Haikoe-kompetisie: Nog 8 haikoes deur Charl Cilliers

  • 0

 

hoe helder die son
8:14 daardie môre
Hirosjima lê en wag

die wildehond wat blaf
genadeloos die dae
wat jare lank kan draf

in my kinderdorp
loop iemand nog met my naam    
deur leë strate 

my skaduwee loop
altyd saam wanneer ek na     
die volmaan gaan kyk

my kind ... en hierdie
purper winde wat styf aan        
die traliewerk klou

gestrand ... en eggo’s
klim teen die hoë canyon
se rotswande uit

in Januarie
lê ’n droë bruin Kersboom  
langs die vullisdrom

neem die gedig uit-
mekaar ... tussen die stukke      
probeer die hart vind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top