Aanmatigend om te meen die saak is afgehandel

  • 2

Jammer, ek het verkeerdelik die verwysingsbriewe aangeheg. Hier is die eintlike brief wat ek moes gestuur het:

Dagsê here

Julle kommentaar onderaan my brief aan Kobus nou die dag verwys.

Moet nou nie van ’n molshoop ’n berg maak nie. Johannes het nooit, sover ek kan onthou, vir Wouter geskryf nie vóór Wouter vir hom geskryf het nie. En hoekom ek die uitdrukking "allergies vir die waarheid" gebruik het, is omdat dit vir my gelyk het of Wouter se pyn daaroor gegaan het dat Johannes ongemaklike feite oor die huidige bestel blootgelê het. Ek mag verkeerd wees in welke geval ek dit sal waardeer as julle my kan laat weet waaroor Wouter nou eintlik hom vir Johannes vervies het.

Johannes se uitdaging was dus retaliasie; in reaksie op Wouter se kritiek het hy uiteindelik vir Wouter uitgedaag en nou hoor ek wil julle prosedeer, Johannes se toonnaels uittrek. Wouter noem hom ’mislik’. Johannes sou, volgens Wouter, feite skeeftrek om hom te pas.

As daar nou iemand is wat die man in plaas van die bal gespeel het was dit Wouter en wie kan nou vir Johannes verkwalik dat hy omgedraai en teruggeknor het. Dit, volgens julle, is nou ’n outydse hanegeveg agter die skool. Wat dink julle moes Johannes doen; maar aanhou verduur hoe Wouter op die ’openbare forum’ uitbasuin dat Johannes feite skeeftrek?

Soos Wouter sê, dis ’n openbare forum en ’n ou moet maar bereid wees om te vat wat jy uitdeel. En Kobus, siende dat hierdie ’n openbare forum is kan jy maar reageer as jy wil. Ek beskou dit as aanmatigend om ’n stelling te maak en dan te sê die saak is afgehandel; ver sy dit van jou om vir ander te besluit wanneer ’n saak afgehandel is.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Jan Rap,

    Het jy dan werklik niks beter deesdae om oor te skrywe nie? Jy is mos nou besig om 'n kleinlike geredekalwel te wil ontketen en lewe inblaas, en ek het mos reeds gesê, ek stel nie belang nie  - gemeen jy sal ook nie - verkeerdelik so?

    Dalk is dit dan net beter vir jou om stil te wees.

    Tensy jy natuurlik wil aangaan om met jouself dialoog oor hierdie afgehandelde kwessie te wil bly voer ... of dalk vir Comestor oorreed om saam met jou oor hom te kekkel daaroor - maar as hy nie eers wil nie, dan moet jy darem weet ...

    Kobus de Klerk

  • Hello Jan, 

     
    Ek het gesien die brief het probleme en dat dit twee vorige skrywes ingesluit het sonder jou kommentaar. Terwyl op daardie onderwerp en jou onbaatsugtige ondersteuning aan Comestor, dink jy nie die pap is te dik aangemaak met daardie "blou moord gil nie" en "allergies vir die waarheid". 
     
    Ek ag die waarheid van kardinale belang en sonder om melodramaties te wees, soek hard daarna. 
     
    Het jy al vergeet die skrywes geplaas deur my waar die struikelblokke in die pad daarvan bespreek is. 
     
    Blou moord het ek nog nooit gegil op hierdie forum nie, selfs in die begin met Kobus nie, wat almal hier die harnas ingejaag het. 
     
    Eendag wil ek ook 'n mooi hout skaakstel aanskaf, nou het ek net 'n goedkoop elektroniese "Kasparof" maar sal verkies dat die hout skaakstel slim vermeng is met die elekroniese ...
     
    In verband met die skildersblok soos jy dit beskryf ek weet nie of dit sal help nie, maar my vriend se pa is ook lief vir skilder en het "painting by numbers" gebruik om 'n paar skildery te doen. 
     
    Indien ek reg verstaan word 'n "grid" op die blad projekteer en dan voltooi jy dit en was 'n stillewe in 'n klassieke styl veral vir my mooi wat volgens daardie metode geskep was. 
     
    Indien " mooi" in sy onskuld gebruik kan word om kuns te kan beskryf. 
     
    Waar om dit te kry ens is ek nie bekend mee nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top