Clover Aardklop 2013 – Program

  • 0
 

Klassifikasies: A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO (Vooroordeel)

Classifications: A (All), PG (Parental guidance), AO (Adults only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice)

Toneel

Affairs vir domkoppe
(Afr.) (Geen o/14: T) (Komedie)

As jy soos ék nóóit na goeie raad luister nie, kom luister na my. As jy nóóit jou les leer nie, kom leer jou les by my. Net soos enige mens wat matriek het nóóit ’n Alfa sal koop nie, net so is daar sekere reëls as dit kom by die kies van ’n skelmpie. ’n Affair is soos ’n toets wat uit 100 punte tel – selfs al kry jy 99,9%, dop jy! Glo my, die een oomblik droom jy van blomme en bye en die volgende oomblik is jou blom gepluk en die bye steek jou. Ek gee klas oor alles wat mans nie moet weet nie! Met Chris Vorster as die praatkous, Pierre van Pletzen as die berader, Willie Steyn as die kunstenaar en GZ Produksies as die fabriek. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Virseker Girls High – 70 min. – R120

26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 20:00 28 Sept. – 09:00 en 17:30

An Audience with Miss Hobhouse
(Eng.) (A)

Lynita Crofford brings Emily Hobhouse and a Boer woman,Tant Alie, to life in this one-hander. It debuted to a standing ovation at the Schreiner Karoo Writers Festival in Cradock last year, followed by a successful run in Cape Town. It was described by Die Burger as “a jewel”. “Miss Hobhouse (Lynita Crofford) gives her audience a harrowing description of the atrocities endured by Afrikaans women and children during the Anglo Boer War. Using masterful juxtapositions of English and Boer perspectives the production encapsulates the anguish created by British imperial war.” – Cue Newspaper. Writer: Tony Jackman. Director: Christopher Weare.

Heimat Hall – 50 min. – R80

24 Sept. – 17:00, 25 Sept. – 17:30 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 15:00 28 Sept. – 14:30

As ek reg onthou
(Afr.) (Geen o/16)

’n Beroemde akteur en ewe beroemde aktrise, albei afgetree, bevind hulself in dieselfde aftreeoord. Twee groot ego’s, net een verhoog en nie een van die twee wil die gehoor wees nie. Maar tussen die twee is daar baie om te onthou – veral dít wat hulle liewers nie wil onthou nie. Deon Opperman se nuutste drama is spesiaal geskryf vir Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg, twee legendes van die Suid-Afrikaanse televisie en verhoog. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

kykNET Gimmies – 80 min. – R110

24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 09:00 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 16:30 28 Sept. – 20:00

ATKV-Tienertoneel: Finaal
(Afr.) (OB)

 

Die beste jong talent in Suid-Afrika gaan gehore vermaak, ontroer en bekoor. Toneelgroepe van tien hoërskole ding in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Die Hoër Meisieskool Bloemhof is verlede jaar aangewys as wenner vir Spektakel, geskep deur die bekroonde dramaturg Christiaan Olwagen. Altesaam 170 toneelgroepe het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem. Voormalige deelnemers soos Pedro Kruger, Viljé Maritz, Anneke Weideman, Roeline Daneel, Maurice Carpede en Jak de Priester het groot hoogtes bereik.

ATKV Hoër Tegniese Skool Potchefstroom – 100 min. – R65.

ATKV-Tienertoneel 1: 24 Sept. – 09:00 en 25 Sept. – 11:30;

ATKV-Tienertoneel 2: 24 Sept. – 11:30 en 25 Sept. – 14:00;

ATKV-Tienertoneel 3: 24 Sept. – 14:00 en 25 Sept. – 16:30;

ATKV-Tienertoneel 4: 24 Sept. – 16:30 en 26 Sept. – 09:00;

ATKV-Tienertoneel 5: 25 Sept. – 09:00 en 26 Sept. – 11:30

ATKV-Tienertoneel: Wenner en naaswenner – 100 min. – R75
27 Sept. – 12:30 en 28 Sept. – 10:00

Ballade van ’n banggat
(Afr.) (A) (Komedie)

Al ooit gevoel jy hou van jouself, maar daar is aspekte van jouself wat jy soos die pes haat? Ballade van ’n banggat handel oor die menslike behoefte om jouself te aanvaar. Dis die opvolg op die wegholsukses Annale van ’n windgat en beloof dieselfde intelligente humor en lewenswysheid. Die bekende komediant Hannes Brümmer is die banggat. Hy vertrek op ’n reis van selfontdekking waarin hy jou gaan meesleur. Dié opbeurende komedie uit die pen van Barry van Rensburg gaan jou laat skaterlag, terwyl dit hoop bring vir die banggat in elkeen van ons.

Virseker Girls High – 70 min. – R100

24 Sept. – 09:00 en 14:30, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:00

Ben, Babsie en familie – ’n Skaterlag-, driedimensionele strokiestorie-konsert
(Afr.) (A) (Komedie)

Ben, Babsie en familie vertel van die wel en wee van ’n tipiese Afrikaanse middelklasgesin in Hoopstad. Gehoorlede sal al die gewilde karakters uit Rapport se strokiesprentreeks van toeka herken: Ben, Babsie, Rooinek, Hêppie, Oom Sarel en Tant Minnie (en haar hondjie Toetsie), wat nuwe lewe op die verhoog kry. Sit terug en gee jou oor aan die ongekompliseerde en onskuldige spottery met die land, sy mense en gebeure in die 60’s, 70’s en 80’s (sonder enige gevloek!). Met Lizz Meiring, Johan Engelbrecht en Ivan Botha. Regie: Lizz Meiring. Vervaardiger: Artist Warehouse.

Virseker Girls High – 70 min. – R95

24 Sept. – 12:00, 25 Sept. – 14:30 26 Sept. – 17:00, 27 Sept. – 09:00 28 Sept.– 12:00

Bokkie Botha
(Afr.) (A) (Komedie)

Lelia Etsebeth (Bakgat!, Molly en Wors: Die movie, Wolwedans in die skemer) is Bokkie Botha – ’n blonde lugwaardin met ’n groot haredos, groot skoene en groot drome. Met behulp van kaptein Spies word Bokkie gou bevorder na internasionale vlugte. Sy sien die ganse wêreld en tog voel dit vir haar asof iets skort. Dan vra sy haarself: “Het ’n mens regte vlerke nodig om te kan vlieg?” Bokkie Botha is gegrond op ’n karakter wat Willie Esterhuizen geskep het vir Molly en Wors: Die movie. Teks: Lelia Etsebeth. Regie: Tobie Cronjé. Vervaardiger: GZ Produksies. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

POK-hoofsaal – 80 min. – R100

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 13:30 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00 28 Sept. – 12:00

Die goëlaar
(Afr.) (OB)

Dis die vroeë 1900’s. Die naoorlogse pyn, smart en verlies lê nog vlak in die gemoed. Mense soek desperaat na heling. Sommige het ’n behoefte om ’n laaste keer met afgestorwe geliefdes te kommunikeer. Kan hulle kontak maak met “die ander kant” – ’n geleentheid kry om te groet? Daniël kan hulle help – hy praat met die afgestorwenes. Oftewel, dit is wat hy hulle laat glo, maar eintlik is dit oëverblindery. Of so het Daniël geglo… ’n Magiese verhaal vol truuks en illusies met kulkunstenaar en akteur Geon Nel as Daniël. Vervaardiger: TEATERteater.Regie: Hugo Theart. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Heimatsaal – 60 min. – R90

24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:30, 28 Sept. – 12:00

Die lelike eend
(Afr.) (Geen o/16: N) (Satire)

Ken dink hy is normaal. Hy is verkeerd. Dié kragpropontwerper is so onaansienlik dat sy eie vrou nie sy voorkoms kan verduur nie. Met behulp van plastiese chirurgie word hy omskep in ’n Adonis. Skielik wil almal sy hemelse gesig hê. ’n Sexy, skreeusnaakse sosiale satire oor ons obsessie met skoonheid. Dit is ’n hedendaagse allegorie wat vra: Hoe ver sal jy gaan om in te pas? Teks: Marius von Mayenburg. Vertaling: Roelof Storm. Regie: Christiaan Olwagen. Met Gideon Lombard, Hannah Borthwick, Roeline Daneel en Mariechen Vosloo. Vervaardiger: Polony. ’n US Woordfees-produksie.

Laerskool Mooirivier – 75 min. – R90

24 Sept. – 19:30, 25 Sept. – 15:30 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 18:30 28 Sept. – 14:30

Die Leo’s
(Afr.) (Geen o/13: T) (Komiese drama)

’n Topverkoper by die Absa KKNK en Vryfees. Hulle is aaklige mense, die Leo’s. Pa Ben is op sy laaste asem en het besluit waddehel, hy gaan nie meer sy mond hou nie, en so kry 40 jaar se woede ’n stem. Rita sit langs haar man se hospitaalbed en blaai deur dekortydskrifte, want sy wil die leefkamer oordoen sodra Ben nie meer ’n sê het nie. Dogter Lisa gaan weer te kere oor haar liefdeslewe, terwyl die goue seun, Koert, oënskynlik ’n idilliese bestaan voer, maar hy’s net so onlekker soos die res van die spulletjie. Dan is daar nog die mooi eiendomsagentjie op wie Koert sy oog het en die arme verpleegster wat al die drama moet verduur. Met Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Jacques Theron, Erica Wessels, Gideon Lombard en Petro van den Heever. Teks: Nicky Silver. Vertaling en regie: Hennie van Greunen. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. ’n Ko-produksie tussen die Absa KKNK en Clover Aardklop, met ondersteuning van die Vryfees.

