Afrikaner-prestasie

  • 2

Ten spyte van afbrekende kritiek hier op SêNet oor Afrikaans en die Afrikaner deur mede-Afrikaners, bly ons ou volkie (ja, ons is ‘n volk, laaik dit of nie) TOP of the pop list.

Rapport skryf die volgende:

Die sensus wys wit mense en veral wit Afrikaanssprekende mans het aangepas nadat werkgeleenthede en bevorderingsmoontlikhede in die staatsdiens en by maatskappye opgedroog het, sê Van Aardt.

“Wit mense het in dié tydperk met hul vaardighede gewoeker en vir hulself werk geskep in die formele sektor as entrepreneurs, konsultante en diensverskaffers,” sê hy.

Volgens een skatting die afgelope week sal die inkomste van swart huishoudings, wat in 2011 sowat R60 000 per jaar was, eers oor 60 jaar dié van wit mense inhaal, wat gemiddeld R365 000 per jaar was.

“Afrikaanse skole uitpresteer steeds skole in Amerika, Engeland en Nieu-Seeland wat wiskunde en wetenskap betref,” sê hy. (Dr Dirk Herman – Solidariteit)

Ja! Ek bly lief vir my volk, my mense!

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Theresa Papenfus

    Al die onderlinge struweling, geregverdigde kritiek, skades en skandes ten spyt, het Clem Sunter onlangs oor Afrikaners geskryf:

    "Afrikaners have a collective consciousness which is the spiritual foundation of an effective commercial network. Language, religion, culture and a common outlook on life bind them into seams that are almost unbeatable when challenged by less cohesive competitors. This trait obviously extends into sport as well.

    "It is a form of ubuntu: you help me and I will help you because together we can achieve more. It is just that you have to speak Die Taal!"

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top