"Beleefd" deur Danie du Toit

  • 0

Beleefd

Om beleefd te leef
om kaalvoet te loop oor Afrika
met ? hart wat klop sonder drade
ratte of meganika
Om die dood te soen en sy groot swart jas te steel
dit span oor ons mas
En op ritme sonder rigting, sonder pas te seil oor die diep blou aardbol
dan kyk ons hoe die berge op hul pense rol van die lag

Ons waai die wol van die wolke en bou vir ons ons dak
met ons vensters wind se warm hande om ons grense, kind, my arm hande kan nie veel maak nie
maar is veilig vas aan jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top