
haikoe 1
onderdeur die boom
koer ’n tortel mis gelyk
my bles dra sy merk
haikoe 2
oë in kaggel
roep intense verlange
wanneer verskyn jy?
haikoe 3
protea en tulp
in die middel lê harte
soos in ’n wit skulp
haikoe 4
drie-en-negentig
grys winters agter die rug
steeds gloei die oë
haikoe 5
lank het ek gewag
onder by die rivierloop
jy het nooit gekom
haikoe 6
só erg dronk gaan slaap
skrik wakker só babelas
in ’n vreemde huis
haikoe 7
as Hesperus groet
verlang ek na my Elim
hoog in die hemel
haikoe 8
ek rosyntjietoon
bly verlief op my kontrei
ná die somerpars
haikoe 9
sekretarisvoël
statig op jou lang dun been
slange se moses
haikoe 10
kanariebyter
waarom moes jy laksman speel
in my voëltjiehok?


