Fiksie-kompetisies | Fiction Competitions

 
Draak-sprokie-kompetisie: Della Drakie gaan skool toe

Della die Drakie sit voor hul grothuis en hou die kinders dop wat na die skool in Kammahoek stap. Laaste kom Ollietjie en Kalla Krokkie verby. Kalla hou nie van Della nie. Hy is altyd snaaks met haar.

“Hallo ou Domkop, Vettie!” skree hy vir haar.

“Mams, die kinders dink ek is dom en vet en vreeslik groot,” huil Della.

“Toemaar,” troos Della se ma, “jy het mos ’n mooi hartjie.”

“Maar Mams, ek wil ook skool toe gaan,” vra Della hoopvol.

“Della, jy weet mos jy is te groot vir die klein skoolbankies. Ek sal weer met juffrou Jakkals gaan praat. Dalk kan ons ’n plan maak,” beloof haar ma.

Della is so opgewonde sy gaan sit agter ’n digte bos by die skool en luister hoe die kinders in die koor sing. Sy verkyk haar aan die mooi klas.

Die skool is in ’n pragtige woud geleë. Die son se strale skyn deur die digte bome. 
Juffrou Jakkals staan voor die groot skryfbord. Die kinders sit almal by klein houtbankies. Rondom hulle is kleurvolle prente. 

Die volgende oggend gaan praat hulle met juffrou Jakkals. “Mevrou, ek sal dat Ollietjie se pa ’n groot boomstomp nader sleep,” beloof sy. 

Toe Kalla hoor dat Della ook skool toe wil gaan, is hy baie kwaad. Hy sal ’n plan maak om haar daar weg te hou.

Hy  roep hy vir Ollietjie. “Jy moet my gou kom help, ons gaan ’n groot gat grawe, dan sit ons riete oor en maak dit toe met gras,” fluister hy.

Die volgende oggend laat Kalla en Ollietjie die kinders met ’n ander paadjie skool toe stap.

Toe die vrolike Della aankom, stap sy oor die groot gat wat Kalla Krokkie versteek het onder die riete en gras. Skielik swik haar pote en sy val tot onder in die gat.

“Kom help,” roep Della, “ek het my poot vreeslik seergemaak!”

Niemand hoor haar nie.

Juffrou Jakkals lees die kinders se name op die lys. “Nou waar is Della die Drakie dan vanoggend?” vra juffrou Jakkals kwaai. “Sy wou dan so graag skool toe kom.”

Della se maatjie, Kammie Kameelperd, steek haar poot op. “Juffrou, ek het gesien dat Della vanoggend skool toe gestap het,” bevestig sy.

Juffrou Jakkals is nou baie bekommerd. Hoe kan iemand sommer net so verdwyn in Kammahoek?

Ollietjie voel ellendig. Hy weet hy gaan ’n pak slae kry. Hy steek sy poot op en fluister: “Juffrou, dit was Kalla wat haar in ’n diep gat laat inval het.”

Kalla is sommer baie kwaad. “Ek het dit nie gedoen nie, Juffrou,” jok hy.

Juffrou Jakkals gaan haal hulle om vir haar te gaan wys waar die gat is. Hulle neem ’n tou en help vir Della om uit te klim. Haar poot is baie dik geswel. 

“Toemaar, Della, hulle gaan ’n goeie pak slae kry,” troos juffrou Jakkals.

Kalla het vir Della om verskoning gevra.

Della was bly toe juffrou Jakkals haar ook kies om in die koor te sing.


>>> Skryf in vir die kompetisie. Klik hier vir nog inligting.




 

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address