Is dit nie die toppunt van ironie dat die topklasvoertuie, bedoelende Porsche, Ferrari, Maserati ens gebou word vir diegene wat glad nie die goed tot hul reg kan laat kom nie? Vir een omdat ons spoedgrense en sg wette dit nie toelaat nie en dan ook: Die omies wat die goed ry cruise teen 60 km/u op openbare paaie, sonder dak en altoos sonder die toupé. En tog is daar niks op hierdie aarde wat 'n bles so goed wegsteek soos 'n afslaankap nie.
Die vraag egter wat mens jouself afvra en dit is 'n aanklag teen die spul mal moere wat ons wette maak: Waarom de fok is dit wettig om 'n voertuig of vaartuig (want op die water is daar klaarblyklik oor spoedgrense) te lisensieer wat teen 300 km/u kan ry? As jy so 'n voertuig lisensieer dan is jy in wese presies net so aandadig as wetskrywer of toepasser vir alle praktiese doeleindes, as daardie persoon wat iewers in die Karoo betrap word dat hy, sê maar, 290 km/u gery het, dan nie?
As die wetskrywers werklik eerlik was sou alle voertuie wat vinniger as 120 km/u kan beweeg onwettig gewees het. Die vraag is nie of spoed doodmaak nie. Die vraag is waarom, as spoed doodmaak, die regime self meedoen hieraan?
As 'n spoedvraat vra ek die vraag, nie as 'n nugterdenkende ou omie wat tevrede is om 30 km/u op openbare paaie aan te kruie nie.
oester


Kommentaar
Dit is 'n goeie vraag of dit in elk geval in die eerste plek spoed is wat doodmaak. Moderne motors is gemaak om teen hoë spoed te kan funksioneer, en op Duitsland se Autobahns is daar geen spoedgrens nie, sonder veel dodelike gevolge.
Ek hou van spoed.