Rut en Chemosh

  • 10

Môre is vrouedag. Dit laat my onwillekeurig terugdink aan dié vroue wat ‘n verskil in my lewe gemaak het. Rut is een van hulle.

My gisters hoef nie dieselfde te wees dan my môres nie. In die lewe is dit nie belangrik waar en hoe ek begin het, maar hoe en waar ek eindig. Dis egter makliker gesê as gedaan. Baie van ons se verlede hou gebrokenheid, teleurstellings en wonde in agv trauma en tragedies op ons lewenspad beleef. Sommige leef ‘n lewe vanuit diep seer teen die agtergrond van vasgeloopte omstandighede.

Rut is ‘n goeie voorbeeld van ‘n vrou wat voor talle keuses te staan kom en genadiglik die regte besluite neem. As ‘n Moabiet het sy aan ‘n nasie behoort wat ‘n valse god naamlik ‘Chemosh’ aanbid het. Kinders was geoffer aan Chemosh, die lewe en familie van Rut gesien as onbelangrik en word sy groot tussen ‘n goddelose gemeenskap van uiterste menslike gedrag. Die ander gemeenskappe het Moab gesien as ‘n  ‘vloek’ (perverse plek) vanuit Sodom en Gomorra, want daar was geen gedans, vrolikheid, vrede of vreugde in Moab se strate gevind.

Chemosh het bitterheid en teleurstellings ingehou vir Rut. Geen toekoms. ‘n Neerdrukkende atmosfeer heers en leef sy voortdurend onder die skadu van die dood. Hierdie agtergrond en kultuur asook omstandighede moes ‘n groot inpak op Rut se emosionele asook fisiese toestand gehad het.

Rut maak egter ‘n keuse wat haar gister in die graf plaas en haar môre’s in die baarmoeder. Want dit waarmee ons intiem omgaan sal geboorte skenk aan ons toekoms. Sy neem ‘n besluit om in haar omstandighede na die God van Israel te draai, na El Shaddai, die God wat meer as genoeg is. En Rut beland op die regte tyd op die regte plek.

Mense mag ons bind en herinner aan ons verlede, maar God sal nooit. Inteendeel verklaar Filippense 3:14  “... ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”

Om ‘n nuwe rigting in te slaan is om jou rug op Chemosh te draai. God sê nie altyd dat Hy jou uit jou omstandighede gaan neem nie, maar Hy sal vir jou ‘n nuwe posisie gee. ‘n Nuwe visie. Nuwe perspektief in jou situasies.

Die verhaal van God se wandel met die wêreld is ‘n verhaal van liefde ongekend. Liefde sonder veroordeling. Die verhaal van genade. Wanneer ons in ‘n hoek vasgeverf voel deur al ons seer, moet ons God nie sien as iemand wat op ons neerkyk, ons moet Hom eerder ontdek as ons Losser vanuit enige situasie. Wat ons hartsgesindheid wil verander, ons wil beskerm en net goed aan ons wil doen.

Dis ‘n groot leuen om te dink dat God vreeslike dinge in ons lewe veroorsaak of toelaat. Sommige meen Hy kweek ons karakter en geloof deur straf toe te doen. Dis ‘n infame leuen uit die hel!

Geloof werk deur liefde. Geloof word gewek, geïnspireer en gekweek in die atmosfeer van liefde. Die Here se omgee sonder veroordeling. God wat Sy Seun mens laat word het om ons ‘n nuwe identiteit te gee. (2 Kor 5:21)

Kritiek en harde woorde vorm nie karakter nie, verander nie lewens nie, maar liefde wel. Die mens is geskape vir ‘n liefdesverhouding met die Here. So breek nuwe lewe deur. En niemand anders sal my, Trienie Mahne, van enigiets anders oortuig dan hierdie waarheid. Want Sy erbarming is soos ‘n warm kleed van koestering en vrede.