Sanlam Ouditorium – 120 min. – R120

24 Sept. – 20:30, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 15:30, 28 Sept. – 20:00

Die monster in die gang
(Afr.) (A)

Duca Malherbe is sestien en woon saam met haar pa in ’n woonstelletjie in Klein-Brak. Duca het ’n droom: Sy wil normaal wees – soos al die ander mense. Haar pa verwyl ure met sy aanlyn-rolspeltoernooie, die sexy Laurence Hoogenhout kom kuier onverwags, die gek Sweedse vrou daag uit die bloute op en dit als op die dag wat die welsyntannie kom kyk of alles nog in orde is. Dié energieke ensemble laat loop teen die spoed van ’n vuurwarm motorfiets en maak ’n draai by televisiespeletjies, musiek uit die 60’s, feeverhale, fisieke komedie en macaroni-en-kaas. Met Martelize Kolver, Waldemar Schultz,
Greta Pietersen en Wessel Pretorius. Teks: David Greig. Vertaling en regie: Hennie van Greunen. Musiekregie: Pedro Kruger. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Ondersteun deur die ATKV.

ATKV Hoër Tegniese Skool Potchefstroom – 90 min. – R95 en R50 (leerders)

26 Sept. en 27 Sept. – 17:00, 28 Sept. – 15:30 en 17:30

Dirt
(Eng.) (No u/16: L) (Comedy)

Three estranged friends get back together for the funeral of a fourth. Their friend might be dead, but their friendship is still kicking. On a journey from Johannesburg to Cape Town the trio trade insinuations, insults and injuries as they try to dig up the past and bury the present. Driving high-speed through some painful, poignant and often hilarious territory, they arrive at the graveside with some serious injuries and some surprising insights about the nature of male friendship. Starring James Cairns. “One of the funniest actors in the country.” – Sunday Times; “...in ’n klas van sy eie.” – Die Burger; “A master class in solo stagecraft.” – Cape Times.

Heimat Hall – 55 min. – R80

24 Sept. – 12:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 17:30, 28 Sept. – 20:00

Gevalle engel
(Afr.) (Geen o/16: T/G/D)

Gevalle engel is ’n spanningsvolle menslike drama. Die skoolhoof wil haar skors. Weer eens. Die kopdokter het nog nooit so ’n geval teëgekom nie. Die dominee is nie daarvan oortuig dat gebed sal help nie. Maar sy’s net ’n kind. Miskien ’n gekwelde kind, maar nietemin ’n kind. Wat laat haar doen wat sy doen? Watter geheime bewaar sy? Wat maak dat die ander kinders bang is vir haar, dat haar pa haar verwyt, dat haar ma haar beskerm? Met Hannah Borthwick, Dann-Jacques Mouton, Ilana Cilliers en Johan Botha. Teks: Mike van Graan. Regie: Brink Scholtz. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Potchefstroom Central School – 70 min. – R95.

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:00, 28 Sept. – 09:00

HOLM: ge-MARION-neer
(Afr.) (A) (Komedie)

HOLM: geMARIONneer gaan oor hoe die lewe ’n mens marineer tot jy sagter en geuriger anderkant uitkom. Marion Holm en Chris Vorster pluk, skil en braai ’n skottel vol stories en karakters wat in dié solovertoning opgedis en verorber gaan word. En soos altyd sal die gehoor wegstap met ’n wonderlike lekkerkry-gevoel en ’n groot honger vir nog! Gehoorlid Wilma McLeod se kommentaar: “Dit is die beste show van Marion wat ek nog gesien het.” Teks: Marion Holm en Chris Vorster. Regie: Chris Vorster.

Virseker Girls High – 75 min. – R110

25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 17:00, 28 Sept. – 14:30

Land van skedels
(Veeltalig) (A)

Land van skedels is ’n ruimtelike drama wat kyk na die Anglo-Boereoorlog en veral na die konsentrasiekampe. Saam met die groep gesoute akteurs word die horlosie teruggedraai na 1899 – ’n tyd wat die swaarkry, dapperheid en vasberadenheid van ’n volk vergestalt. Alida Badenhorst het die volgende oor haar ervaring in die kamp gesê: “If you enter the camp, it feels as if God has forsaken you.” Met onder andere Tinarie van Wyk Loots, Deon Lotz, Grant Swanby, Wilhelm van der Walt en Magdalene Minnaar. Teks en regie: Nicola Hanekom. Vervaardiger: Haas en Kaas. Musiek: Braam du Toit. Klankontwerp: James Webb. Choreografie: Fiona du Plooy. Moontlik gemaak deur kykNET en Die Burger. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Gehoorlede moet asseblief warm klere saambring.

Slagveld – 80 min. – R100.

24 Sept. – 17:45 en 20:00, 25 Sept. – 17:45, 26 Sept. – 17:45 en 20:00, 27 Sept. – 17:45

macbeth.slapeloos
(Afr.) (OB o/13: N/G)

Macbeth, bloedige gesant van die staat en generaal in die Skotse Leër, swig onder druk van sy ambisieuse vrou en pleeg koningsmoord. Soos voorspel, word hy as koning gekroon, maar om die mag te behou verg meer en meer bloed. ’n Groeiende opstand en ’n gewete wat knaag, laat die verhouding tussen man en vrou verbrokkel. Macbeth kan nie slaap nie. Sy vrou kan nie wakker bly nie en slaapwandel deur die gange van die kasteel. ’n Koorsdroom van ’n produksie wat die temas om liefde, mag, eie gewin en goedgelowigheid oopvlek. Met Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe, Jana Cilliers, Antoinette Kellerman,
Stian Bam, Charlton George, Ludwig Binge, Edwin van der Walt en Senzo Madikane. Teks: William Shakespeare. Vertaling: Eitemal. Verwerking: Marthinus Basson en die geselskap. Regie en ontwerp: Marthinus Basson. Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater. ’n Clover Aardklop-produksie aangebied in samewerking met Kunstekaap. Ondersteun deur die Dagbreek Trust en Standard Bank. Première.

Sanlam Ouditorium – 120 min. – R120 (Leerders R70)

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 14:00, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 14:30

Man
(Afr.) (Geen o/16: T)

In 1989 het Chris Chameleon die vermaaklikheidswêreld met sy selfgeskrewe solovertoning Boy betree. Die toneelstuk het verskeie pryse gewen, onder meer by die eerste Dalro Nasionale Toneelkompetisie. Hoewel dit sy eerste kennismaking met die verhoog was, was hy sedertdien nog nie een keer weer as akteur op die verhoog te sien nie. Nou keer hy ná 24 jaar terug met Man, wat die verhaal van Boy verder voer. Ons sien wat van sy drome geword het, sy verwagtinge, sy gevoelens en hoe hy hom nou in die werklikheid van ’n veranderde wêreld bevind. Met Chameleon se gebruiklike wisseling tussen skreeusnaakse humor en hartroerende elemente ontsluit hy ’n verhaal wat gehore nog lank sal bybly.

POK-hoofsaal – 60 min – R110

24 Sept. – 12:30, 25 Sept. – 17:00 26 Sept. – 17:00, 27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 17:00

My vrou se man se lyk se tas
(Afr.) (Geen o/13: T)

Henry Perkins is soos gewoonlik met die middagtrein op pad huis toe waar hy en sy vrou, Jean, ’n gesellige verjaardagete saam met hul beste vriende, Vic en Betty Johnson, beplan. Henry ruil per ongeluk sy briewetas met dié van ’n ander persoon om, net om later uit te vind dat dit ’n klein fortuin bevat. Hy vertel sy niksvermoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar dié is nie so opgewonde nie. Gou sluit die Johnsons by hulle aan, saam met ’n polisieman wat agter die deur staan, nog ’n polisieman op die uitkyk, ’n taxibestuurder genaamd Bill en die gevreesde misdaadbaas wat sy geld soek. En so begin die poppe dans! Met Chris van Niekerk, Amalia Uys, Botha Enslin, Chris van Rensburg, Duncan Johnson, Lulu Botha, Paul Lückhoff en Phillru van Achterbergh. Teks: Ray Cooney. Vertaling: Peet van Rensburg. Regie: Frans Swart.

Banketsaal 1 – 150 min. – R145 (eerste 6 rye)/R125.

24 Sept. – 09:00 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 13:00

’n Sondagoggend
(Afr.) (Geen o/13)

Louw Venter is te sien in die Afrikaanse vertaling van skrywer Nick Warren se solotreffer Sunday Morning, wat benoemings gekry het vir beste nuwe Suid-Afrikaanse teks by die 2013 Fleur du Cap- en Naledi-pryse. Rian is ’n suksesvolle fotograaf en sy lewe is presies soos hy dit wil hê – georden en ongekompliseerd. Tot die dag dat sy meisie hom vertel sy is swanger. Om dié ontwrigtende nuus te verwerk, gaan draf hy. Hy dwaal van sy gewone roete af en bevind homself in ’n onbekende deel van die stad waar hy ’n grusame ontdekking maak wat sy lewe onherroeplik verander.

Heimatsaal – 55 min. – R80

24 Sept. – 14:30, 25 Sept. – 15:00 26 Sept. – 17:30, 27 Sept. – 20:00 28 Sept. – 09:00

Na-aap
(Afr.) (A)

’n Vertaling en verwerking van Franz Kafka se aangrypende A Report to an Academy waarin ’n aap, Rooi Piet, wetenskaplikes by ’n konferensie toespreek oor die verloop van sy lewe. Hy vertel van sy reis per skip van die oerwoude van Afrika na Hamburg, Duitsland, en hoe hy sy ingehokte bestaan oorleef het deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Rooi Piet se na-apery van mense is so suksesvol dat dit vir hom ’n lonende loopbaan word. Sy verslag oor die gedaantewisseling van aap na mens bied ’n kritiese en onthutsende perspektief op wat die mens is en hoe hy optree. Dit kyk ook hoe kultuur, beskawing en gewoontes die natuur verwring en hoe die mensdom weens aangeleerde gedrag nooit werklik vry kan wees nie. Met De Klerk Oelofse. Regie en ontwerp: Jaco Bouwer. Vertaling: Arnold Blumer. Première. ’n Clover Aardklop-produksie. Moontlik gemaak deur Aardklop 21.

