Haikoe-kompetisie: 13 Haikoes deur Francois Verster

  • 0

Haikoe 1

uit die hemel neer
sproei genade van Jesus.
die saadjies antwoord.

 

Haikoe 2

Duiwelspiek eggo
die vlakte buk laag
nog ’n hond sterf van honger
 


Haikoe 3

leegtes word gevul
 met niks waarneembaar nie
’n Herfsblaar lê vertrap.

Haikoe 4

 ons vra tog verniet
 alle stemme verdwerg
 kapok bedek als

 

Haikoe 5

jou asem skroei my
my vel raak broos en bruin
twee klippies lê knus

Haikoe 6

blare blink sneeuwit
fluister sag en buig bewend
oor sagte vloere

 

Haikoe 7

bossies vasgeskop
vas teen hakiesdraadgebit
die vlaktes word naak



Haikoe 8

son spoel goud oor kroon
lig sypel stadig af, af
duiwe groet mekaar



Haikoe 9

die lug streel sag
oor wang en vingerpunt,
ligvoets trippel blare af

 

Haikoe 10

dennetakke steek
gate in die grou
houtskoolstrepe teen die blou
 


Haikoe 11

iewers klink ’n kar
se grom uit bo die gebrom
die stad wil nou dut

 

Haikoe 12

ou pêreltjie blink
in heelal oneindig ver
Janus draai wéér om

 
Haikoe 13

enig ontspring jy
uit die holte van een Hand
tollend kurwend wég

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top