Geen mens of kritici kan God se besluite oor jou verander nie. Jy bly uniek vir Hom. Kom vry van opinie van ander mense of hul veroordeling.

Soos Rut het jy die put geken, nou is dit tyd vir die paleis.

Trienie Mahne

  • 10

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Trienie Mahne,  

    Ek het geheel ooreenstemming met elke woord wat jy hierin deel.  

    Maar hoe kan jy in die een asem tot trane gedryf word in jou geesvervulling waar ander se harte verkrag word, en dan in die volgende asem die volgende blaas: "Kritiek en harde woorde vorm nie karakter nie, verander nie lewens nie, maar liefde wel. Die mens is geskape vir ‘n liefdesverhouding met die Here. So breek nuwe lewe deur. En niemand anders sal my, Trienie Mahne, van enigiets anders oortuig dan hierdie waarheid. Want Sy erbarming is soos ‘n warm kleed van koestering en vrede."  

    Ten koste van myself en in teenstelling met jou "liewe Trienie persoonlikheids veldtog", om harte in JOU guns te win, deel ek die volgende "kritiek en harde woorde" deur Jesus Christus onse HERE - so van toepassing op die werf se farisese en fundamentele Bybelaanbidders, en al hul kruipers wat met soveel behae ander se harte in God se diens verkrag:

    Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot ... Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self. Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig? En: Elkeen wat sweer by die altaar--dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig? ...  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? ... Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

    HARDE woorde; sal ons dit maar uit die Bybel verwyder net omdat dit so van toepassing op jul "ware gelowiges" en fundamentele en farisese Bybelaanbidders, hier in die openbaar is?  

    Nee wat Trienie Mahne, verhef jou bokant enige gepaste kritiek en harde woorde as jy wil, maar jy kan nie jouself tot trane verbly in allerlei "nuanses" waar ander se harte (spiritualiteit) vertrap word, en dan weer soveel liefde ter wille van jouself onder 'n dekmantel van die Evangelie dweep nie.  

    Wen jou veldtog vir die "liewe Trienie Mahne" as jy wil, maar dink ook aan die Evangelie wat jy daarin onderhewig maak en ander se harte wat jy in jou farisese meewaardigheid vertrap.  

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

     

  • Chris Dippenaar

    Hello Trienie

    Met die lees van Rut is dit goed om in die agterkop te hou dat dit die probleme aanspreek waarmee die terugkerende Jode uit Babilonië mee moes worstel. In 'n groot mate is die boek van Rut 'n antwoord op, onder andere die uitsprake van Ezra, wat versoening tussen díe wat in ballingskap was en díe wat agter gebly het.

    Die verhaal van Rut is natuurlik fiksie wat geplaas word in die tydperk van die rigters om gesag te verleen aan die woorde van die skrywer.

    Ek noem dit vir interessantheid, nie om jou brief te ondermyn nie.

    Chris

  • CorneliusHenn

    "Fiksie"? ...  Chris Dippenaar? ...  het die gepaste woordjie "midrash", nou meteens glans verloor? ...

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy bly maar een van die onnooslikstes hier op LitNet. Fiksie, ja, tensy jy natuurlik kan wys uit watter gedeelte van die OT die verhaal van Rut gebaseer is.

  • Trienie

    Alhoewel ek nooit aan enige god sal glo nie, huldig ek die hoogste agting hoe jy jou persoonlike geloof uiter, en die uitleef daarvan.

    Ek reken Neelsie moet 'n embarrasment vir sy kerk wees indien hulle sou gewaar hoe hy jou walglik aanspreek, beide as vrou en as mede Christen. 

    'n Ander vrou in die Bybel wat altyd vir my 'n heldin sal bly, is Ester. 'n Vrou wat braaf genoeg was om die koning te konfronteer ten behoewe van haar volk, wat sy in die daaropvolgende proses gered het, en wat tot die instelling van die Huttefees gelei het; tot vandag toe deur Jode gevier.

