo’s
klim teen die hoë canyon
se rotswande uit
in Januarie
lê ’n droë bruin Kersboom
langs die vullisdrom
neem die gedig uit-
mekaar ... tussen die stukke
probeer die hart vind


