Duskant valentynsdag

  • 0

Valentynsdag is nie een van my gunsteling Amerikaanse vakansiedae nie. Die feit dat hierdie hart-oor-verstand gekommersialiseerde dag 6 weke die nuwe jaar-in val, herinner my aan my gebrek aan ‘n nuwejaarsbesluit met betrekking tot diegene wat ek liefhet en om my verbintenis tot die kweek van goedheid van hart, te hernu.
Hierdie besluit behels gewoonlik die opening van mens se hart en verstand, leer om te luister, oefen om te vergewe en om selfs diegene wat nie veel van mens hou nie, en andersom, lief te hê, en dit te aanvaar met seën van buite hierdie wêreld, eerder as om teen dit te veg of daarvan te probeer ontsnap.

Sommige sê dat ons hier in hierdie wêreld is om te leer en te ontwikkel en te groei. Voorrang in die trappies van die lewe se lesse, is sekerlik hoe om lief te hê en om goed lief te hê en sommernet-liefde, asook om te gee en te ontvang. Daarom dat Hy glo liefde is die middelpunt van geluk, groei en vervulling.

Hoe sou mens maak om lief te hê? Deur elke ander wese soos homself te sien, en dus daarna in staat te wees om mense te hanteer in liefde en op dié manier, waarop hy behandel wil word? Oneindig welwillende, onselfsugtige liefde. Dit wakker onse hart op, en gee ‘n gees van verligting.

Passie word deernis wanneer dit my op die pad bring van die besef dat elke oomblik in die lewe 'n moontlikheid van sielsontwaking inhou. Menslike liefde en seksuele volvoering kan soos die punt van die ysberg van goddelike liefde, 'n ekstatiese aanduiding van die ewigheid, 'n portaal na die oneindige dieptes van grondeloosheid en grensloosheid wees. Wat ons na buite onsself vervoer.... of wensdroom ek?

Mense sê en skryf dikwels hoe hulle ‘n sielsgenoot gevind het, of selfs wat die resep daarvoor is. Ek dink dat die soeke na die perfekte maat in hierdie wêreld by niemand anders as onsself begin nie, en oor die algemeen, almal beter sou doen deur aan die verbetering en ontwikkeling van hulself te werk. Maak van jouself die "perfekte" maat, sonder om “perfek” te gebruik, en jy sal 'n goeie maat wees. Wanneer jou hart suiwer is, is jou lewe en jou hele wêreld suiwer.

Ons almal voel die begeerte om te besit en besit te word, om lief te hê en liefgehê te word, aan te sluit en omhels te word en om te behoort. Ek dink egter dat die belangrikste ding om saam te geniet, is die sagtheid van 'n goeie hart. Ons wêreld word ‘n beter plek wanneer ons verhoudings groei deur die ontwikkeling van die goedheid van die hart, openheid, vrygewigheid, egtheid en 'n intieme koestering. Balans.

Om mense werklik lief te hê, het ek geleer dat ek hulle moet aanvaar en waardeer soos hulle is en nie hoe ek wil hê hulle moet wees nie. Dit is wanneer ek hierdie beginsel vergeet, dat kopseer en drama insluip. Dit is ewe waar van die liefde en die aanvaarding van myself.

Hennie Fritz

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top