    Jaco Fourie

  • Hello, 

     
    Jaco ek is in akkoord met jou en het ek vanoggend aan haar gedink as 'n persoon waaroor geskryf kan word in a 'companion piece'. Ester is ook 'n vrou wat my bybly van my kinderdae en Hamman (hoop dit is reg gespel) se welverdiende uiteinde. Reg en geregtigheid wat seëvier. 
     
    Trienie, nie te bekommer nie, die manier hoe Cornelius almal se briewe hier vervuil is soos verwag kan word. Cornelius merk ek op is desperaat om 'n reaksie te uit te lok is daar geen perke aan hoe mislik sy skrywes is nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Trienie et al, 

     
    In die volgende word die volgende aanvullende notas geplaas en word Harold Bloom gevolg en is Harold Bloom aan die woord en word die bron aan die einde van die kommentaar bevestig.
     
    Ruth The brief, perfect book of Ruth may be the most beautiful work in all the Hebrew Bible, and it maintains that high place in the KJB. Its poetic heirs include John Keats in his “Ode to a Nightingale” and Victor Hugo in a poem of equal splendor, “Boaz Asleep.” 
     
    A kind of narrative poem in prose, rather than a short story, Ruth memorializes much that is humane in Judaic tradition, and retains its normative vitality even today.
     
    Whoever composed Ruth, he or she probably lived no later than about 700 B.C.E., and this pastoral idyll may be even older, contemporary with the Yahwist of 950 B.C.E. or so. 
     
    So direct and integral is the book of Ruth that we could believe its admirable heroine is contemporary with us. 
     
    Herbert Marks, as always the Bible’s best literary critic, accurately praises the art of Ruth’s design in his Norton edition of the English Bible: 
     
    Begin van die Marks aanhaling deur Harold Bloom: 
     
    'From a formal perspective, the plot is the most skillfully balanced in the Hebrew Bible. The four chapters are organized about four main scenes, alternately private and public: the road back to Bethlehem, where Ruth makes her crucial decision to follow Naomi; Boaz’s field, where she meets her future “redeemer”; the threshing floor at night, where she wins his love; and the city gate, where he secures public endorsement for the marriage. 
     
    Each scene is flanked (or in chapter four followed) by two shorter episodes, which prepare the main action and comment on it. Following the austere account of migration and widowhood in the first five verses, the plot moves with seeming inerrancy toward the providential union, running a gamut of impediments which heighten the dramatic interest: the threat that Ruth will yield to Naomi’s logic and remain in Moab; the revelation that there is a kinsman with a claim prior to Boaz’s; and the suspense as the kinsman momentarily chooses to exercise his right of redemption. Superimposed on this progressive movement from “emptiness” (1:21) to “restoration” (4:15) is a second chiastic or concentric pattern, which balances the ten generations born in Israel (4:18–22) against the ten years of barrenness in Moab (1:4), the elders’ public blessing (4:11–12) against Naomi’s public plaint (1:20–21), the kinsman’s decision to preserve his estate (4:6) against Orpah’s preference for the security of home (1:14), and Naomi’s service in providing a husband for Ruth (chap. 3) against Ruth’s selflessness in providing for Naomi (chap. 2). 
     
    Harold Bloom weer aan die woord: 
     
    Marks catches also the fundamental theme of Jewish redemption through migration. 
     
    The injunction “get thee out of”—Abram from Ur of the Chaldees, Moses from Egypt into the Land of the Promise—is acted out again by Ruth and Naomi, returning from Moab to Israel. 
     
    Marks calls their trek “a journey back to everything one has had to renounce,” with the benign patriarch Boaz representing the “second chance” that Yahweh implicitly permits to the steadfast. 
     
    More even than most biblical books, Ruth employs proper names to convey character. 
     
