Haikoe-kompetisie: Haikoes deur Carla Kargaard

  • 0

’n Spermsel swem
’n Resies gewen
Die dood word gebore

Die hasie hop
Tot puff pastry hom stop
Die wêreld word pastei

Sit-stil in die tuin
Wat stadig sal gebeur
Ook binne jou

’n Krummeltjie brood
Kom eet uit my hand
En vlieg vinnig weer weg

Meel, water, bakpoeier
’n chemiese ontploffing
manna reën neer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top