vir Ralph
Jou laaste songs het somber ondertone
van ’n finale kleedrepetisie:
in “Die ander kant” sing jy in sober swart
al weerloser voor jou demone
in ’n naamlose bos, in & uit
fokus met oë wat pleit, weerloos groot.
Sommiges onder ons weet
vroeg reeds van ons dood.
Jy het jou aan ’n wattelboom
vasgemaak, van alles losgemaak;
& jy het jou woorde geword,
’n naam op ’n dossier. Maar hier
het die bos van die verbeelding
op die middag botstil geraak.


Kommentaar
Fantasties
Mhicky
Rillend ? Hoendervleis mooi
Spraakloos
Welgedaan.
Hierdie oorsteek van die laaste rivier staan vir my enig, sonderling, oneindig hartseer.