    The name Ruth means a “friend,” a refreshment of life; while Naomi means “sweet,” a meaning that is momentarily put aside when in her sorrow she calls herself Mara, “bitterness.” 
     
    Boaz can be interpreted as “strength” in the particular sense of “shrewdness.” 
     
    The covenant love that springs up between Ruth and Boaz moves us with no ambiguities or anxieties, yet it is matched by the love between Naomi and Ruth, really mother and daughter rather than in-law relations: 
     
    16 And Ruth said, Intreat me not to leave thee, or to return from following after thee: for whither thou goest, I will go; and where thou lodgest, I will lodge: thy people shall be my people, and thy God my God: 17 Where thou diest, will I die, and there will I be buried: the Lord do so to me, and more also, if ought but death part thee and me. [1:16–17] 
     
    This love that binds is hesed, loyalty to Covenant, and the fable of Ruth is a paean to the women of Covenant: Rachel, Leah, the remarkable Tamar, and here Naomi and Ruth, who through her marriage to Boaz will bear Obed, grandfather of King David. 
     
    Ruth’s seduction (to call it that) of the willing Boaz repeats in a finer tone Tamar’s shrewdly deceiving seduction of the unwary Judah. As the ancestress of Boaz, Tamar thus also establishes what will be the line of David and Solomon. 
     
    Though absorbed into Tanakh, the book of Ruth remarkably varies and indeed opens up this concept of hesed, since the convert Ruth is a Moabite even as Solomon will be the son of a Hittite woman, Bathsheba. Tamar appears to have been a Canaanite, like Judah’s wife before her, and so David is of Canaanite and Moabite lineage as well as Hebrew. 
     
    Many scholars want to date the book of Ruth as late as the fifth century B.C.E., after the return from Babylonian exile, since the campaign for ethnic purity in Ezra and Nehemiah therefore would be confuted. I find myself reluctant to leave Ruth, one of my favorite books in the Bible. 
     
    Keats’s tribute in his “Ode to a Nightingale” will be already familiar to most of my readers. I quote instead from a marvelous translation of Victor Hugo’s “Boaz Asleep” from the titanic The Legend of the Ages. Boaz is clearly the grand Victor Hugo himself, ageless seducer of regiments of women: 
     
    Begin van die gedig:
     
    While he was sleeping, Ruth, a Moabite, Came to his feet and, with her breast bared, lay Hoping for some unknown uncertain ray When, suddenly, they would waken into light. Though she was near, Boaz was unaware; And what God planned for her, Ruth couldn’t tell. Cool fragrance rose from the tufts of asphodel, And over Galgala, night stirred the air. The shade was a deep, nuptial, solemn thing; Angels were flying dimly there, no doubt; Here and there, in the night, could be made out Some blueness that appeared to be a wing. Boaz’s breathing mingled in his rest With muffled streams running through mossy ways. These things occurred in Nature’s gentlest days, And every hill had lilies on its crest. The grass was dark; he slept, and she could think; Some flock-bells tinkled now and then by chance; Abundant blessings fell from the expanse. It was the peaceful hour when lions drink. All slumbered in Jerimadeth and Ur; The stars enameled the deep, somber sky; Westward a slender crescent shone close by Those flowers of night, and Ruth, without a stir, Wondered—with parting eyelids half revealed Beneath her veils—what stray god, as he cropped The timeless summer, had so idly dropped That golden sickle in the starry field. 
     
    [Translated by E. H. and A. M. Blackmore]
     
     ==========
    The Shadow of a Great Rock: A Literary Appreciation of the King James Bible (Harold Bloom) - Kindle Location. 1332-91  | Added on Friday, August 09, 2013, 13:41 PM
    ==========
  • Hello Trienie et al, 

     
    Hiermee 'n kort 'companion piece' wat Ester aanspreek en is dit weereens Harold Bloom wat gevolg word. 
     
