As Ons Net Word
Die rooi roes blare het al weer afgewaai
My bundel se laaste bladsy omgeblaai
Wat word van ons as ons net word?
Gaan ons ooit word wat ons wil word?
Gister is verby en more is te laat
Wat gaan ons maak as ons
ons eie bestaan verlaat
Ons klou vas aan die antwoord
maar vergeet gou die vrae
Soms raak die donker
ook net te donker vir my
Maar steeds weet ek
dis die lig wat sal bly
Ek het liefde gevind
nou is dit net tyd
dat liefde my ook vind
Kom ons los spyt by die agterdeur
want hoop klop weer aan die voordeur
En voor ons ons kan kry
staan ons weer onder dieselfde
geel-stinkhout boom
En staar beswaar
na die rooi-geel skemerlig
En dink, dink, dink