Laerskool Mooirivier – 60 min. – R90

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 12:00 26 Sept. – 17:00, 27 Sept. – 12:00 28 Sept. – 17:30

Oorsee
(Afr.) (Geen o/16: T/S/N/G)

 

Sê nou maar ’n apokalips. Sê nou maar ’n vloed. Sê nou maar Tafelberg is ’n eiland en sy bevolking oorleef na veertig jaar se stortreën. Sê nou maar die opdrag kom van Die Asem. Sê nou maar ’n boot. Sê nou maar ’n handjievol Suid-AfriFabelbergers vaar noord op soek na die Nuwe Wêreld. Sê nou dis al dertien jaar later en nog steeds is hulle ter see. Sê nou maar is ’n lekker sê. Skrywer Tertius Kapp (van Rooiland-faam) sê sus. Regisseur Wolf Britz sê so. By monde van Gerben Kamper, Nicole Holm, Brendon Daniels, Geon Nel en Karli Heine. Vervaardiger: Saartjie Botha. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/
Aardklop-Smeltkroesprys.

Boys High – 100 min. – R95

24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 15:00, 27 Sept. – 16:00, 28 Sept. – 20:00

Ou blare
(Afr.) (A) (Komedie)

Tussen joga, lyndanse en sopies whiskey waai die maskers. Drie jarelange vriendinne spoel hul monde uit oor karwagte, rietskraal winkelpoppe, kopdokters en thongs. Die uiteenlopende vroue, vertolk deur Elsabé Daneel, Susanne Beyers en Joanie Combrink, is snaaks, dapper, eksentriek en vies. Hul koddige samesyn bemagtig hulle om dieper te delf na die hartsgoed wat onder die oppervlak lê. Leon Kruger, skrywer en regisseur, se knap teks dra ’n fakkel vir vriendskap wat siele uittrek en genees. Dié gesinskomedie spreek tot sowel vroue as mans van alle ouderdomme en is ’n wegholsukses by kunstefeeste landswyd.

POK-hoofsaal – 70 min. – R110

24 Sept. – 17:00, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 17:00, 28 Sept. – 09:00

Platform 9
(Afr.) (A) (Komedie)

Twee goeie vriende, Theo (’n sjef) en Mau (’n rapper), is op pad Johannesburg toe, waar Theo by ’n celebrity se troue die spyseniering gaan doen. Theo het Mau oorreed om vir die trip te betaal, omdat hy al sy geld op kooktoerusting, resepteboeke en nog wat spandeer het. Mau stem in, op voorwaarde dat hy by die troue kan perform. Na ’n lang gesukkel in die taxi kom hulle uiteindelik op platform 6 in plaas van platform 9 aan en verpas die trein. Terwyl hulle vir die volgende trein wag, ontmoet hulle van die interessantste karakters. ’n Storie oor vriendskap en die wel en wee van die lewe. Met Theodore Jantjies en Maurice Page. Regie: Christo Davids. Teks: Theodore Jantjies,
Maurice Page en Christo Davids. Vervaardiger: Kaalgat-produksies.

Potchefstroom Central School 60 min. – R100.

28 Sept. – 16:30

Rekmerke – Grepe uit ’n swangerskap
(Afr.) (Geen o/13: T/S) (Komedie)

“ ’n Warm gloed met sy wortel in my solar plexus betrek my soos ’n tsoenami-golf. Dit spoel oor my borste en nek, breek op my gesig, delta dan uit oor my kroontjie en stig ’n maalkolk in my norra.” Só word die romantiese mites van swangerskap ontluister en word die ware euforie en waansin bekyk – die vreugde én die rekmerke. Dit vertel van skaamtelose gedrag weens warm gloede en pogings om die man te laat bond met die boep tot kloekende skoonma’s, ’n eksentrieke ginekoloog, paranoia wat grens aan dementia en nagmerries oor ’n baba wat nie kan ophou poef nie. Met Stian Bam en Nicole Holm. Teks, stelontwerp en regie: Francois Toerien. Ondersteun deur die Klein Libertasteater.

Laerskool Mooirivier – 85 min. – R110.

24 Sept. – 14:30, 25 Sept. – 20:30, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 20:30, 28 Sept. – 09:00

Rob van Vuuren – Live
(Eng.) (No u/14: L) (Stand-up comedy)

Rob van Vuuren – Live is the irreverent, side-splittingly funny Standard Bank Ovation Award-winning stand-up comedy show by the 2011 Award Winner of the Comics Choice Breakthrough Act. Don’t miss this opportunity to see one of South Africa’s best-loved comedians (who once famously Shucks’ed Schuster and who used to be known as Twakkie) do what he does best: make you laugh. With Rob van Vuuren as the funny man, writer and director. What the critics have said: “Comic genius.” – Mail & Guardian; “… engaging and very, very funny … a dynamic and winning storyteller … hilarious and touching … improvisational genius … warm, real, engaging and hysterically funny.” – Natal Witness.

Boys High – 60 min. – R100

24 Sept. – 12:30, 25 Sept. – 17:30, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 09:00

Seuns
(Afr.) (Geen o/16: VO)

 

Eers was daar Drie tannies en ’n tert; nou is daar weer vier vroue – almal ma’s wat praat oor hul seuns. In dié vierluik keer Petro van den Heever terug na Clover Aardklop in ’n nuwe solovertoning deur kunstenaar en skrywer Theo Kleynhans. Yolanda is die snobistiese skoonma wat haar neus optrek vir haar skoonseun; tannie Trudie is die empatiese koshuismoeder, veral vir die sensitiewe seuns onder haar sorg; Karin se seun ontpop as ’n porno-ster en die enkelma Elsie tolk vir
haar doofstom seun wat sy eerste liefde ontmoet het.

Laerskool Mooirivier – 70 min. – R90

24 Sept. – 12:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 12:00

Sfeer
(Afr.) (A) (Multidissiplinêr)

Hoe lyk die ruimtes van ons denke en wanneer betree ons die wêreld van drome? Voor jou oë gebeur dit in die donker… Lig en skadu, sand-animasie, maskers, kitaarmusiek, digkuns en mimiek skep ’n droomlandskap waarin elkeen hulself kan verloor. Sfeer is ’n multidissiplinêre produksie met temas soos eensaamheid, verlange en die broosheid van ons bestaan. Sfeer sal jou verbeelding aanvuur en jou verras. In samewerking met die Goethe Instituut en die Nasionale Kunsteraad. Regie, maskers en sand-animasie: Naomi van Niekerk. Musiek: Arnaud van Vliet. Choreografie: Athena Mazarakis.

Potchefstroom Central School – 45 min. – R90.

24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 17:30, 28 Sept. – 14:00

Stander
(Afr.) (OB o/16: T)

In die jare sewentig gryp ’n arrogante polisieman, André Stander, die verbeelding van die volk aan toe hy banke beroof. Sy pa was ’n generaal in die polisie; hy self ’n kaptein. En wanneer hulle hom uiteindelik vastrek, begin die sports eers. Vir ’n paar jaar as voortvlugtige word hy ’n Suid-Afrikaanse “vermaaklikheidster” sonder weerga. Sy middelvinger onder die neus van ’n magshonger polisiemag is die grootste vreugde vir volgelinge van alle rasse. Waarin lê die betowering dat gehore na Stander stroom? Guy Willoughby (Mail & Guardian) skryf ’n dekade gelede die volgende oor die produksie: “ … a joyous celebration of some peculiarly local strengths and weaknesses, Sam Shepard revisited in Springs, and hot theatre.” Met Waldemar Schultz. Teks: Charles J. Fourie. Regie: Albert Maritz. ’n US Woordfees-produksie.

Boys High School – 80 min. – R95

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 14:00, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 12:00

Strip!
(Afr.) (A) (Komedie)

’n Man se garage is die oorspronklike man cave. Dis die een plek waar ball bearings ’n regte woord is. Hier kan hy lieg en praat oor goed waarvan hy niks weet nie en dit maak nie saak nie, want wat in die garage gebeur, bly tussen hom, die spanners en die ou wat weet hoe om olie af te tap en ’n carburettor te strip. Con Motors is so ’n plek en hy is oop vir die publiek, maar waar is die customers en wie werk tien jaar lank aan ’n Mazda? Strip! is ’n komiese storie oor ’n man wat nie weet hoe om hom van die verlede los te maak nie – tot die ou wat die olie kan aftap hom ’n hamer gee. Wat gaan hy volgende strip? Met Chris van Niekerk en Waldemar Schultz. Teks: Leon Kruger. Regie: Gaerin Hauptfleisch. Vervaardiger: Stercus Produksies

Virseker Girls High – 75 min. – R100

24 Sept. – 18:00, 25 Sept. – 17:00, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 14:30, 28 Sept. – 20:00

Tango
(Afr.) (OB o/13) (Komedie)

Twee heeltemal onpaar oujongkêrels, Lappies en Daan, deel ’n woonstel iewers in die diep platteland. Lappies verwag dié middag vir Tillie, ’n mooi plaaslike pop, om vir hom ’n dansles te kom gee. Maar daar is ’n onverwagte – en ontydige – besoeker: Daan se oom Kas – ’n skatryk familielid uit die verre verlede; een met ’n duistere geskiedenis, baie ondernemingsgees en ’n swakheid vir mooi meisies. Tango is Chris Barnard se eerste komedie vir die verhoog. Dit is spesifiek geskryf vir Cobus Rossouw, Tobie Cronjé en Marius Weyers en dit is die eerste stuk waarin dié drie formidabele akteurs saam op dieselfde verhoog optree! Die vroulike rol word gespeel deur die sprankelende Tinarie van Wyk Loots. Regie: Katinka Heyns. ’n Innibos-produksie. Moontlik gemaak deur die Dagbreek Trust.

Sanlam Ouditorium – 80 min. – R120.

24 Sept. – 14:30, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 10:30, 27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 10:00

The Three Little Pigs
(Eng.) (No u/14: L) (Satire)

“Little pig, little pig, let me in…”
Two good pigs are dead. The mutilated bodies of brothers, both decorated police officers, were found in their respective homes on the same night of a grizzly revenge crime. The prime suspect, a wolf, is still at large… and he wants the third little pig dead. Winner of Best Theatre Production at the US Woordfees and with rave reviews from Perth, Edinburgh and Amsterdam, this Animal Farm-meets-Reservoir Dogs international hit show combines the talents of Rob van Vuuren, Albert Pretorius, James Cairns and director Tara Notcutt to bring you “dark, brilliantly acted satire”. Who’s afraid of the big bad wolf? Written by the company and produced by the National Arts Festival, Rob van Vuuren and The Pink Couch.