    Vir die lesers wat dalk wonder wat is die rede vir hierdie besprekings vanaf Harold Bloom deur my geplaas. 
     
    Dan is die antwoord soos volg, dit is omrede ek van die veronderstelling is dat die deskundige kritikus veel meer sal sien in 'n teks as wat ek as 'n leek kan sien, daarom het ek 'n groot liefde vir sulke ontledings en kommentaar en stimuleer dit denke:
     
     ==========
    The Shadow of a Great Rock: A Literary Appreciation of the King James Bible (Harold Bloom) - Kindle Locations. 1392-1418  | Added on Friday, August 09, 2013, 03:11 PM
    ==========
     
    Esther 
    Most enlightened Bible readers do not much like the book of Esther, as it is a rather savage performance. It also is scarcely religious, historically absurd, and rarely acceptable to Christians. But it goes with the joyous festival of Purim and is an admirably wrought story. 
     
    I have a particular fondness for Esther because Martin Luther loathed the book, which indeed is never mentioned in the New Testament. Esther was written when Daniel 1–6 was composed, the fourth century before the Common Era, and it reflects the Maccabean revolution against the Syrian-Hellenes (2 Maccabees 15:36). 
     
    Herbert Marks suggestively terms Esther the inaugural text of Diaspora Judaism, since Purim seems to have begun as a celebration among those who chose to stay in Babylon. 
     
    There is a brazen flamboyance in the story of Esther, conveyed by an energetic, somewhat roistering narrative style. 
     
    Purim in its origins was refreshingly pagan, and Esther’s tale is splendidly secular. It is grimly funny in places and presumably was written for the Jews at ease in Babylon, not for those of the return to Zion.
     
    As with Judith in her book, Esther exudes a sexual power that cannot be resisted. 
     
    The narrative drive of her book depends upon her erotic magnetism. The enjoyment of Esther involves yielding to the story’s extravagance, its self-indulgence in mingling together blood, wine, sex, danger, ironic humor—all ingredients of the grotesque. 
     
    Both the Persian emperor and Queen Esther host absurdly overflowing banquets, and the arch-villain Haman is a melodramatic bogeyman who admirably suits a context of excess. 
     
    More even than Daniel or Jonah, Esther is an odd work to discover in the canonical Bible. 
     
    Whoever wrote Esther affected a matter-of-fact style, as if to establish the veracity of this fantastic tale.
     
    Mordecai the Jew adopts as his daughter the beautiful Esther, his orphaned cousin. 
     
    The Persian king, having deposed Vashti, his queen, for refusing to appear naked to his guests, replaces her with Esther. 
     
    Haman, the king’s vizier, is refused homage by Mordecai. As retribution, Haman resolves that Mordecai and all the Persian Jews are to be slain. 
     
    Earlier, Mordecai had saved the king from a plot against his life, but the king seems to have forgotten this extraordinary service. But then he recalls it, commands Haman to honor Mordecai, and then learns from Esther that her people, Mordecai included, were to be slaughtered at Haman’s command. 
     
    A slaughter follows of Haman and his people. 
     
    Purim is decreed, and all concludes joyously. 
     
    The tone is rambunctious even if the stance is rather bloody-minded. 
     
    It would be a literary mistake to take this heavily. The Arabian Nights is a clear analogue of this gaudy Jewish folklore. 
     
    Haman is a melodramatic villain, but not an embodiment of the wicked Gentile, and Purim is almost a Feast of Fools, joyous and irresponsible, not exactly another Passover, being quite close to pagan festivals. 
     
    What matters most about the book of Esther is the heroine herself, who transcends Mordecai in her bold epiphany, based only upon the power of her beauty, self-assurance, and sexual allure. 
     
    There is no withstanding her, an impression strengthened by the enigma of her personality, concerning which the narrator tells us almost nothing. 
     
