Fotoblad: Die geheim van Slangfontein word bekendgestel

  • 0


Die geheim van Slangfontein is ’n musiek-fliek met Rian Malan en die Radio Kalahari Orkes.  Die DVD is verlede week by die Daddy Long Legs Hotel in Kaapstad bekendgestel.

Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari om hom oor te gee aan die stilte, maar hy word onverhoeds bekendgestel aan Radio Kalahari met RKO agter die mikrofoon – ’n radiostasie wat hom laat soek na geheim van Slangfontein.

In episode 2 vertrek Rian en RKO na Oppikoppi 2010 vir hulle optrede daar, onder andere met gaskunstenaar Jack Parow.  Ander bekendes soos Valiant Swart en Chris Chameleon is ook te sien.

Naas die film bevat die DVD ook 6 bonus-musiekvideos.

Tune in.

Rian Malan stel die DVD aan die uitgelese gehoor voor.
Vasgenael
Albert du Plessis van Rhythm Records, Rian Malan en Lloyd Ross, regisseur van die film.
Riku Lätti wens die span geluk.
Stilgrepe uit die film Die geheim van Slangfontein
’n Intieme oomblik tussen die wat reeds gesterf het
"Hallo baybee, voor ek jou oopmond soen, sê vir my, kan jy braaibroodjies maak?"
"Ja, pomp hom jong! Nou gaan jy lekker spiere opbou!" Wynand stook die ketel vir mampoer
"Kyk hoe stuig die vlamme, hoe warm brand die vuur – my hart klop stukkend bokkie, hoeveel moet ’n man verduur."
"Staan by my, my bra" – Rian Malan, Chris Chameleon, en Ian Roberts kombineer hul stemme
Die lede van die Radio Kalahari Orkes besig met ’n lewendige uitsending
Die mat wat Melanie gehekel het in "Die Slag van Niemandsville"
Rian, "Rooi Jan", Malan op soek na die misterieuse Slangfontein
Rian Malan besef dat die klanke van die RKO die binneboer in hom wakker maak.
Tydens ’n konsert by Oppikoppi verskyn Jack Parow op die verhoog tydens "Blaas jou vuvuzela".
Valiant Swart tree via telefoon saam met die RKO op en sing "Jolie Marie".

Die Geheim Van Slangfontein-lokprent
Wen!
Stuur jou naam en posadres aan wen@litnet.co.za en staan ’n kans om Die geheim van Slangfontein se DVD te wen! Gebruik die woord SLANGFONTEIN in die titel.

Foto's: Alwyn van Zyl

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top