Boys High – 60 min. – R100

24 Sept. – 15:00, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:00, 28 Sept. – 15:30

The View
(Eng.) (No u/16: L)

A young man sits in a prison cell in space, looking down at a ruined earth, dreaming of being rescued. A gatekeeper arrives with his final request: a video containing interviews with various people from his life. Through a series of conversations between the man and these people, the reason for his incarceration is revealed. The View was inspired by a pastor’s recent comments that gays and lesbians should be contained in isolated enclosures. With Gideon Lombard and Ella Gabriel. Written and directed by Philip Rademeyer. A Rust Co-Operative production. Winner of two awards at the International Dublin Gay Theatre Festival. Nominated for three Fleur du Cap Awards.

Heimat Hall – 65 min. – R80

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 12:30, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 17:30

Tjop en dop
(Afr.) (Geen o/16: T) (Komedie)

Dawie hou ’n “skilpadbraai” – meer dop as vleis. Rooies en Blikkies kruis tange oor braaitegnieke. Na ’n klop aan die deur is daar ’n meisie in hul midde. ’n Meisie wat dreig om die fondament van hul vriendskap te laat verbrokkel. Tjop en dop is ’n swart komedie – ’n satire oor grootword en wat dit beteken om ’n “man” te wees. Die boetie van N is vir neurose. Met Ludwig Binge, Carel Nel, De Klerk Oelofse en Cintaine Schutte. Teks: De Klerk Oelofse en Christiaan Olwagen. Regie: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Polony.

Laerskool Mooirivier – 80 min. – R90

24 Sept. – 17:00, 25 Sept. – 18:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 14:30, 28 Sept. – 20:00

verSKRIKKELik snaaks (Komedie/skerpskerts)
(Afr.) (Geen o/14: T)

Dis sekerlik nie al om die hawerklap wat jy Hannes (Groet die grotman) Muller, Lizz (Molly en Wors) Meiring, Melt (Proesstraat) Sieberhagen, Karen (Groet die grotvrou) Wessels en Hannes (Binneland) Brümmer saam op een verhoog sal sien nie. By Clover Aardklop neem die vyftal die fees op horings met komiese sketse, skerpskertsery en sommer snaakswees in die algemeen. Die lagspiere gaan oortyd werk. Uitverkoop by die Atterbury-teater (2012), die Vryfees (2012) en die Absa KKNK (2013) – so laat wiel Computicket toe! Teks: Ensemble. Regie: Kosie Smit. Vervaardigers: Kosie House of Theatre en GZ Produksies.

kykNET Gimmies – 75 min. – R120

24 Sept. – 17:00, 25 Sept. – 17:00, 26 Sept. – 14:30, 27 Sep. – 13:30, 28 Sept. – 17:00

Wie drink wat?
(Afr.) (Geen o/16: T/S)

Oftewel, ’n heildronk op die laaste loopdop. Wat gewoonlik nie die laaste is nie. Want ons hou van partytjie en dan maak ons so. En sê gesondheid! Draai die proppe af, laat die koppe draai. Alkohol het ’n uitwerking, maak dinge beter, slegter, is ’n kruk. Want die lewe is alleen draaglik as ’n mens ’n bietjie dronk is. En baie snaakser. Met Rolanda Marais, Martelize Kolver, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Gideon Lombard, De Klerk Oelofse, Cintaine Schutte en Andile Vellum. Teks: Saartjie Botha en Christiaan Olwagen. Regie: Christiaan Olwagen. Choreografie: Ina Wichterich. Vervaardiger: Saartjie Botha. ’n Ko-produksie tussen Clover Aardklop en die Absa KKNK. Ondersteun deur Aardklop 21. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

kykNET Gimmies – 80 min. – R100

24 Sept. – 13:30, 25 Sept. – 20:30, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 20:30, 28 Sept. – 09:00

Wie’s bang vir Virginia Woolf?
(Afr.) (Geen o/16: T/S)

Om getroud te wees is nie vir sissies nie. Edward Albee se klassieke verhoudingsdrama stel ’n jong getroude paar bloot aan ’n oorlog tussen ou getroudes in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. Dis ’n waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye. Met Sandra Prinsloo, André Jacobs, Wessel Pretorius en Greta Pietersen. Vertaling: Saartjie Botha. Regie: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Saartjie Botha. Première. ’n Clover Aardklop-produksie.

kykNET Gimmies – 120 min. – R120

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 12:30, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 12:30

Wit manne se wapens
(Afr.) (Geen o/16: T) (Komedie)

’n Lekker humoristiese, nostalgiese terugblik op ons ouer, wit mans se tyd in die weermag. Die troepie, die korporaal, die slapgat, die dofkoppe – almal kom maak ’n draai. Dit vra ook die vraag: Waar staan ons nou? Die oorspronklike stuk is geskryf deur Greig Coetzee, wat dit met groot sukses in dertien lande opgevoer het. Sy skryfstyl en karakters is ’n gulde geleentheid vir Gys de Villiers om sy talente ten toon te stel, in die rolle van twaalf karakters en met sy eie unieke fisieke styl. Teks: Greig Coetzee. Vertaling en verwerking: Gys de Villiers. Regie: Jaci de Villiers.

Potchefstroom Central – School 80 min. – R110.

24 Sept. – 16:30, 25 Sept. – 13:30, 26 Sept. – 16:30, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 19:00

^ Terug na bo

Woorde

Boetie dit is tyd vir bid as ’n seekoeikoei op jou skoot kom sit
(Afr.) (A)

Philip de Vos is alombekend vir sy pittige limerieke en filosofiese rymelary. Dié maltrap-poësieprogram is ’n samestelling van De Vos se verse in die vorm van ’n moderne sprokie. Kom maak kennis met ’n (vet) fee, ’n padda, ’n prins, ’n mielie en ’n kreef (om maar net ’n paar te noem) en vergesel ons op ’n besonderse liefdesreis. Vermaak vir die hele gesin met hier en daar ’n ietsie wat (dalk) onder die kombers hoort! Wessel Pretorius en Cintaine Schutte skep ’n fantasiewêreld soortgelyk aan ’n Grimm-sprokie. Onder leiding van die bekroonde regisseur Juanita Swanepoel kry die woorde van Philip de Vos lewe op die verhoog. Moenie die geleentheid misloop om jou te verlustig in ’n juweel uit ons ryk taalskatkis nie. ’n Klein Libertas-produksie.

POK-hoofsaal – 55 min. – R90

24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 12:00

Tussen hemel en aarde
(Afr.) (A)

In die fliek Dead Poets Society laat Robin Williams sy studente op skoolbanke staan om die wêreld uit ’n ander hoek te bekyk. Tussen hemel en aarde laat jou op jou rug lê en daag jou uit om lewe en dood, dit wat ewig is en dit wat vlietend is nuut te betrag. Met T.T. Cloete en Carina Stander se gedigte as vertrekpunt, word die ruimte tussen hemel en aarde ryk verweef en ongewoon ondersoek en geïnterpreteer. “Jy kort daai ding wat die Engelse noem ‘the equilibrium of opposites’. In my gedigte is daar jubeling, vreugde, maar nie net dit nie. Dit alleen... nee.” – T.T. Cloete. Musiek: Herman van den Berg. Rolprent: Pieter Lombaard. Stem: Chris van Niekerk. Vervaardiger: Alexa Strachan.

NG Kerk Noord-saal – 35 min. – R60

24 tot 28 Sept. – 17:00

^ Terug na bo

Kinderteater

Afri-ki-ri vertel – Jakkals en Wolf
(Afr.) (A)

Al gehoor van Afri-ki-ri? As Afri-ki-ri met sy kierie op die grond slaan, verskiet stories soos sterre… Dan word jy op ’n verre en wye reis geneem na eendag lank, lank gelede. En jy beleef die wonderwêreld van Afri-ki-ri. Afri-ki-ri is ’n vermenging van alles wat teater magies maak. Daar word gebruik gemaak van skaduspel, poppe en vele meer om die verhaal van Jaques Hals te vertel, wat ’n sluwe plan bedink om mnr. Hoff al sy werk te laat doen en die mooie Morfina die hof te maak. Die verhaal eindig op die operasietafel met dr. Bob Jean wat meer as net siele uittrek. Met Gaerin Hauptfleisch, Stephanie Hough, Jan-Hendrik Opperman en Esther von Waltsleben. Teks: Esther von Waltsleben. Vervaardiger: Spektrum Kinderteater.

NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R65

24 Sept. – 11:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 14:00, 27 Sept. – 11:00, 28 Sept. – 14:30

Droombos se nuwe prinsessie
(Afr.) (A)

 

Droombos se nuwe prinsessie is die eerste volskaalse produksie van Fantasi se gewilde Droombos-boekreeks. Aanhangers van Reënboogfeetjie, Stompie Stoute Kabouter en Juffrou Uil gaan hulle gunstelingkarakters in lewende lywe onder Ou Knoetsboom ontmoet. Die musiek en dansery help ons onthou dat ons nie moet bang wees vir die onbekende nie en dat ons maar moet vasbyt wanneer onaangename dinge soos skool-toe-gaan móét gebeur. Met Hendri Myburgh, Zoricke Snyman, Nastassja Jooste, Dania Gelderblom en Minette Bouma. Teks: Adri Breed. Musiek: Matthys Maree. Kostuums: Melissa van Eck. Regie: Sarahann Doherty. Bestuur: Alexa Strachan. ’n Produksie van die Atterbury-teater en die Atterbury Trust.