    At the story’s close, the greatness of Mordecai is proclaimed and Esther goes unmentioned, but that scarcely matters, since it always has remained her book and not his.
    ==========
  • CorneliusHenn

     

    Die letterkundige skoonheid van die boek Rut, word algemeen erken.

    In die hande van die geveinsdes en hul kruipers, word enigiets egter bevuil - soos duidelik hierbo bewys.

    Trienie Mahne is nie iemand wat bekend is vir haar beginseltrou aan die Evangelie; eerder berug vir haar "liewe Trienie veldtog" waarin sy gedurig ter wille van haarself, guns probeer wen as 'n "ware Christengelowige".

    Vandaar ook my eerste kommentaar aan haar hierbo.

    Ek is voorts van mening dat Trienie Mahne (nes Kobus de Klerk in hul erge gebrek aan konsekwent te wees), ook helaas heel in haar skik is met die eer wat sy daarvoor uit die geledere van Jaco Fourie, Wouter Ferns, en Chris Dippenaar, ontvang.  

    Dolf van Loggerenberg, het gewoon nie die moed om sy eie briewe te skryf nie, anders kon hy ook verseker ook deel van die ALMAL hier op LitNet wees wie se briewe kamstig so deur my "bevuil" word. Nietemin, ek "bevuil" Dolf se kommentare sekerlik genoeg onder aan my eie bydraes, om hom ook minstens as 'n geagte lid aan die ALMAL te ag. 

    Hierdie sogenaamde ALMAL op LitNet (wat na dese sekerlik ook George elders insluit), is eintlik net diegene wat na my mening ander se harte (spiritualiteit), minag.  

    Hierdie fundamentele gelowiges en ongelowiges, kan hulself maar in hul ou bendetjie genaamd ALMAL lek en troos nes hulle wil.

    Ek sal voortgaan om die sogenaamde ALMAL se waan uit te lig, oral waar ek meen Godsdiens ondermyn word, of waar ek meen dat geveinsdes soos Trienie Mahne, Kobus de Klerk en al hul kruipers ander veroordeel - net omdat hulle nie as "ware gelowiges" en "ware ongelowiges" daarin geëer word nie (siestog, soos Wouter Ferns hulle ALMAL ook hierbo bejammer: Trienie, nie te bekommer nie, die manier hoe Cornelius almal se briewe hier vervuil is soos verwag kan word. Cornelius merk ek op is desperaat om 'n reaksie te uit te lok is daar geen perke aan hoe mislik sy skrywes is nie).  

    Met verwysing na my herinnering omtrent "midrash" aan hom, laat geld Chris Dippenaar sy "wel opgevoede" mening (gekomplimenteer as sulks), as volg: "Cornelius, jy bly maar een van die onnooslikstes (sic) hier op LitNet. Fiksie, ja, tensy jy natuurlik kan wys uit watter gedeelte van die OT die verhaal van Rut gebaseer is."  

    Ja, gronde vir herinterpretasie (midrash), is daar egter meer as genoeg in die boek Rut.  

    Vanuit Joodse hart: [ http://jwa.org/encyclopedia/article/ruth-midrash-and-aggadah ]  

    "The Bible describes Ruth’s loyalty to Naomi and her charitable acts, and the midrashic expansion also stresses her great modesty.   "

    Ek laat die volgende skakels vir enigeen wat wel dalk deur Chris Dippenaar se verwaandheid hierbo, en sy uitsluitlike doel om Godsdiens te ondermyn, mislei is:  

    http://jbq.jewishbible.org/assets/Uploads/332/332_Ruthang1.pdf

    http://en.wikipedia.org/wiki/Ruth_Rabbah  

    http://www.sacred-texts.com/jud/tmm/tmm12.htm

    http://www.e-ark.net/rabbi/ruthmdrs.pdf  

    Mag Jesus Christus onse God, ons almal vergewe en ons ook verlos van al die gekrenkte egos van al hierdie inkonsekwente patologiese narsiste.

    Cornelius Henn

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top