In SA is dit 'n boerderye en ja, ek verstaan helse geldelike verlies as 1 gestroop word. My vraag bly, watter doel het renoster deesdae in die natuur?? Voor almal my in vlamme afskiet, man kan nie eens biltong uit die affêre maak nie! Ja, Francois Williams se mense glo hul kry helse horing uit hare van erge stink horing, wat nie waar is nie!
As jy 'boer' om horing wetlik te verkoop, is dit sinvol, maar andersins het renoster nie 'n 'vital' rol nie, maw natuur gaan nie ophou bestaan nie, diversiteit kan geknou word! Uit fossiel opgrawings, het honderde spesies uitgesterf en die natuur gaan net aan! Die seekoeie hou waterkanale skoon en is sinvol!
Olifante kan veld in woestyn verander as hul oorbevolk is! In Kenia het dit in sewentigs gebeur. Die renoster het nie natuurlike vyande oor nie en is half uit plek in die ewolusiegang van sake, nes olifante! Sou bome hoër groei, sou een tipe renoster in elk geval natuurlik uitgesterf het, as bome te hoog geword het vir hul.
So, slimjanne lig my in oor doel van renoster.
Hans Richardt


Kommentaar
Hans: Dit is 'n fout om te wonder oor die doel van enigiets in die natuur, tensy jy KdK se tipe teologie onderskryf.
Nee wat, een moerse geteem en geen direkte antwoord. Wat is die NUT van renosters in die ekologie. Antwoord my vraag. Is hulle saadverspreiders of trap hul net paadjies oop vir kleiner boksoorte? Fok die lang nuttelose analogie oor aeroplane ...
Hans lyk my is goed gatvol! Ek is `n eks-natuurbewaarder iewers tussen 40 en papvrot en kan jou dalk help. Die Swartrenoster is `n blaarvreter (Eng "browser") - hy vreet ook saam met die blare sade van kleinerige bome en struike en versprei dit so: Hy reverse in `n bos in en laat gaan alles wat hy gevreet het, saam met die sade in `n groot hoop mis wat hy met sy agterpote uitmekaar krap. Daar lê die sade dan en wag vir die reën, klaar bemes en reg om te groei. So hy versprei wel sade, maar of dit hom nuttig genoeg maak om te beskerm vir die nageslag is `n ope vraag.
Dit is egter moeilik om te besluit watter kriteria `n spesie belangrik genoeg maak om te bewaar - en wie gaan hierdie kriteria saamstel? As iemand waarde heg aan iets van die dier bv om hom op te vreet, is dit dan genoeg rede om hom op die lys te sit?
Nou is daar genoeg mense wat glo dat renosterhoring ingeneem deur jou mond (of gesnuif?) of aangesmeer of so iets baaaie lood in jou potlood sit en dan sover gaan om renosters vrek te maak en te smokkel met die horing(renoster). Ek sou dink dit is genoeg rede om die renoster op die bewaringslys te sit, want wat de hel gaan diesulkes met die pap pietertjies doen as die goed(horings) opraak?
WimC, goeie eenvoudige antwoord. Vraag bly, vervul renoster nog die natuurlike rol in eko-sisteem op plase? In wildtuin verstaan ek. Ek het al renosterhoring in bewysstukkamer geruik en amper gekots van reuk.
My opinie, laat boere boer en produkte bemark. Beskerm dit wat wild is.