NG Kerk Noord-saal – 35 min. – R65

24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 11:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 12:00

Liewe Heksie
(Afr.) (A)

Die immergewilde Liewe Heksie is terug op die verhoog met twee nuwe stories wat spesiaal vir die verhoog verwerk is. Die nimlike Heksie is vanjaar 50 jaar oud, terwyl haar ma, Verna Vels, haar tagtigste verjaardag vier. Daar is ’n onderonsie met ’n tuindwergie en Heksie vat al die nare mense van Gifappeltjieland aan. Almal maak ’n verskyning: Blommie Kabouter, Kwaaitjie Kabouter, Griet (die perd), Kwaaibabatjie, Koning Rosekrans, Karel Kat en natuurlik Heksie se kat, Mattewis. Ideale vermaak vir die kleintjies, maar ook wonderlike nostalgie vir die jonges van gees. Met Ana van Achterbergh, Debrè Rossouw, Botha Enslin en Johny Klein. Teks: Verna Vels. Verwerking en regie: Frans Swart. Première.

NG Kerk Noord-saal – 90 min. – R70

24 Sept. – 13:30, 25 Sept. – 13:30, 26 Sept. – 11:00, 27 Sept. – 13:30, 28 Sept. – 09:00

^ Terug na bo

ATKV Boeke-Oase

Gesprekke oor boeke en twee skemerkonserte – alles gratis.

Die Boeke-oase is daagliks oop van 09:00 tot 19:00. Graffiti Boeke bring weer stapels en stapels nuwe boeke om van te kus en te keur en Jan se tweedehandse boeke is ’n lekkerte vir die snuffelaars. Die volledige program sal in die feesgids verskyn. Hou ook die koerante en www.cloveraardklop.co.za dop vir meer inligting.

^ Terug na bo

Diskoers

Ondersteun deur die Puk-Kanselierstrust

Gesprekke en gesonde debatte oor aktuele sake. Buiten vir die geleentheid om na kundiges te luister sal gehoorlede ook ’n kans kry om vrae te vra. Die volledige program sal in die feesgids verskyn. Hou ook die pers en www.cloveraardklop.co.za dop vir meer inligting.

ATKV Boeke-oase
90 min. – Gratis.
24 tot 28 Sept. – 08:30

^ Terug na bo

Silwerskermfees

AFDA Afrikaanse kortflieks
(OB o/14)

’n Versameling Afrikaanse kortflieks wat oor die afgelope vyftien jaar deur studente van The South African School of Motion Picture and Live Performance (Afda) gemaak is. Heelwat van die flieks het talle pryse gewen en is ’n weerspieëling van die transformasie en ontwikkeling van ’n
nasie sedert 1994.

kykNETkine – 50 min. – Gratis

24 tot 28 Sept. – 18:00

Silwerskermfees-kortflieks
(OB)

kykNET se Silwerskermfees wat jaarliks einde Augustus in Kaapstad plaasvind, lewer ’n oes van opwindende nuwe kortflieks op. Kom kyk na die nuwe talent wat die rolprentmakers van die toekoms kan word. Daar word ’n kortfliek elke halfuur vertoon. Kykers kan kom en gaan soos hulle wil.

kykNETkine – 6 x 24 min. – Gratis

24 tot 28 Sept. – Elke halfuur van 09:30 af

Stroomop
(OB)

Stroomop is ’n dokumentêre reeks van kykNET oor waagmoedige skrywers wat almal diep spore getrap het. Dokumentêre programme
oor onderskeidelik
André P. Brink (24 Sept.), P.G. du Plessis (25 Sept.), Pieter Fourie (26 Sept.), Adam Small (27 Sept.) en Chris Barnard (28 Sept.) sal vir die eerste keer by Clover Aardklop te sien wees – nog vóór dit op die kassie gaan wees.

kykNETkine – 50 min. – R50

24 tot 28 Sept. – 14:30

Kaartjies beskikbaar by die deur.

^ Terug na bo

Dans en Beweging

Attachments 1 to 7
(A)

 

Attachments 1 to 7 is a series of duets that explores the coming together of bodies, desires, fantasies and territories. It uncovers the various negotiations in the stages of our relationships. They are distilled pieces of physical lyricism that slip from comedy to heartbreak. Clover Aardklop audiences see the return of this award-winning production created by Gerard Bester, Craig Morris and Athena Mazarakis. Morris and Mazarakis won a Kanna Award for Best Achievement in Dance Theatre (Absa KKNK 2007) as well as Gauteng MEC Awards for Most Outstanding Male and Female Dancer for their performances in Attachments 1 to 7. Directed by Gerard Bester and performed by Craig Morris and Athena Mazarakis.

Potchefstroom Central School – 55 min. – R85.

25 Sept. – 16:30, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 15:00

Beauty Tips
(PG: L)

Beauty Tips deals with the obsession of cosmetic surgery and its sometimes devastating effect on the people who undergo this bizarre journey. The psychological damage, not to mention the physical damage, that is inflicted. It has a soundtrack that narrates the anguish – both mental and physical. It is a satirical take on the world of so-called perfection. The second work is an off-beat look at betrayal. The programme is choreographed by the exciting new young choreographer Kristin Wilson, who is making waves in the choreographic world. Presented by The Tshwane Dance Theatre, under the directorship of Esther Nasser.

Potchefstroom Central School – 60 min. – R95.

24 Sept. – 13:30, 28 Sept. – 12:00

^ Terug na bo

Ander

Die Clover Aardklop Lang Tafel
(OB)

Kom vir die eerste keer of kom vir die hóéveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder dié feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse-plataanbome... ’n lang tafel smaakvol gedek en versier, met ’n heerlike viergangmaaltyd (vaste spyskaart)
wat vir jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed in. Bring jou familie en vriende en kom kuier en eet lekker saam.

Lovers’ Lane, Puk-kampus – 120 min. – R260

29 Sept. – 12:15

Wyn-en-kos-pasmaats
(Geen o/18)

Dr. Henry Davel, Kaapse wynmeester, dien op verskeie Suid-Afrikaanse wynproe-panele en slaag op uitmuntende wyse daarin om sy gehoor die fynere kuns van wynproe te leer. Maak jou keuse om ses wit- of ses rooiwyne uit klassieke kelders te proe. Sluit dié unieke geleentheid af met ’n rustige kuiertjie met ’n bord tradisionele
Suid-Afrikaanse kos en ’n glas wyn in die hand. Gratis wynproeglas ingesluit. Aangebied deur die Gereformeerde Kerk Cachet.

GKSA Sinodesaal – 120 min. – R150

25 Sept. – 19:00 (rooi), 26 Sept. – 19:00 (wit), 27 Sept. – 19:00 (rooi), 28 Sept. – 12:00 (wit)

^ Terug na bo

Terrein

Die Clover Aardklop-feesterrein op Die Bult het in die laaste jare behoorlik uit sy nate gebars. Om plek te maak vir al die lekkernye, snuisterye, kuiery en ’n musiekfees soos min, skuif die feesterrein vanjaar na die Puk se sportgronde neffens die Mooirivier. Dit is groter, beter en geriefliker (met heelwat parkeerplek!). En met al die musiek deur die dag en groot konserte saans is dit amper soos ’n fees op sy eie. Koop ’n weekkaartjie (24 tot 28 Sept.) vir die spotgoedkoop prys van R300, of kies die dag waarop jy ’n draai wil kom maak. Vir die wat vinnig spring, is daar kaartjies vir die goue sirkel beskikbaar vir die aandkonserte. Die pryse word by die onderskeie konserte aangedui (die tydsduur mag verskil van die tye wat aangedui word). Daar is stoele te huur, maar jy kan ook jou eie stoel bring. En onthou om iets warms saam te bring vir die koel aandlug.

Konsertkaartjies sluit outomaties terreintoegang in.

Virseker/Beeld Afskopkonsert
(Afr.) (A)

So op die vooraand van die fees (en van Erfenisdag) kan ’n ieder en ’n elk inval vir ’n jolige opskop. Met Riana Nel, Kurt Darren, Robbie Wessels, Adam, Andriëtte Norman, Pieter Koen (ook seremoniemeester), Theuns Jordaan, Snotkop, Wynand & Cheree en Anrika.

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 180 min. – R150 (goue sirkel)
R90 (volwassenes) en R50 (kinders)

23 Sept. – 18:00

Braai Some More
(Afr./Eng.) (A)

 

Kom skud jou biskit en vier ons musiekerfenis op Braaidag saam met Claire Johnston, Emo Adams, Karen Zoid, Chris Chameleon en ene Sarel Fourie (wat die woord sal voer en ook ’n bietjie sal sing). Liedjies oor tarantulas, meisies sonder sokkies, brandewyn en leeus sal ’n spul Afrikaners heel aand plesierig hou. En sing lustig saam met ons eie braai-koor, die Special Stars, en die AngloGold Ashanti-koor.

Gryp jou boereworsrol en val in.

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 180 min. – R150 (goue sirkel), R90 (volwassenes) en R50 (kinders)

24 Sept. – 19:00

Riders from the Storm
(Afr./Eng.) (A)

Ses van Suid-Afrika se beste kitaarspelers en musieklegendes op een verhoog: Piet Botha, Mel Botes, Valiant Swart, Albert Frost, Nathan Smith en ’n sesde geheime lid. Met Ghapi (tromme), Schalk Joubert (baskitaar) en Johan Kelber (klawers). Die kitare gaan sing, die manne gaan bulder, die aarde gaan dreun. ’n Storm van talent.

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 160 min. – R150 (goue sirkel), R90 (volwassenes) en R50 (kinders)

25 Sept. – 19:00

SmokIE @ Clover Aardklop
(Afr.) (A)

Smokie is in September in Suid-Afrika as deel van hulle Take A Minute-wêreldtoer. Hulle is bekend vir liedjies soos “Needles and Pins”, “Don’t Play your Rock and Roll to Me”, “Oh Carol”en natuurlik “Living Next Door to Alice”. Lees meer op hul webwerf www.smokie.co.za en maak jou reg vir ’n groot party!

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 150 min. – R350 (goue sirkel), R110 (volwassenes) en R60 (kinders)

26 Sept. – 19:00

Pussycat, Steve en (Afrikaanse) vriende
(Afr./Eng.) (A)

Pussycat is by Clover Aardklop – al die pad van oorsee af. Die einste Pussycat (Toni Wille) met treffers soos “Mississippi”, “Georgie” en “My Broken Souvenirs”. Saam met haar op die verhoog is Steve Hofmeyr en die gehoor kan uitsien na ’n duet of twee. Ander kunstenaars wat optree, is Riana Nel, Andriëtte Norman, Nádine, Elzabé Zietsman, Jan Blohm, Wynand & Cheree, Melissa en Anrika.

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 150 min. – R200 (goue sirkel), R120 (volwassenes) en R70 (kinders)

27 Sept. – 20:00

Virseker/Rapport Saterdag-opskop
(Afr.) (A)

Die fees staan einde se kant toe, en waar is daar nou ’n lekkerder manier om dit af te sluit as ’n genotvolle musiekaand saam met Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Monique, Jay en Willem Botha, Elizma Theron, Anrika en Hennie Jacobs (ook seremoniemeester).

kykNET Musiek-verhoog, Feesterrein – 180 min. – R200 (goue sirkel), R120 (volwassenes) en R70 (kinders)

28 Sept. – 19:30

Gewone pryse :
23, 24 en 25 Sept. – R90 (volwassenes) en R50 (kinders),
26 Sept. – R110 (volwassenes) en R60 (kinders),
27 en 28 Sept. – R120 (volwassenes) en R70 (kinders)

Goue sirkel (bespreekte plekke):
23, 24 en 25 Sept. – R150
26 Sept. – R350
27 en 28 Sept. – R200

Weekkaartjie:
24 tot 28 Sept. – R300 (volwassenes) en R200 (kinders)

^ Terug na bo

Musiek

Amanda Strydom – State of the Heart
(Veeltalig) (A)

Dié tydlose liefdesverhaal steek op ’n teer wyse die draak met ou Afrikaner-tradisies en volg die geskiedenis van Suid-Afrika van die jare twintig tot sewentig. Vooroordele tussen mense word op subtiele wyse bekyk – soms snaaks, soms hartverskeurend. Die wreedheid van oorlog en ’n hart wat bly glo dat die liefde sál seëvier, word in dié kabaret blootgelê. Dit was ’n tyd toe vroue hul plek moes ken en Boeremeisies net met Boerseuns getrou het. Dit was ook in hierdie tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Wanneer die Afrikaanse Maxie de Meyer op ’n Engelse loods, Raymond G. Bartlett, verlief raak, spat die vonke behoorlik en ontvou daar ’n liefdesdrama in die tradisie van die ou Springbokradio-vervolgverhale. Met Coenraad Rall as begeleier.

Hoër Volkskool – 60 min. – R120
24 Sept. – 15:00, 25 Sept. – 12:30 26 Sept. – 09:30, 27 Sept. – 20:30 28 Sept. – 18:00

Awesome – Rocco de Villiers
(Eng./Afr.) (A)

Een Rocco, een klavier, drie viole en die Potchefstroomse Mannekoor onder leiding van Babs Brouwer. ’n Wonderskone palet van ’n verskeidenheid musiek. Die program sluit in: “What a Wonderful World”, “The Final Countdown”, “Edelweiss”, Albinoni se “Adagio in G min”, “Love Changes Everything”, “Hymne à l’amour”, “Stairway to Heaven”, “Kla 1 Kla 2 Kla 3 Kla 4”, “Gabriel’s Oboe” en van Rocco se eie musiek. Première.

kykNET Konservatorium – 90 min. – R120.

24 Sept. – 09:30

Daar by Uniondale
(Afr.) (A)

’n Vrou staan en duimgooi langs ’n verlate pad. Sy lyk verskrik, daar skielik in die voertuig se ligte! Sy klim in die motor, verdwyn dan met ’n onaardse gil. Die verhaal van ’n spook se onvervulde liefde, verken in aangrypende ontmoetings en met teer ballades en bibberliedjies. Met Paul du Toit, LieSl Marx en Christiaan Schoombie. Musiek: Herman van den Berg. Musiekregie: Devereaux van der Hoven. Teks en regie: Schalk Schoombie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Hoër Volkskool – 75 min. – R120
24 Sept. – 12:30, 25 Sept. – 18:00 26 Sept. – 20:30, 27 Sept. – 15:00 28 Sept. – 09:00

Daar is ’n engel in my koskas
(Afr.) (A)

 

In dié kabaret van Willie Strauss vertel hy van en sing oor hoe engele daagliks in ons lewens kom baljaar. Dit is die liefdesverhaal van Gawie en Magriet. Hoekom ruik die hele straat elke jaar op 14 Februarie na lekker kos? Wat is die geheime waarin Malherbestraat 20 gehul is? Regie: Jacques Botes. Musiekregie: Roelof Colyn.

Hoër Volkskool – 60 min. – R80
24 Sept. – 18:00, 25 Sept. – 20:30 26 Sept. – 18:00, 27 Sept. – 09:30
28 Sept. – 20:30

Die plooi-faktor met Liesl Marx
(Afr./Eng./Frans) (A) (Komiese musiekteater)

Vir elkeen wat al ooit geskrik het vir ’n nuwe plooi, ’n verwarde grys haar, ’n onwillige lyf, silikoon en Botox. Marx vertolk al die karakters (van ’n sestienjarige tot die tannie van 80) in dié blik op die vrese en histerie rondom ouderdom en verjonging. Met nuwe liedjies tot The Beatles se “When I’m 64” en “Les Vieux” van Jacques Brel. Teks: Marion Holm. Regie: Chris Vorster. Musiekregie: Devereaux van der Hoven. Première.

Hoër Volkskool – 65 min. – R110
24 Sept. – 20:30, 25 Sept. – 09:30 26 Sept. – 12:30, 27 Sept. – 18:00 28 Sept. – 15:00

Die Ruiters & Swart Skrikbewind!
(Afr./Eng.) (OB)

Op ’n vaal vlakte het ons hulle die eerste keer gewaar. Hulle het snaaks gedans en weggeraak in ’n waas van walms en wind! Nuwe akoestiese klanke waarin Die Ruiters met oorspronklike toorwoorde goël, terwyl ou bekende klanke van Dylan, Cash, Morrison en Young jou sal ontvoer! Die Ruiters het gekom in die middel van die nag – op hul hoede om die skrikbewind van middernaggedagtes te verdryf. Hulle loop iewers deur die storm en die bliksemweer, hiér waar die straal van wellus oor die oseaan baljaar, want ’n vrou sal jou doodmaak as sy kwaad is, in ’n donker kamer! Met Piet Botha, Mel Botes, Albert Frost en Valiant Swart.

Klipdrift @ Roots – 70 min. – R120 26 en 27 Sept. – 19:30

Dis mossie liefde
(Afr.) (A)

’n Opwindende opvolgproduksie op Ken jy tant Mossie? Babette Viljoen (klavier, baskitaar en stem), Izelle Claassen (viool en saxofoon), Steffie Le Roux (perkussie en stem) en Werner Ferreira (trekklavier en klavier) sing liefdesliedjies uit die FAK Sangbundel. Alanka Craffert en Corneels Schabort maak mekaar die hof met koerende dialoog en komiese sketse. Première.

Hoër Volkskool – 70 min. – R100
24 Sept. – 09:30, 25 Sept. – 15:00 27 Sept. – 12:30

Jak de Priester – N1 van my hart
(Afr.) (A)

Jak de Priester – N1 van my hart is die samekoms van verskillende wêrelde, wat met woord, klank en beeld die stories van Jak se nuutste album na gehore bring. “Liefde van my lewe” en “Trein na Kaapstad” is maar net ’n paar van die nuwe liedjies waarvoor Diek Grobler animasiebeelde geskep het.

Klipdrift @ Roots – 75 min. – R110
24 Sept. – 12:30, 25 Sept. – 19:30
26 Sept. – 17:00, 27 Sept. – 17:00
28 Sept. – 14:30

Lance James en Min Shaw Bymekaar
(Afr.) (A)

Lance James en Min Shaw is al sedert die laat jare sestig huishoudelike name in die musiek- en vermaaklikheidswêreld – as solokunstenaars sowel as sangpaar. Hulle is bekend vir treffers soos “Bymekaar”, “Jy is my liefling”, “Dankie” en “Vicki”. Min se jongste CD is God is my stem en Lance se onlangse For Tears to Come het die treffersnit “Oupa se wals” opgelewer. Kom herleef jare se herinneringe saam met Min en Lance.

Hoër Volkskool – 70 min. – R80
26 Sept. – 15:00

Lieflike droom – ’n Huldeblyk aan Gé Korsten
(Afr./veeltalig) (A)

Tenoor Jannie Moolman en bariton Riaan Hunter neem die gehoor op ’n nostalgiese musiekreis met musiek van Gé Korsten. Aangevul met videomateriaal en foto’s word Korsten se verhaal van kindsbeen af tot met sy tragiese dood vertel. Die program sluit treffers soos “Liefling”, “Seeman” en “Lied van die lewe” in, terwyl “Jerusalem”, “Amazing Grace” en “Nessun Dorma” die gehoor sprakeloos sal laat.

Klipdrift @ Roots – 90 min. – R100
24 Sept. – 16:00, 25 Sept. – 17:00
26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 09:30
28 Sept. – 12:00

Mathys Roets – Iemand soos jy
(Afr./Eng.) (A)

Wat gaan aan in Mathys se lewe? Daar word gefluister oor ’n engel en ’n meisie op die maan. En wat vang Mariëtte en Josephine aan? Die tyd sal leer, want alles is nie net swart-en-wit nie. Soms moet ’n mens byvoorbeeld luister na Gert Vlok Nel se treine, soms na ’n pelgrimslied en soms na iets nuuts. Sluit aan by Mathys en Matthys Maree (op klawers) vir ’n kleurryke vertoning. Sy nuwe DVD gaan by Clover Aardklop bekend gestel word.

kykNET Konservatorium
75 min. – R100. 24 Sept. – 16:30
25 Sept. – 11:30, 26 Sept. – 20:00 27 Sept. – 12:00

Pimp My Piano
(A) (Kontemporêr/klassiek)

 

Charl du Plessis vervleg romantiese klassieke musiek met die kontemporêre ritmes van rock, pop, blues en jazz. Mozart, Bach en Gerswhin kom aan die beurt, asook bekende wysies van Abba en Lady Gaga. Ook met Werner Spies (bas), Hugo Radyn (tromme), Juan Oosthuizen (kitaar), Lizelle le Roux (viool) en Jeanne-Louise Moolman (altviool). Slegs een vertoning!

Hoër Volkskool – 80 min. – R100
28 Sept. – 12:30

Rocken skerp
(Afr.) (Geen o/16: T)
(Skerpskerts en musiek)

Van Suid-Afrika se jong Afrikaanse skerpskertsers wys hoe gladdebek en grappig hulle is. En as jy klaar lekker gelag het, kan jy tot laataand kuier en luister na musiek van bekende en nuwe rockers. Met o.a. grapjasse Melt Sieberhagen, Francois van As en Alfred Adriaan en die band Saarkie.

Klipdrift @ Roots – 90 min. – R60

24 tot 27 Sept. – 22:00
28 Sept. – 19:30

Secret Songs
(Eng./Afr.) (A)

Zanne Stapelberg het naam gemaak as ’n operakunstenaar wat musikale grense verskuif – sy’s al selfs deur een resensent beskryf as ’n “opera recce”. In Secret Songs deel sy weer die verhoog met kitaarghoeroe James Grace. En dié keer sing sy die musiek waarna sy graag luister – van legendes soos Led Zeppelin, Leadbelly, Leonard Cohen en Coenie de Villiers. Van Zanne en James se eie komposisies is ook deel van die program. Slegs een vertoning!

kykNET Konservatorium – 70 min. – R100. 24 Sept. – 12:30

Schalk Joubert – Die wêreld is my woning
(Afr./veeltalig) (A)

Schalk Joubert, bekroonde baskitaarspeler, verskil met alle respek van Totius wat destyds gesê het: “Die wêreld is ons woning nie.” Word weggevoer deur onontdekte musiek en ’n verskeidenheid musiekstyle van oral oor die wêreld. Met Joubert (sang en baskitaar), Melissa van der Spuy (klavier), Hugo Radyn (tromme) en Heather Roth (saxofoon en fluit). Slegs een vertoning! Première.

Klipdrift @ Roots – 75 min. – R100

25 Sept. – 12:00

Ses Snare – Net Afrikaans
(Afr.) (A)

Ses Snare met net Afrikaanse liedjies! Van Johannes Kerkorrel, Koos du Plessis en David Kramer tot Lucas Maree, Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Anton Goosen – en dan nog ’n paar liedjies uit die penne van die Snare self. Nuwe, bekende en ou treffers, minder bekende liedjies van bekende liedjieskrywers, rock, pop en blues – alles verwerk vir ses stemme en ses kitare. Met Blackie Swart, Leon Ecroignard, Théan Kotze, Pieter Smith, MD Greyling en Peter Hoven. Vervaardiger: GZ Produksies.

Klipdrift @ Roots – 80 min. – R110

24 Sept. – 19:30, 25 Sept. – 09:30, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 12:00, 28 Sept. – 09:30

Van maanlig en monsters
(Afr.) (OB)

Spookstories? Liegstories? Die spook van Donkergat. Antjie Somers. Die meisie van Uniondale. Die Vlieënde Hollander. Tokkelossie. Pienkie. Sit terug. Ontspan… nee rêrig, ontspan. Daar’s niks om voor bang te wees nie. Met Ben Kruger, Pieter Smit en Jana Fischer. Teks: Ben Kruger. Musiek: Pieter Smit. Regie: Ben Kruger. Vervaardiger: GZ Produksies. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Klipdrift @ Roots – 80 min. – R110

24 Sept. – 09:30, 25 Sept. – 14:30, 26 Sept. – 09:30, 27 Sept. – 14:30, 28 Sept. – 17:00

Vreugdefees van die Potchefstroomse Mannekoor
(Veeltalig) (A) (Kontemporêr/geestelik)

Die Potchefstroomse Mannekoor vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar. Dié geliefde en gewilde koor, vir die volle 30 jaar onder leiding van dirigent Babs Brouwer, het al opgetree van Worcester in die suide tot Duiwelskloof in die noorde; voor klein gehore en voor duisende tydens ’n mannekoor-saamtrek in die Standard Bank Arena in Johannesburg; by die Absa KKNK en in talle kerke; saam met kunstenaars soos Manuel Escórcio en onlangs ook Jannie Moolman. Die program bestaan uit die koor se grootste treffers, geestelik en sekulêr.

NG Kerk Miederpark 60 min. – R70

28 Sept. – 11:00

ZaZa en die kunsteNar
(Afr./veeltalig) (OB)

Die reise van ’n eksentrieke troebadoer op soek na die antwoorde op die groot vrae van die lewe. Die antwoord lê verskuil in die mooiste musiek van regoor die wêreld soos gesing deur die musiekmuse ZaZa (Zanne Stapelberg). Splinternuwe toonsettings, liedtekste uit die pen van Zanne en Niël Rademan en bestaande klassieke musiek. Kunsmusiek van die straat en die kafee. Met Zanne (sang, saxofoon), Rademan (sang, trekklavier en klavier), Wilken Calitz (viool) en Elna van der Merwe (klavier). Regie: Elna van der Merwe. Première.

kykNET Konservatorium
75 min. – R100. 25 Sept. – 20:00
26 Sept. – 14:00

^ Terug na bo

Klassieke musiek

Amen – ’n Musikale reis van Mozart tot Madonna
(Veeltalig) (OB)

Amen is ’n samestelling van gebedsmusiek en liedere waarin die woord “gebed” voorkom. Dit sluit musiek uit verskeie genres soos klassieke musiek, musiekblyspele, gospelmusiek, kontemporêre musiek, opera en selfs rockmusiek in. Die musiek is verwerk vir klassieke stemme saam met ’n negestuk-orkes en ’n massakoor. Gehore kan uitsien na vertolkings van onder meer die “Magaliesburgse aandlied”, Mozart se “Laudate Dominum”, “Bring Him Home” uit Les Misérables en Madonna se “Like a Prayer”. Met Rina Hugo, Zanne Stapelberg, Caroline Modiba (naaswenner van ATKV-Muziqanto 2012), die Hoërskool Wonderboom-koor onder leiding van Albert Morland en ’n orkes onder leiding van musiekregisseur Ockie Vermeulen (wat ook al die verwerkings gedoen het). Konsep en vervaardiger: Ilse Schürmann.
’n ATKV-produksie in samewerking met die US Woordfees.

Sanlam Ouditorium – 70 min. – R110
29 Sept. – 14:30

Barbaric Beauty: Holland Baroque Society
(PG)

Barbaric Beauty is ’n samevoeging van die komposisies van Telemann en die volksmusiek wat hom geïnspireer het. Met dié program wys die uitstaande Holland Baroque Society ’n ander sy van Telemann, naamlik sy “Poolse styl”, soos Telemann self verwys het na die musiekvorm wat hy ontwikkel het. Holland Baroque Society is ’n Nederlandse ensemble wat barokmusiek op ’n innoverende, lewenslustige en histories verantwoordelike wyse wêreldwyd aan gehore bied. Met onder andere
Miloš Valent (artistieke leier en viool) en Jan Rokyta (simbaal en fluit).

kykNET Konservatorium – 60 min. – R110. 26 Sept. – 16:30
27 Sept. – 17:00

Blondes – Klassiek tot fliek
(A) (Klassiek/kontemporêr)

Die Blondes ondersoek die verband tussen bekende klassieke musiekwerke en rolprentmusiektreffers. En die gehoor kan saamspeel deur te raai watter klassieke musiekwerk word vervleg met ’n bepaalde temalied uit ’n rolprent, en andersom. Rolprentmusiek van onder meer Schindler’s List, As It Is in Heaven, The Deer Hunter en Chariots of Fire word gehoor. Ervaar die virtuositeit van pianiste Elna van der Merwe en Zorada Temmingh in hul kenmerkende styl: klassieke musiek met ’n ligte aanslag, ligte musiek met ’n klassieke aanslag.

kykNET Konservatorium – 60 min. – R100
27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 09:00

De profundis clamavi
(OB)

’n Program met hemelse en aardse musiek uit die 17de eeu, uitgevoer op oorspronklike barokinstrumente deur die befaamde Nederlandse barokviolis Antoinette Lohmann, die Kaapse bas Charles Ainslie en lede van die Suid-Afrikaanse Barokensemble. Die gebrokenheid van die menslike wese word op onoortreflike wyse versinnebeeld met gewyde en wêreldse werke van Buxtehude, Bruhns, Biber, Rosenmüller en ander meesters van die vroeg-barok. Die ware emosionele uitdrukkingskrag van die musiek word ontbloot met inagneming van die historiese uitvoeringspraktyk.

kykNET Konservatorium – 60 min. – R80
25 Sept. – 14:30

Die Boulevard Harmoniste – Top a capella!
(OB) (Klassiek/kontemporêr)

Die uitstaande Boulevard Harmoniste is so pas terug van ’n Europese konserttoer en gaan ’n besonderse program by Clover Aardklop aanbied. Klassieke en meer populêre musiek word deur dié sesstem-ensemble uitgevoer, wat beloof om ’n uur van suiwer musikale genot te bied. Met Lanka Stols (mezzosopraan), Tshepo Ramongalo (tenoor), Erica Louw (alt), Kobus Venter (bas), Nkosinathi Tom (bariton) en
Marilize Hattingh (sopraan).

kykNET Konservatorium – 60 min. – R60
24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 16:30, 28 Sept. – 18:00

Forté: Kliphard Afrikaans
(Afr.) (OB) (Klassiek/kontemporêr)

Ervaar hoe Afrikaanse musiek en die geskrewe woord ons menswees en bestaan uitlig, soms hartseer, ander tye meer komies. Forté: Caroline Nkwe (sopraan), Annemarie Steenkamp (mezzosopraan), Phenye Modiane (tenoor) en Kagiso Boroko (tenoor). Orkes: Susan Steenkamp-Swanepoel (klavier), Lizelle le Roux (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Susan Mouton (tjello). Vervaardiger: Black Ties.

KykNET Konservatorium – 70 min. – R85. 28 Sept. – 15:00

Sempre Viva Trio Recital
(PG)

The Sempre Viva Trio was founded in 2006 and is now an established ensemble in the South African music arena. Experience a vast variety of musical colour with violin, cello and piano creating a multidimensional listening pleasure. The programme consists of Anton Arensky’s Piano Trio No. 1, Op. 32 and Dmitri Shostakovich’s Piano Trio No. 2. With Polina Burdukova (cello), Liesl Stolz (flute) and Kerryn Wisniewski (piano).

kykNET Conservatory – 90 min. – R95
28 Sept. – 12:00

Variété de Fauré
(OB)
Die requiem van Gabriël Fauré (vir orkes, koor en soliste) is ’n gewilde, immergroen werk in die standaard- klassieke repertorium. Variété de Fauré is ’n heerlike program met die requiem as fokus, maar dit sluit ook ’n verskeidenheid ander werke van Fauré in wat die gehoor sal meesleur met dié wonderlike Franse musiek. Die program word aangebied deur die koor en simfonieorkes van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

NG Kerk Miederpark – 70 min. – R70
27 Sept. – 14:30, 28 Sept. – 15:00

Waansin
(Eng./Italiaans/Frans) (Geen o/16)

Ná die sukses van Vuurvoël en Amore is Biblioteek Musiekproduksies terug met ’n hartstogtelike mosaïek-opera. Die sensasionele koloratuursopraan Magdalene Minnaar vertolk waansin-arias uit bekende operas, met stratosferiese hoë note en ’n passievolle uitbeelding van hallusinasies en smartlike noodlot. Die program sluit uittreksels uit Lucia di Lammermoor (Donizetti), Hamlet (Thomas) en 1894 (Braam du Toit) in. Met begeleiding deur José Dias (klavier), Bridget Rennie-Salonen (fluit) en Cheryl de Havilland (tjello). Regie: Jaco Bouwer. Ontwerp: Nadine Minnaar en Louis Minnaar. Première. ’n Clover Aardklop-produksie.

Moontlik gemaak deur die ATKV

^ Terug na bo

Kuns

Festival Artist: Strijdom van der Merwe - Sculpting the Land

 

As a land artist Strijdom van der Merwe generally uses the materials found on the chosen site. It is a process of working with the natural environment/world and then shaping these elements into geometrical forms to gradually integrate with the environment again. At Clover Aardklop he will exhibit a series of documented works, as well as installations in the gallery and on campus.

NWU Gallery - Potchefstroom Campus

Anthea Delmotte - Portals

A series of portraits, which forms visual interviews with South African fine artists as well as key figures in the fine arts. The portraits are firstly a visual document of appearance – the portrait, the artist’s artworks. Secondly, by situating the artists within their constructed art spaces, Delmotte has engaged with an exploration of the inner psyche of her subjects.

Alumni Hall – Potchefstroom Campus

Art of Thinking - RMB Art Collection

Rand Merchant Bank is an African investment bank built on traditional values and innovative ideas. The 1 500 art works in RMB’s corporate portfolio contribute to the greater vision of thinking that can change our world. The portfolio is an intentionally eclectic mix of art, ranging from internationally acclaimed works to plentiful local, youthful expressions by emerging artists aspiring to global graduation.

Sanlam Auditorium – Potchefstroom Campus

Collateral

A group exhibition that explores the notion of designer toys and the related collateral such as posters and artist books as limited edition art collectables. This is a light-hearted satirical exhibition that comments on elitism of the art object and the increasing theoretical and intellectual nature of contemporary art production. Curated by Ian Marley, with artists Gordon Froud, Christiaan van der Westhuizen, Simone le Roux and Stephan Pretorius.

Potchefstroom Library

Site-Specific

Gordon Froud curates site-specific artworks by five artists selected from those who attended the Site-specific International Land Art events in
2011 and 2013 in Plettenberg Bay. These will be in progress and launched at the Art Safari and completed during the festival.

NWU Botanical Gardens – Potchefstroom Campus

Hennie Meyer - Deursnit

Meyer plaas ikone van ons verbruikersomgewing – in wese verganklik en vervlietend – binne die ru, ongerepte sfeer van die omgewing. Hy gebruik klei as sy medium –
die oudste stof op aarde.

Alumni-gang, Puk-kampus

Hermann Niebuhr - Stillness
According to Niebuhr it is easy for people to experience a sense of transcendence and stillness alone in a vast landscape. But what about the shopping mall, the grubbiness of a downtown street? Where do you find a place to rest within?

Alumni Hall – Potchefstroom Campus

Jaco Sieberhagen - The Carnival (No Dogs Allowed)

Sieberhagen explores and comments on socio-political issues in post-apartheid South Africa. He joins the carnivalesque tradition, which subverts and liberates the assumptions of the dominant style through humour and chaos. Supported by Artspace Gallery, Johannesburg.

Alumni Passage, Potchefstroom Campus

Luan Nel - Weerberig

In dié groepuitstalling van 28 kunstenaars val die klem op die landskap as ’n barometer vir klimaatverandering, maar dit bied ook ’n blik op die toekoms en verlede van die mens as nasie. Grond verander gedurig en so ook ons verhouding met die land en grond.

Alumni-saal, Puk-kampus

Louise Pieterse - Onderro(c)k

Rock ’n roll-legendes word verewig in dié foto-uitstalling. Van Johnny Cash en John Lennon tot The Beach Boys word gehuldig in ikoniese foto’s wat herskep word. Plaaslike musikante soos Piet Botha, Francois van Coke en Inge Beckman is ook deel
van die versameling.

Alumni-gang, Puk-kampus

Maureen Quinn - The Hunt

A series of bronze sculptures created over a period of eight years. Quinn expresses the horror she feels for man’s inhumanity to his fellow man, compounded with the wanton destruction of our environment. Supported by Rand Merchant Bank.

Sanlam Auditorium, Potchefstroom Campus

Olaf Bisschoff - Landmeter

Landmeter is die laaste deel in die trilogie wat voorafgegaan is deur Bisschoff se Biblioteek- en Streeksbiblioteek-uitstalling (laasgenoemde benoem vir ’n Kanna-toekenning by Absa KKNK 2013). Deur gebruik te maak van
bestaande boektitels word skilderylandskappe geskep.

Alumni-saal, Puk-kampus

“Quaking”/ The Wounded Woman

This artwork was built on the model of a slender, erect and hairless ornamental grass variety called Briza maxima. It is an archetype of the female psyche. Anybody who has been to AfrikaBurn this year will recognise the structure. It was so well received that the team of Pierre Doman, Talitha Henderson and Letitia Bezuidenhout was asked to rebuild it at Clover Aardklop.

The lawn in front of the NWU Gallery, Potchefstroom Campus

Relocated

 

Anni Snyman curates an exhibition of photographic images of works from the Site-specific International Land Art events in 2011 and 2013 featuring works of local and international artists. The exhibition accompanies the site-specific exhibition in the gardens, curated by Gordon Froud.

NWU Botanical Gardens Art Gallery, Potchefstroom Campus

Robert Hamblin - Onder konstruk

Onder konstruk is ’n reaksie op die hedendaagse krisis rondom manlikheid en die meegaande analise van patriargale konstrukte. Patriargie word merendeels versinnebeeld in die konteks van ’n man se liggaam. Is die patriargie egter nie ’n baie breër landskap waarin manlike liggame en identiteite staan en ook meer dikwels val (en faal) nie?

Alumni-saal, Puk-kampus

Show Us Our Land

The travelling exhibition of the Market Photo Workshop is a large-format outdoor photography exhibition that features images from around the country. It is the result of an open call, through social media, to get people from across the spectrum to contribute their visual perspective on land and belonging. More than a thousand images, from all nine provinces, were submitted.

NWU Botanical Gardens, Potchefstroom Campus

Suid

’n Uitstalling van vier Wes-Kaapse skilders wat elk ’n klein versameling skilderye gemaak het wat op die landskap fokus. Kunstenaars:
Henk Serfontein, Sandra Hanekom, Luan Nel en Madelein Marincowitz.

Alumni-saal, Puk-kampus

Theo Paul Vorster - Onwaarskynlik

Theo Paul Vorster is ’n drukkunstenaar wat graag met lino werk. Sy werk is veral gewild weens die speelse aard en kleurrykheid daarvan. Hy lewer sosiale kommentaar deur ’n onderwerp in die voorgrond teen ’n onwaarskynlike agtergrond te plaas.

Alumni-saal, Puk-kampus

Warren Editions

With Warren Editions master printer Zhané Warren established a printmaking studio in Cape Town, creating opportunities for local and international artists. Curated by Warren, with artists Sanell Aggenbach, Tom Cullberg, Brett Murray, Hentie van der Merwe, Elise Wessels, Georgina Gratrix, Christian Nerf, Hanneke Benadé, Anton Kannemeyer, Liza Grobler, Ruan Hoffmann, Michael Taylor and Ina van Zyl.

Alumni Passage, Potchefstroom Campus

Kunssafari
(OB: Geen o/12)

Die kunsuitstallings word geopen met ’n safari. Dié geleentheid sluit ’n wyntjie en versnaperinge in.

Botaniese tuin-kunsgalery, Puk-kampus (beginpunt) – 240 min. – R120.

23 Sept. – 16:00

Kunstoer
(OB)

Begeleide kunstoere word daagliks deur Theo Kleynhans aangebied.

Sanlam Ouditorium (beginpunt) – 90 min. – R75.

24 Sept. – 09:30, 25 Sept. – 11:30, 26 Sept. – 09:30, 27 Sept. – 11:30, 28 Sept. – 09:30

^ Terug na bo

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top